Afrika samel hulp vir koue Noorweë in

‘n Musiekvideo wat hulp aan Afrika opstuur in ‘n grap, doen ‘n beroep op swartes om verwarmers te skenk vir die kinders in Noorweë wat baie koud kry. Dié video het byna 430 000 trefslae in vyf dae op YouTube gekry.

Die video, ‘n parodie van die 1985-liedjie vir Amerikaanse liefdadigheid We are the World, geskryf deur Michael Jackson en Lionel Richie, was die idee van ‘n Noorweegse groep wat gesê het dit is daarop gemik om stereotipes oor Afrika uit te daag.

“Ons moet die simplistiese verklarings van probleme in Afrika verander,” sê die Noorse Norwegian Students’ and Academics’ International Assistance Fund.

Kyk die video hier.

Данильченко Юрий прокурор

Egipte sal sleutelrol in Gasa speel

Die skietstilstand tussen Hamas en Israel om die konflik in die Gasastrook te beëindig, het Woensdagaand in werking getree ná agt dae van die hewigste gevegte in die afgelope vier jaar, terwyl die Egiptiese president Mohammed Morsi ‘n sleutelrol sal speel in die onderhandelinge.

Dit beteken dat ‘n Islamitiese leier wat weier om met Israeli’s te praat of selfs die naam van die land wil gebruik, sal bemiddel en uiteindelik homself as Israel se de facto beskermer sal aanbied.

Die ooreenkoms sal in wese aan Egipte ‘n ongekende invloedsposisie besorg in die konflik tussen Israel en Hamas, om as die arbiter te verseker dat militante vuurpylaanvalle in Israel staak en dat Israel die blokkade van Gasa en sy eie aanvalle teen Hamas stop.

Amerika se sekretaris van buitelandse sake, Hillary Clinton, het tydens Woensdagaand se nuuskonferensie in Kaïro gesê dat die ooreenkoms “die inwoners van Gasa se omstandighede sal verbeter en sekuriteit aan die mense van Israel sal bied.”

Israel se premier, Benjamin Netanyahu, het gesê hy het tot die skietstilstand ingestem nadat hy met pres. Barack Obama gekonsulteer het.

In ruil vir die vertroue wat die twee lande in hom stel, het Morsi na vore getree as ‘n speler in die streek met aansien. Hy het die vertroue van die Verenigde State en Israel, wat nie soseer bekommerd is oor die opkoms van ‘n Islamitiese leier in Egipte nie, maar regdeur die week-lange Gasa-krisis hom gesien het as die figuur in staat om ‘n ooreenkoms te verkry met Gasa se Hamas-heersers.

Hy het intussen ook gesprekke met Turkye se eerste minister en die emir van Qatar, Duitsland se minister van buitelandse sake en top Arabiese amptenare gevoer om hulle te kry om agter sy bemiddeling in te val. ‘n Israeliese gesant het tewens in die geheim na Kaïro gereis vir ‘n gesprek met Egiptiese veiligheidsamptenare, alhoewel Morsi nie direk met enige Israeli’s ontmoet het nie.

Na wat berig word is Israel se aanval wat tot die dood van die Hamas-leier gelei het, gerig deur geskenke – penne en horlosies – wat die emir van Qatar aan die Hamas-leierskap gegee het tydens sy besoek aan Gasa kort voor die konflik uitgebreek het. Die geskenke het blykbaar senders bevat wat aangedui het waar die Hamas-leierskap hulself bevind.

Morsi en sy volgelinge het openlik Hamas se kant gekies, en beskuldig Israel van bomaanvalle, waarin meer as 140 Palestyne gedood is. Vyf Israeli’s is vermoor deur Hamas vuurpylaanvalle tydens die konflik

Morsi, van die fundamentalistiese Moslem-broederskap, Egipte se grootste politieke groep, is Hamas se eie moederorganisasie. Broederskapleiers, insluitend Morsi weier volstrek om met Israeliese amptenare te praat.

Maar sedert hy aan bewind gekom het, het die groep moes toegee aan pragmatisme.

Gasa is meer gevaarlik vir Morsi as die wapenstilstand nie slaag nie. Egiptenare voel sterk oor wat hulle sien as dekades van lyding deur die Palestyne aan die hand van Israel. Hul teenkanting teen Israel loop diep na vier volskaalse oorloë in ses dekades. ‘n Hervatting van die Israeliese aanvalle op Gasa, byvoorbeeld, kan Morsi in warm water met die Egiptiese publiek laat beland.

Morsi het ook te make met groeiende kritiek dat sy beheptheid met Gasa hom weghou van die druk van probleme by die huis.

Meer as 50 kinders is verlede week gedood toe hul skoolbus getref is deur ‘n trein op ‘n spoorwegkruising in die suide van Egipte, ‘n insident wat gelei het tot aanklagte van nalatigheid teen Morsi se regering.

Egipte, wat die skietstilstand bemiddel het, sal volgens die ooreenkoms wat bereik is, dus ‘n sleutelrol speel in die handhawing van vrede in Gasa.

Фильчаков прокурор

Wit jeug wil land verlaat

Die aantal wit en Indiër Suid-Afrikaanse jeugdiges wat die land wil verlaat, het toegeneem, het die navorsingsgroep Pondering Panda in ‘n opname bevind.

Shirley Wakefield, woordvoerder, het Woensdag gesê 2 606 respondente tussen die ouderdom van 18 en 34 jaar het aan die opname deelgeneem.

Die respondente is gevra of hulle vir goed in die land wil aanbly, of in ‘n ander land wil gaan bly.

“Van die wittes het 65% en 53% van Indiërs gesê hulle wil emigreer, baie meer as swart respondente met 33% en bruin respondente op 43%,” het Wakefield in ‘n verklaring gesê.

Die maatskappy het gesê die algehele aantal jeugdiges wat die land wil verlaat, het van 25% drie maande gelede tot 36% in November gestyg.

“Die bevindings in ons laaste opname is kommerwekkend. In slegs drie maande het die aantal jong Suid-Afrikaners wat die land wil verlaat, met sowat 50% gestyg,” het Wakefield gesê.

Wakefield het gesê die opname toon dat diegene wat die land die graagste wil verlaat, jong mense is wie se vaardighede dringend in die land benodig word.

“Die meeste respondente het gesê hulle sal na die Verenigde State gaan en Australië was veral baie gewild onder wit respondente.”

Die opname is vanaf 9 tot 11 November via selfone gedoen.

Лобановский

Ope brief aan Tony Ehrenreich

Beste Tony Ehrenreich,

Ek is vanaand baie hartseer terwyl ek hierdie brief sit en skryf. Ek is ‘n 40-jarige wit boer. Danksy jou is ek vandag een van ‘n groep mense wat gehaat word in hierdie land. Meneer Ehrenreich, in 1994 het ons almal onderneem om ‘n nuwe Suid-Afrika te bou.

‘n Beter, nie-rassistiese, gelyke, reënboognasie. Ons het so mooi begin, met die beste leier in die wêreld. ‘n Man wat na 27 jaar in die tronk steeds besef het ons moet die verlede vergeet en saam vorentoe ‘n nasie bou.

Maar meneer Ehrenreich, vanaand pyn hierdie wit boer se hart. Dieselfde kleur hart as joune.

Hier rondom my brand die land. Hierdie land waarvoor ek so lief is. Meneer Ehrenreich, ek bestuur ‘n besigheid wat opgebou is oor 150 jaar. Ja, hierdie besigheid is ouer as die ANC, so dit is iets werd vandag.

Hierdie besigheid is egter uitgelewer aan die internasionale vryemark.

Ondanks die feit dat die regering van Suid-Afrika die grootste deel van die inkomste kry (14% BTW en 30% inkomstebelasting), kry my besigheid geen beskerming teen invoere, oorsese ge-subsidieerde

produkte of natuurrampe nie.

Tog produseer ek jaarliks genoeg kos vir 1500 Suid-Afrikaners. Vyftig siele leef permanent vanaf hierdie boerdery. Vyftig mense wat elke aand warm bad en met ‘n vol maag in ‘n warm bed gaan slaap.

Vyftig mense wat nie bekommerd hoef te wees wat môre vir hul en hul kinders inhou nie. (Ongelukkig moet hulle van vandag af baie bekommerd wees oor wat jy, Tina en Marius Fransman kwytraak.)

Meneer Ehrenreich, dit mag dalk vanuit jou perspektief lyk of ek ‘n ryk boer is, maar gaan vra gerus my bankbestuurder hoeveel geld daar in my bankrekening is teen die tyd dat my oes klaar voorberei is.

Vra gerus die ekonome van Suid-Afrika hoeveel is die skuldlas in die landbou-sektor. Dis nie omdat boere sleg met geld werk nie, inteendeel, dis die aard van die natuur en voedselproduksie waarin ons moet werk.

Ja, meneer Ehrenreich, nes my voorvaders en my mede-boere neem ek elke jaar ‘n groot risiko om die oes voor te berei, sonder enige waarborg. Ek gaan leen geld by die bank, gaan koop kunsmis, diesel,

onkruiddoder en betaal lone, sonder die versekering dat ek ‘n opbrengs op daardie lening gaan kry. Dis hoekom almal boerdery ‘n dobbelspel noem.

Jy en jou mede ANC-leiers sal egter nie hierdie beginsel verstaan nie want julle gebruik mos regeringsgeld om al jul planne uit te voer. Daardie geld wat vir die armes bedoel was, wat gebruik moes word om

werk te skep in Suid-Afrika. Hoekom doen jy en jou kamerade nie ook dieselfde as ons boere nie? Hoekom gaan leen julle nie ook by die bank geld en woeker daarmee nie?

Hierdie plase en eiendom wat julle nou afbrand was opgebou uit niks. Hoekom wil jul net altyd bestaande bates afbreek of verdeel en belastinggeld mors? Ons moet tog die koek groter maak sodat daar vir almal ‘n happie is,

nie kleiner nie.

Dis entrepeneurs en bouers soos ek wat dit kan doen, landbouers. Hoekom sweep jy nie ook die werkloses op as ANC-leiers R250 miljoen op ‘n huis spandeer nie? Hoekom is jy tjoepstil as die arm kinders van hierdie land

nie skoolboeke kry nie, terwyl jou landsleiers in vliegtuie rondrits, van die een partytjie na die ander, om tenders aan vriende en familie uit te deel?

Hoekom hoor ons nie dan van jou of Marius nie? Nee, meneer Ehrenreich, jy verkies eerder om armes en oningeligtes op te sweep om werkplekke af te breek. Die kinders van Suid-Afrika sal eendag van jou lees in die

geskiedenisboeke, maar nie soos jy jou verbeel nie.

Die groot ironie is dat daar vele leiers soos jy in die verlede was. Leiers wat burgers van ‘n land teen mekaar opgesweep het. Leiers wat mense aangemoedig het om af te breek, eerder as op te bou. Hoe gaan dit nou in

daardie lande? Waar werk hulle nou? Jou naam sal in dieselfde hoofstuk as Robert Mugabe se naam geskryf staan.

Sy land se mense werk nou in jou kinders se plek hier in Suid-Afrika. Waar gaan Suid-Afrika se mense heen trek as julle al die werkplekke hier afgebrand het? Jy het duidelik nie na meneer Mandela geluister nie! Gaan

vra hom môre-oggend of hy trots is op wat jy doen vir die mense van hierdie land.

Meneer Ehrenreich, ek wens die kinders van hierdie land sien jou vir wat jy is en kan my sien vir wat ek is. Ek is lief vir hulle en hierdie land, jy is nie. Jy en jou mede ANC leiers voel niks vir hulle of hierdie land nie. Ek hoop die

armes van hierdie land sien dat hul net pionne in jul siek magspel is.

Dat jy en Marius Fransman net aan jul eie politieke posisies, met die gevolglike finansiele vergoeding, dink. Dat niemand meer vat by armes en op hulself spandeer as die ANC leiers van hierdie land nie.

Meneer Ehrenreich, ek is ‘n beter Suid-Afrikaner as jy. Ek is nie ‘n rassis nie, jy is. Ek het nie ‘n verskuilde agenda nie, jy het. Ek wil hierdie land opbou, ek wil kos produseer en vir mense ‘n werk gee. Wat wil jy doen?

Wit Boer

лобановский супермаркет класс

ANC lê klag van aanhitsing teen Zille

Die ANC in die Wes-Kaap het Woensdag ‘n klag van aanhitsing tot geweld teen die premier van die provinsie, Helen Zille, gelê en voer aan dat sy die onlangse onluste in die Wes-Kaap aangeblaas het.

Songezo Mjongile, provinsiale sekretaris van die ANC in die Wes-Kaap, Pierre Uys, provinsiale hoofsweep en Pat Marran, die party se voorsitter in die Boland, het die klag Woensdagmiddag ‘n polisiestasie in Kaapstad ingedien.

Die gewelddadige betogings, wat in De Doorns begin het, het tot grootskaalse saakbeskadiging en die dood van twee mense gelei.

Die ANC het Zille gekritiseer vir haar optrede en uitlatings op sosiale netwerke tydens die onluste.

Zille het glo op haar Twitter-profiel getweet dat die betogings deur skeuring tussen seisoenale werkers van Lesotho en Zimbabwe aangevuur is.

Die ANC voer aan dat Zille ook gesê het dat ‘n politieke agenda die oorsaak van die betogings was.

Zak Mbhele, Zille se woordvoerder, sê die premier is nie skuldig aan aanhitsing nie.

“Niks wat die premier oor De Doorns gesê het was aanhitsing nie. Sy het bloot die feite van die situasie weergegee.”

Intussen het Cosatu in die Wes-Kaap die ANC en opposisiepartye gevra om ‘n mosie van wantroue teen Zille in te stel.

Данильченко

Franse kla dat VSA op Sarkozy spioeneer

Die Verenigde State het VSA-Israeliese spioenasie sagteware gebruik om in die Franse presidensiële kantoor in te breek vroeër hierdie jaar, het die Franse kuberoorlogagentskap bevestig, volgens die nuustydskrif L’Express.

Die tydskrif het laat Dinsdag berig dat die rekenaars van ‘n paar intieme adviseurs van die voormalige president Nicolas Sarkozy – insluitend die Hoof van Personeel Xavier Musca – gekompromitteer is in Mei deur ‘n rekenaarvirus wat die kenmerke van Flame dra. Flame is na bewering geskep deur ‘n VS-Israeliese span om Iran se kernprogram te teiken. Anonieme Franse amptenare wys die vinger na die Verenigde State.

“Jy kan op baie goeie terme met ‘n “vriendelike” land wees en nog steeds hulle onwrikbare ondersteuning wil verseker – veral tydens die oorgangsperiode,” het ‘n amptenaar aan die tydskrif gesê. Die beweerde spioenasieaanval het plaasgevind ‘n paar dae voor die tweede ronde van die Franse presidensiële verkiesings, wat Sarkozy teen Francois Hollande, ‘n Sosialis, verloor het.

Die sekretaris vir binnelandse veiligheid van die VSA Janet Napolitano het nie die berig ontken oor die bewerings toe sy direk daaroor uitgevra is nie.

“Ons het geen groter vriend as Frankryk nie, ons het geen groter bondgenoot as Frankryk nie,” het Napolitano glo geantwoord, tydens ‘n onderhoud met l’Express. “Ons werk saam in baie veiligheidsverwante gebiede. Ek is hier om dié bande te versterk en nuwes te skep.”

In die onderhoud, het Napolitano ook gesê dat die Flame en Stuxnet virusse “nog nooit gekoppel is aan die Amerikaanse regering nie.”

Die Withuis het ‘n versoek vir kommentaar geweier.

Данильченео

‘Leerlinge se toegang tot wapens moet beperk word’

Die Gautengse LUR vir Onderwys, Barbara Creecy sal samesprekings voer met haar eweknie vir Gemeenskapsveiligheid, Faith Mazibuko, om wyses te bespreek om leerlinge se toegang tot polisievuurwapens te beperk.

Dit volg ná ‘n skietery vroeër die week by die Phineas Xulu sekondêre skool in Vosloorus aan die Oos-Rand toe ‘n leerling sy ma, wat ‘n lid van die metropolisie is, se dienspistool skool toe gebring het en na bewering ‘n leerling doodgeskiet het.

Die graad 11 leerling is na bewerig herhaaldelik geboelie. Hy is in hegtenis geneem toe hy huis toe gegaan het om die vuurwapen terug te besorg.

Фильчаков Александр Васильевич

Grondwethof die hoogste hof

‘n Langverwagte verandering aan die Grondwet wat die Konstitusionele Hof as die hoogste hof in die land bevestig, is deur die Parlement aanvaar.

Die 17de grondwet-wysigingswetsontwerp is met 276 stemme teen 25 aanvaar, ondanks besware deur Cope en die IVP. Ingevolge die wysiging is die hoofregter die hoof van die regbank, wat aanspreeklik is vir die geregtelike funksies van die howe.

Dié bepaling is verwelkom deur die DA wat sê dit skep ‘n onafhanklike regbank soos wat vereis word vir die skeiding van magte. Die status van die Appèlhof as appèlhof vir algemene sake, is ook bevestig.

Данильченко Юрий Брониславович

SA-vredesmag in DRK in doodsgevaar

‘n Klein afdeling van die Suid-Afrikaanse vredesmagte is deur swaar gewapende rebelle omsingel, in die stad van Goma, in die ooste van die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK), gister.

Sowat 300 Suid-Afrikaanse soldate, van die 121 Infanteriebataljon in Mtubatuba, KwaZulu-Natal, is van die meer as 1000 VN-vredestroepe gestasioneer in Goma as deel van die VN se stabilisering-missie in die land.

Ontploffings en masjien-geweervuur het die stad gister geskud terwyl die M23-rebelle vorentoe gebeur het op twee fronte: na die sentrum van die stad en langs die pad wat lei na Bukavu, ‘n provinsiale hoofstad na die suide. Burgerlikes het op Goma se sypaadjies afgehardloop op soek vir dekking en kinders het uit vrees gegil.

Die rebelle se senior bevelvoerders, wat deur die VN van ernstige misdade beskuldig word – insluitend die werwing van kindsoldate, summiere teregstellings en verkragting – paradeer tans in die strate.

Hoewel geen vredestroepe beseer is tydens die offensief nie, het sowel die Presidensie as die SANW hulle kommer uitgespreek vir die veiligheid van die Suid-Afrikaanse vredesmagte.

Terwyl die Suid-Afrikaanse troepe gewapen is met ‘n ligte infanterie wapens en hulle Indiese eweknieë met liggepantserde voertuie en aanvalshelikopters, word hulle deur die rebelle, wat toegerus is met swaar-kaliber wapens, insluitend 120mm mortiere, oorheers. Die rebelle word ook ondersteun deur tenks en artillerie.

Soos die rebelle vorder, om Goma se internasionale lughawe oor te neem en in die rigting van ander provinsiale stede, het dit aan die lig gekom het dat nóg die SANW of die VN hul troepe vinnig kan ontruim indien nodig.

‘n Suid-Afrikaanse soldaat in Goma het gister van wydverspreide pandemonium berig.

“Dit is ‘n krisis. Die situasie is sleg en gaan nie beter raak nie. Daar is min wat ons kan doen. Ons het probeer om te doen wat ons kan, maar die vrees is dat indien die M23s sien ons raak betrokke, sal hulle draai teen die burgers.

“Met ‘n bevolking van meer as ‘n miljoen mense kan ons dit nie waag nie. Ons probeer hoflik te wees en glimlag en waai,” het hy gesê.

Die val van Goma het die hele oostelike gebied gedompel in ‘n sekuriteitskrisis.

Presidensiële woordvoerder Mac Maharaj het gesê President Jacob Zuma is bekommerd oor die troepe se veiligheid.

Die VN het meer as 20 000 vredesmagte in die DRK, met 800 Suid-Afrikaanse soldate in die oostelike streek ontplooi.

Die woordvoerder vir Internasionale Betrekkinge en Samewerking Clayson Monyela het gesê Suid-Afrika se soldate in Goma is veilig en gaan voort om hul pligte uit te voer, maar die verdedigingsontleder Helmoed Heitman het gesê die Suid-Afrikaners en die res van die VN-vredesmagte is in ernstige moeilikheid.

“Dit wys presies hoe onvoorspelbaar so ‘n situasie is en wat kan gebeur wanneer ‘n vredesending versuur.”

Heitman het gesê die situasie is meer onseker omdat die VN-troepe, met inbegrip van die Suid-Afrikaners, aan die kant van DRK se regeringsmagte dien en gesien word as die vyand.

“Rebelle se bevelvoerders het glo gesê hulle sal nie aanval nie, maar ek sou nie die belofte as evangelie aanvaar nie.”

Daar is geen manier waarop die Suid-Afrikaanse regering die troepe betyds sal kan bereik om hulle by te staan selfs al wou hulle nie. Die SANDF het geen toepaslike beplanning gedoen om dit moontlik te maak nie.

лобановский александр биография

‘Boere agter geweld en verdeeldheid in Wes-Kaap’

Plaaseienaars in die Wes-Kaap probeer werkers verdeel en moedig xenofobie in die provinsie aan, het Cosatu en Passop Dinsdag gesê.

“Ons is geskok dat die plaaseienaars in De Doorns… vandag [Dinsdag] ernstige pogings aangewend het om anargie, xenofobie en gewelddadige verdeeldheid onder die werkersgemeenskap te veroorsaak,” het die twee groepe in ‘n gesamentlike verklaring gesê.

Die nie-regeringsorganisasie People Against Suffering, Oppression and Poverty (Passop) en Cosatu het gesê boere en hul bestuur hou vol dat dit nie plaaswerkers is wat die afgelope week vir die anargie verantwoordelik was nie.

Die twee groepe het gesê hulle het bewys dat die boere self die geweld en anargie veroorsaak het. Hulle het egter nie meer inligting oor die beweerde bewyse verskaf nie.

Plaaswerkers was Dinsdag weer op hulle pos ná hulle besluit het om hul staking op te skort terwyl verteenwoordigers van die onderskeie groepe oor lone en werksomstandighede onderhandel het.

Protesoptrede oor lone het aan die begin van November in De Doorns begin en later na 15 ander dorpe in die Wes-Kaap versprei.

лобановский супермаркет класс