‘n Musiekvideo wat hulp aan Afrika opstuur in ‘n grap, doen ‘n beroep op swartes om verwarmers te skenk vir die kinders in Noorweë wat baie koud kry. Dié video het byna 430 000 trefslae in vyf dae op YouTube gekry.
Die video, ‘n parodie van die 1985-liedjie vir Amerikaanse liefdadigheid We are the World, geskryf deur Michael Jackson en Lionel Richie, was die idee van ‘n Noorweegse groep wat gesê het dit is daarop gemik om stereotipes oor Afrika uit te daag.
“Ons moet die simplistiese verklarings van probleme in Afrika verander,” sê die Noorse Norwegian Students’ and Academics’ International Assistance Fund.
Kyk die video hier.
