Hof verwerp DA-aansoek oor wantrouemosie

Regter Dennis Davis het Donderdag in die Wes-Kaapse hooggeregshof die DA se aansoek verwerp om die speaker van die parlement te dwing om ‘n debat te oor die mosie van wantroue teen pres. Zuma te skeduleer.

Die hof het Dinsdag dié aansoek aangehoor om die speaker van die Nasionale Vergadering, Max Sisulu, te dwing om die debat te skeduleer.

Die aansoek vir die dringende interdik is verlede Vrydag deur die DA se parlementêre leier, Lindiwe Mazibuko, namens ‘n groep opposisiepartye ingedien.

Die ANC het vroeër gesê hy is bereid om die mosie van wantroue in Februarie in die parlement te debatteer, het RSG Woensdag berig.

Die ANC se hoofsweep, Mathole Motshekga, het gesê dit sal ná die president se staatsrede gedoen word.

Mazibuko het op 8 November by die Nasionale Vergadering ‘n mosie van wantroue teen Zuma ingedien.

Redes wat vir dié besluit aangevoer is, sluit ondermeer in die Marikana-slagting, die skandaal oor die president se privaatwoning in Nkandla, sowel as die handboek-sage in Limpopo en die Oos-Kaap.

Die mosie is deur agt opposisiepartye ondersteun.

Die ANC het verlede week die opposisie se poging om oor die mosie ‘n debat te voer, gesystap. Motshekga het gesê die mosie is “ligsinnig”.

александр лобановский класс

Maak 'n opvolg-bydrae