Dring aan op moedertaalonderrig

AfriForum het ʼn beroep op ouers gedoen om hulle kinders in die komende jaar in skole te sit waar hulle in hulle moedertaal onderrig kan word. Ouers word ook deur AfriForum versoek om in ʼn toenemende mate druk op die regering te plaas om moedertaalonderrig te voorsien in gevalle waar dit nie reeds beskikbaar is nie. Waar moedertaalonderrig beskikbaar is, moet ouers volgens AfriForum enige poging van die regering om moedertaalonderring in te perk, sterk teenstaan.

Volgens Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, bevestig die matriekuitslae jaar na jaar dat leerders wat moedertaalonderrig ontvang, beter vaar as diegene wat hulle onderrig in ʼn tweede of derde taal ontvang.

Kriel het daarop gewys dat dit al oor en oor bewys is dat leerders nuwe konsepte en vaardighede die maklikste in hulle moedertaal aanleer, en dat hulle hierdie vaardighede later dan maklik na ʼn tweede taal soos Engels kan oordra. Kriel het aangedui dat die omgekeerde ook waar is, naamlik dat leerders moeilike begrippe nog moeiliker in ’n ander taal vind en dit in baie gevalle selfs nie kan bemeester nie.

Kriel voer aan dat moedertaalonderrig vir so lank as moontlik, selfs tot op nagraadse vlak, verkies behoort te word, omdat dit die leerder of student veral by die “moeilike vakke” soos wiskunde en wetenskap, ’n voorsprong gee. “Daarsonder is ’n loopbaan in ’n groeiende aantal beroepe nie meer moontlik nie.

As die begrippe eers gevestig is, ondervind studente geen probleem om na Engels toe oor te skakel nie. Talle Afrikaanse studente het byvoorbeeld sedert die sestigs net in Afrikaans gestudeer en daarna met groot sukses hulle doktorsgrade aan die beste buitelandse universiteite behaal. Vandag is dit nog makliker omdat kinders met Engels op televisie en op hulle rekenaars grootword,” het Kriel bygevoeg.

Nie-Engelssprekende kinders wat Engelse skole bywoon, betaal volgens Kriel dikwels later die prys. “Ouers wat aan hulle kinders se loopbane en toekomstige verdienvermoë dink, moet daarop aandring dat hulle kinders in hulle moedertaal onderrig word,” het Kriel gesê.

 

детский интернет магазин игрушкитопкарго отзыв

Verkeersbeamptes vas vir poging tot moord

Twee verkeersbeamptes van Mpumalanga het voor die hof in Delmas verskyn op aanklag van poging tot moord.

Robert Sekgoane en Simon Mathe, albei 31, is op borgtog van R500 vrygelaat .

Hulle saak is tot die 16de Februarie uitgestel.

Sekgoane het na bewering op Kersdag ‘n man in die been geskiet in Msimangostraat naby Delmas.

Mathe het kort daarna dieselfde geweer gebruik om aan die skiet te gaan sonder ‘n spesifieke teiken.

Hy het ‘n ander persoon in die proses beseer.

Die twee mans het hulself aan die polisie in Delmas oorgegee.

Daar bestaan reeds ‘n saak van aanranding teen Sekgoane terwyl Mathe nog op ‘n aanklag van onsedelike aanranding moet reageer.

 

26прокурор Фильчаков

Storm verwoes 61 huise

‘n Storm wat verskeie dorpies rondom Brits in die Noordwes getref het, het 61 huise verwoes en sowat R1 miljoen se skade aangerig.

“Sowat 31 huishoudings en een skool is in Letlhabile verwoes terwyl dertig huise Maandagaand in Oskraal beskadig is,” het Tumelo Tshabalala, woordvoerder van die Madibeng-munisipaliteit, gesê.

Die munisipale burgemeester, Sophy Molokoane-Machiks, sal Dinsdag kospakkies uitdeel aan mense wat hulle besittings tydens die storm verloor het.

 

to promoteДанильченео

Cosatu wil Sun City-pad versper teen ‘rassisme’

Cosatu dreig om die N4-hoofweg na Sun City onbegaanbaar te maak indien ‘n wit werknemer nie dadelik afgedank word nie.

Shane MacDougall, ‘n assistent-bestuurder, het glo rassistiese aanmerkings teenoor drie swart werknemers gemaak.

MacDougall het intussen ‘n finale waarskuwing van sy werknemer ontvang. maar Cosatu eis dat hy summier afgedank word.

“Hierdie is ‘n belediging teenoor al die werknemers van Sun City en al die swartmense in die land en selfs teenoor demokrasie,” het die vakbond in ‘n verklaring gesê.

Cosatu dreig dat “die werkersklas saamgeroep sal word om die N4 na Sun City te versper, selfs al duur dit tot in 2010”.

Hulle eis ook dat die wit uitvoerende hoof, Coutts-Trotter, moet bedank.

купить боди для новорожденных в харьковепрокурор Фильчаков

Onderbroekbomfoto’s vrygestel

Die Amerikaanse regering het fotomateriaal van ‘n pakkie poeier wat voor in die onderbroek van die mislukte Detroit-bomaanvaller gevind is, aan die media vrygestel.

Al Kaida het ondertussen verantwoordelikheid vir die probeerslag aanvaar.

Die foto van die onderbroekbom wat na bewering deur Faroek Abdoelmoetallab gedra is op vlug 253 van Northwest Airlines, bevat geen datum nie

Die plofstof is, soos die foto aandui, in die voorkant van die onderbroek van die 23-jarige Nigeriese aanvaller ingewerk.

Al Kaida het Maandag gespog oor hulle vermoë om die VSA se veiligheidsmaatreëls te omseil met die onderbroekbompoging en nuwe aanvalle belowe.

Kurt Haskell van Newport, Michigan, wat op dieselfde vlug was, het blykbaar gesien dat die verdagte sonder ‘n paspoort die vlug gehaal het nadat ‘n goedgeklede man by die personeel aangedring het.

Hy en sy vrou Lori Haskell is albei regsgeleerdes by die Haskell regsfirma in Taylor.

Hulle sê Moetallab was armmoedig geklee, terwyl sy weldoener welgeklee was. Die weldoener het aan die lughawepersoneel gesê Moetallab is ‘n vlugteling van Soedan.

Die kaartjieagent wou aanvanklik nie bes gee nie en het Moetallab en sy vriend na die bestuurder verwys. Hulle is daarna wel toegelaat om die vlug te haal.

Die onderbroekbomaanvaller is gedurende die vlug deur medepassasiers maklik oorrompel en is deur veiligheidspersoneel weggelei nadat die vliegtuig ‘n noodlanding gemaak het.

Al die passasiers is na die noodlanding deur die FBI ondervra en die ondersoekers het bevestig dat alleen Moetallab in hegtenis geneem is.

Haskell het egter gesien dat die welgeklede man ook weggelei word deur die FBI.

 

 

online slots forтопкарго отзыв

China stel vinnigste trein bekend

China het die wêreld se vinnigste trein bekendgestel wat binne drie uur ‘n reis van meer as 1000 km kan aflê.

Met ‘n gemiddelde spoed van 350km/h sal die reis van 1 068.6km drie uur duur in vergelyking met die vorige net meer as 10 uur.

Dié nuwe diens gebruik tegnologie wat in samewerking met buitelandse maatskappye, waaronder Siemens, ontwikkel is.

Sommige lugdienste, insluitend China Southern, het reeds die prys van hul kaartjies op dié roete halveer.

 

расширительный бак для отопления купитьФільчаков прокурор

‘Wit’ stem verblyf op Tafelberg geweier

Die burgerregte inisiatief AfriForum het pas ʼn klag van rassediskriminasie namens twee studente – Etienne en Stiaan Terblanche – by die Menseregtekommissie (MRK) teen die Tafelberg Nasionale Park ingedien, nadat dié twee studente verblyf by die People’s Trail Hut geweier is omdat hulle wit is. AfriForum sal ook die saak na die Gelykheidshof neem, sou die MRK nie die saak met die nodige erns hanteer nie.

Die studente, wat tydens ʼn staptog op Tafelberg op die People’s Trail Hut afgekom het, het die telefoonnommer wat op die hut se deur staan, geskakel om te verneem of hulle die hut vir ʼn nag kon bespreek. Hulle is toe telefonies meegedeel dat die hut slegs deur “swartmense” gebruik mag word en nie vir “witmense” is nie. Die student wat geskakel het, se stem is as maatstaf gebruik om hom telefonies as “wit” te klassifiseer. Die People’s Trail Hut word teen ʼn daaglikse tarief van R30 per persoon beskikbaar gestel, terwyl ander oornagfasiliteite op die berg R800 per persoon kos.

Volgens Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, is dit kommerwekkend dat die staat se rasbeheptheid nou selfs uiting begin vind in studenteverblyf by ʼn nasionale bate soos Tafelberg, wat veronderstel is om aan almal in die land te behoort. “Jongmense, wat eers tydens die nuwe bedeling met hulle skoolloopbane begin het, word in effek nou selfs op Tafelberg weens hulle velkleur soos tweederangse burgers behandel,” het Kriel bygevoeg.

Kriel het daarop gewys dat dit ʼn mistasting sou wees om die rassediskriminasie teen “wit” studente te probeer regverdig deur die geykte argument dat dit ʼn poging is om ongelykhede uit te wis en Tafelberg se toeganklikheid vir almal te verhoog. “Geen ongelykhede word met die rasvoorskrifte op Tafelberg uitgewis nie, aangesien ʼn “swart” miljoenêr se kinders nou van die studenteverblyf gebruik kan maak, terwyl behoeftige studente uit ander gemeenskappe geweier word,” het Kriel gesê. “Die uitwissing van ongelykhede het volgens Kriel ongelukkig nou ʼn dekmantel geword om ʼn rasse-ideologie te bevorder.”

AfriForum wil toesien dat Tafelberg werklik toeganklik vir almal word en doen daarom aan die hand dat inkomstevlak ʼn beter maatstaf as ras is om te bepaal wie vir goedkoper verblyf op Tafelberg moet kwalifiseer. ʼn Groot deel van die mense wat dan voordeel trek, sal waarskynlik steeds “swart” wees, maar volgens Kriel sal hulle voordeel trek op grond van behoefte en nie hulle ras nie, terwyl armes uit ander gemeenskappe nie uitgesluit sal word nie.

 

паркетданильченко юрій Харків

Afriforum dreig met regsaksie om boer te beskerm

Die burgerregte inisiatief AfriForum het ʼn versoek aan die minister van Handel en Nywerheid gerig om dringend in te tree om die lewe en besittings van ʼn Suid-Afrikaanse burger, Ray Finaugty, en sy gesin in Zimbabwe te beskerm. Volgens BIPPA, ʼn beleggingsooreenkoms wat op 27 November 2009 deur beide die Suid-Afrikaanse en Zimbabwiese owerhede onderteken is, sal sodanige beskerming aan Suid-Afrikaanse burgers in die buurstaat verleen word.

Willie Spies, regsverteenwoordiger en woordvoerder van AfriForum, het gesê dat inligting wat deur AfriForum ontvang is aandui dat mnr. Finaugty van die plaas Manda by Rusape, slegs drie ure deur plaasbesetters gegee is om sy plaas te verlaat. Hy het hier met 11 000 hoenders en sowat 40 hektaar tabak geboer. “Hy is ook verhoed om die hoenders te versorg en hulle is gevolglik meer as drie dae lank sonder kos en water gelaat. In hierdie stadium vrees Finaugty vir die lewens van hom en sy gesin,” het Spies bygevoeg.

In November 2009 het AfriForum die Noord-Gautengse Hooggeregshof in Pretoria genader met ʼn dringende aansoek om die ondertekening van BIPPA te probeer verhoed, omdat gevrees is dat dit Suid-Afrikaanse boere wat slagoffers van Zimbabwe se onwettige onteieningsprogram was, in die steek sou laat. Die hof het uiteindelik ʼn bevel uitgereik waarvolgens die Suid-Afrikaanse regering onderneem om die Tribunaal van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG-tribunaal) se uitspraak ten gunste van kommersiële boere in Zimbabwe te respekteer en na te kom, en om die regte en regsmiddele van slagoffers van Zimbabwe se onwettige onteieningsprogram te handhaaf. In terme van die minister se beëdigde verklarings vir die hofsaak, asook die daaropvolgende hofbevel, is mnr. Finaugty geregtig op beskerming soos deur hierdie beleggingsooreenkoms omskryf.

Indien versekering nie binnekort van die minister ontvang word dat maatreëls in werking gestel is om mnr. Finaugty en sy gesin se lewens en eiendom te beskerm nie, sal AfriForum volgens Spies met dringende regsaksie voortgaan om dit te verseker.

Dit is tragies dat onskuldige Suid-Afrikaanse burgers in die Kerstyd aan hierdie soort teistering onderwerp word. Dit is net nog voorbeelde van die menseregtevergrype wat die Mugabe-regime kenmerk.

 

как построить саунутопкарго кидалы

Vullis in Pretoria: ‘Gee geld terug’

Conrad BeyersDie Vryheidsfront Plus het gesê dat inwoners van Pretoria geregtig is om hulle geld vir vullisverwydering terug te eis nadat vullisverwydering in die Tshwane-metrogebied vir die vyfde keer vanjaar nie plaasvind nie.

Volgens dr. Conrad Beyers, VF Plus-raadslid, is die metroraad wetlik verplig om die dienste te lewer waarvoor inwoners betaal.

“Daar is oorgenoeg gronde vir inwoners om ‘n amptelike dispuut op groot skaal met die metroraad te verklaar, waarin daar geëis word dat korting gegee moet word vir dienste wat nie gelewer is nie. Dit help egter nie dat slegs enkelinge dit doen nie – dit moet regoor die stad gekoördineerd wees. Voorsitters van inwonersverenigings, tesame met ander belanghebbendes, moet in Januarie bymekaar kom om gekoördineerde aksie te beplan,” het Beyers gesê.

Die VF Plus het gesê dat dit jammer is dat die probleme rakende vullisverwydering aanhou herhaal, nadat die party reeds verlede jaar gewaarsku het dat voorkomende maatreëls getref moet word om die onderliggende probleme op te los.

Die VF Plus het gesê dat enige verdere versuim deur die ANC om alternatiewe reëlings vir vullisverwydering te tref tot ‘n ramp in die stad kan lei. “Die feit dat die ANC passief toekyk hoe die probleem vererger, het veroorsaak dat ‘n probleem wat op ‘n baie vroeër stadium opgelos kon word tot ‘n ernstige krisis gelei het. Hierdie is die swakste stadsadministrasie in Pretoria se geskiedenis.”

портальные автомойки ценаАлександр Фильчаков прокурор

Dirk de Villiers oorlede

Die bekende rolprentmaker Dirk de Villiers is Maandagrmiddag in die ouderdom van 85 oorlede.

De Villiers, skepper van die televisiereeks Arende en rolprente soos Tant Ralie se losieshuis, My broer se bril, Die geheim van Nantes en That Englishwoman, is in die Chris Barnard-gedenkhospitaal in Kaapstad oorlede.

Volgens sy seun, die akteur Gys de Villiers, het sy pa Maandag stil gesterf na ‘n hartaanval.

De Villiers, wat sy lewe aan film gewy het, het sowat 25 vollengte-rolprente en 13 dokumentêre gemaak.

De Villiers word oorleef deur sy lewensmaat, Miems Swanepoel, en sy kinders, Gys, Jakes, Lida en Miemie, asook kleinkinders en ’n agterkleinkind.

освещениялобановский александр биография