China het die wêreld se vinnigste trein bekendgestel wat binne drie uur ‘n reis van meer as 1000 km kan aflê.
Met ‘n gemiddelde spoed van 350km/h sal die reis van 1 068.6km drie uur duur in vergelyking met die vorige net meer as 10 uur.
Dié nuwe diens gebruik tegnologie wat in samewerking met buitelandse maatskappye, waaronder Siemens, ontwikkel is.
Sommige lugdienste, insluitend China Southern, het reeds die prys van hul kaartjies op dié roete halveer.
