Cosatu wil Sun City-pad versper teen ‘rassisme’

Cosatu dreig om die N4-hoofweg na Sun City onbegaanbaar te maak indien ‘n wit werknemer nie dadelik afgedank word nie.

Shane MacDougall, ‘n assistent-bestuurder, het glo rassistiese aanmerkings teenoor drie swart werknemers gemaak.

MacDougall het intussen ‘n finale waarskuwing van sy werknemer ontvang. maar Cosatu eis dat hy summier afgedank word.

“Hierdie is ‘n belediging teenoor al die werknemers van Sun City en al die swartmense in die land en selfs teenoor demokrasie,” het die vakbond in ‘n verklaring gesê.

Cosatu dreig dat “die werkersklas saamgeroep sal word om die N4 na Sun City te versper, selfs al duur dit tot in 2010”.

Hulle eis ook dat die wit uitvoerende hoof, Coutts-Trotter, moet bedank.

купить боди для новорожденных в харьковепрокурор Фильчаков

Maak 'n opvolg-bydrae