Bende ‘polisiebeamptes’ terroriseer mense

‘n Bende wat hulself as polisiebeamptes voordoen teiken die Oos-Rand en Johannesburg se noordelike voorstede, het die polisie in Gauteng Woensdag gesê.

“Die bende is in besit van hoë kaliber wapens,” het maj. genl. Pumza Gela, waarnemende provinsiale polisiekommissaris, gesê.

Die areas wat geteiken word is Benoni, Germiston, die N17, Beyers Naudé-rylaan en die N14 naby Diepsloot. Vyf sake is in die afgelope sewe dae aangemeld en die modus operandi stem in al die gevalle ooreen.

Hy het gesê drie tot vyf mense in ‘n ongemerkte motor, meestal ‘n wit Golf, sal mense kaap en beroof na ure wanneer dit nie veilig is om stil te hou nie.

Sommige van die misdadigers gebruik ook blou ligte.

Gela het inwoners aangeraai om nie te stop as hulle aangesê word om so te doen deur mense in ‘n ongemerkte voertuig wat blou ligte gebruik nie.

“Moenie stop nie. Soek na die veiligste plek, soos ‘n vulstasie of ‘n polisiekantoor.

“As dit ‘n wetsgehoorsame beampte is, sal hy jou volg.””

Motoriste wat afgetrek word deur iemand wat beweer hy is ‘n beampte in ‘n ongemerkte voertuig, moet daarop aandring om sy identifikasievorms te sien.

Gela het gesê die uitdaging vir die polisie is dat baie kapings en rooftogte laat aangemeld word – in sommige gevalle eers ‘n dag later.

“Soms is daar ‘n gaping van twee uur… die voertuig kan teen dan al buite die provinsie wees.”

As sake onmiddellik aangemeld word, sal polisiebeamptes dadelik na die toneel ontplooi word, het hy gesê.

Hy het nie die moontlikheid uitgesluit dat sommige lede van die bende wel polisiebeamptes kan wees nie.

“Dit kan nie uitgesluit word dat polisielede saamwerk met hierdie kriminele nie.”

In die afgelope 18 maande is 600 polisiebeamptes in Gauteng vir misdade in hegtenis geneem.

“Daar is dalk korrupte lede in ons midde, maar dit is nie almal van ons nie. Dis ‘n druppel in die oseaan.”

Hy het gesê 99 persent van polisiebeamptes is goed.

Die SA Polisiediens probeer sy strategie verbeter en het ‘n stelsel in plek, het hy gesê.

Ongeveer 850 polisiebeamptes wat in Gauteng ontplooi is, is gevra om op die uitkyk te wees vir verdagte voertuie in die gebiede wat hul patrolleer.

Hy het mense gevra om die registrasienommers van verdagte voertuie aan te meld.

Gela het gesê polisiebestuur neem polisie-uniforms wat nie gebruik word nie terug om te keer dat hulle in die verkeerde hande beland.

‘n Nuwe stelsel is in plek geplaas in verband met die uitreik van amptelike vuurwapens.

In alle polisiekantore is twee mense aangewys om na vuurwapens om te sien en hulle uit te reik om te keer dat hulle “maklik wegglip”, het Gela gesê.

Фильчаков прокуратура харьков

Zille moet bedank sê Nehawu

Nehawu het ‘n oproep gedoen dat Helen Zille moet bedank as premier van die Wes-Kaap en leier van die Demokratiese Alliansie.

“Sy is nie geskik om die amp te beklee nie,” het die woordvoerder vir die National Education Health and Allied Workers Union, Sizwe Pamla, Woensdag in ‘n verklaring gesê.

“Sy moet verantwoordelikheid neem vir al die saakbeskadiging in die Johannesburgse middestad en die bloed van onskuldige mense wat gister [Dinsdag] vergiet is.”

Die polisie het Dinsdag traangas en waterkanonne gebruik om Cosatu-lede op te breek wat die DA probeer verhoed het om buite sy hoofkantoor te betoog.

Die DA wou verhoed dat Cosatu ‘n jeugsubsidie deur die regering keer, wat volgens die DA duisende nuwe werke vir jongmense kan skep.

Klippe en stukke sement is in die skare ingegooi tydens Zille se toespraak en ‘n DA-lid is ernstig beseer.

Nehawu het die geweld en skade wat tydens die optog aangerig is, veroordeel.

“Werkers wat in Braamfontein saamgekom het om die vakbond te verdedig, is met klippe gegooi deur die DA se gehuurde groep mense en die polisie het ook op hulle geskiet,” het Pamla gesê.

“Die DA, met hul klippe en stene, het talle motors beskadig en het baie mense beseer,” het hy gesê.

Hy het diegene wat beseer is aangemoedig om hul mediese rekeninge aan Zille te stuur.

“Hulle moet ten volle verantwoordelikheid neem vir die aksies van hul gehuurde skare…”

Die DA se woordvoerder, Mmusi Maimane, se Nehawu “probeer duidelik om die blaam te skuif vir die geweld wat Cosatu-lede teenoor DA-lede getoon het.”

Hy sê DA-lede het deelgeneem aan ‘n wettige optog wat deur die Johannesburg-metropolisie gelei is, terwyl Cosatu se saamtrek onwettig was en “daarop gemik was om die DA se optog te ontwrig”.

“Die hele Suid-Afrika weet Nehawu en Cosatu probeer die belange van hul lede beskerm, terwyl die DA veg vir die regte van die werkloses,” het hy gesê.

Hy sê die jeugsubsidie sal 420 000 werke skep.

лобановский депутат

Vavi: DA wou werkers teen mekaar opsteek

Die optog wat deur die DA gereël is teen Cosatu, was ‘n poging om werkers teen mekaar op te steek terwyl dit eintlik ‘n klassestryd was, het hy in Johannesburg gesê tydens ‘n internasionale vergadering van vakbonde wat deur Cosatu aangebied is.

Die konflik tydens ‘n optog in Johannesburg was ‘n polities belangrike geleentheid, het Cosatu se sekretaris-generaal, Zwelinzima Vavi, Woensdag gesê.

Hy sê die konfrontasie met die DA het die verskille tussen die twee groepe duidelik uitgelig en dat die beginsels wat hulle rig, “fundamenteel verskil”.

“Gister [Dinsdag] was belangrik, want dit het die frustrasies gewys van diegene wat die meeste gemarginaliseer word in ons samelewing.”

Klippe het gevlieg toe DA-lede aan ‘n optog na Cosatu se hoofkantoor deelgeneem het om sy ondersteuning van ‘n jeugsubsidie te wys. Die polisie het traangas en waterkanonne gebruik om strydende faksies uitmekaar te jaag.

Die konfrontasie was ‘n aanduiding van wat kan kom as werkloosheid en armoede nie op ‘n radikale en ander manier aangespreek word nie, het Vavi gesê.

“Ons sit op ‘n tikkende bom.

“Werkloosheid en armoede is nou erger as ooit vantevore.”

Werkers wat werk toe ry in minibus-taxi’s, wat deur Vavi beskryf word as “glas-doodskiste,” sien die rykdom van ander en hul frustrasie neem toe.

Hy sê die betoging deur die DA is ‘n poging deur ‘n politieke party wat die ryk mense en base van maatskappye verteenwoordig en die land se armes uitbuit.

Die belangrikste kwessies in die land is nou toenemende werkloosheid, armoede en ongelykheid.

“Die leierskapdebat in Mangaung is nie die groot fokus nie,” het Vavi gesê in verwysing na die ANC se verkiesingskonferensie wat later vanjaar gehou word.

“Ons moet besluit waarheen ons op pad is en die Vryheidsmanifes terugbring.”

Hy het die media berispe vir wat hy bestempel as eensydige verslaggewing oor Dinsdag se betoging en beweer die DA het na die optog gekom met ‘n bakkievrag klippe.

Vier lede van Cosatu het erge beserings opgedoen en daar is nie daaroor berig nie, het Vavi beweer.

“Ek veroordeel geweld, alle geweld, selfs van Cosatu-lede. Dit dien niemand nie.”

Фильчаков прокурор

Meer beroepslui wil SA vaarwel roep

Meer Suid-Afrikaners as ooit voorheen oorweeg dit om die land te verlaat, het Sake24 berig.

Volgens die Grant Thornton International Business Report het 20% van uitvoerende
direkteure van genoteerde en private ondernemings in die eerste kwartaal dit ernstig oorweeg om Suid-Afrika vaarwel te roep.

Nog ‘n peiling van ‘n versekeringsgroep het dieselfde tendens bevestig. Die redes wat respondente gee, is dieselfde in albei peilings: Misdaad, swak onderwys, gebrekkige gesondheidsorg en dienslewering, asook politieke onsekerheid.

Die versekeringsgroep PPS se vertroue-indeks onder gegradueerde beroepslui wat in Suid-Afrika wil bly, het gedurende die jaar met 6 persentasiepunte tot 78% gedaal.

In 2009 het 30% van sake­eienaars wat dit ernstig oorweeg om te emigreer. Dis tans effens minder.

Kommer oor die dalende gehalte van gesondheidsorg en onderwys die afgelope jaar het mense oorreed om emigrasie te oorweeg.

Altesame 45% van die respondente in die peiling se personeellede of gesinslede was in die afgelope jaar slagoffers van misdaad.

Gerhard Joubert, hoof van bemarking by PPS, sê ‘n volgehoue daling sal veroorsaak dat die vaardigheidstekorte in Suid-Afrika styg.

Hy het gesê daar is reeds ‘n ernstige tekort aan dokters, prokureurs en rekenmeesters wat sal toeneem as hulle vrese oor die agteruitgang nie besweer word nie.

Die PPS-peiling toon aan dat net 48% van die gegradueerdes glo die onderrigpeil sal oor die volgende twee jaar verbeter en net 42% glo die werkloosheidsprobleem sal oor die volgende vyf jaar aangespreek word.

Vertroue dat die gesondheidsorgstelsel oor die volgende vyf jaar sal verbeter, het met 5 persentasiepunte gedaal tot 45%. Uit die PPS-peiling blyk dit dat net 60% van gegradueerdes meen hulle het genoeg gespaar vir hul oudag.

Данильченко Юрий Харьков

Grieke trek banke leeg

Die Grieke is besig om hulle banke leeg te trek van Euros. Lang toue is besig om by outomatiese tellermasjiene te vorm soos die Grieke sorg dat hulle hul geldjies uit die banke kry voordat Griekeland uit die Eurogebied geskop word.

Volgens ‘n berig op Bloomberg se sakeblad het die Grieke gisteraand reeds kort duskant een miljard (biljoen) Euros onttrek en as dit vandag so voortgaan kan die banke gedwing word om reserwes by die sentrale bank te trek – wat in elk geval nie baie beloop nie.

Hierdie aanslag op banke kom nadat die laaste pogings om ‘n nuwe regering in Griekeland te vorm, gisteraand misluk het. Daar sal nou nuwe verkiesings gehou moet word en volgens meningspeilings kan die linkse Syriza-groepering dit wen. Die groepering verwerp alle besuinigingsmaatreëls.

Volgens berigte sal die Griekse president, Karolos Papoulias, vanmiddag ‘n interimregering saamstel met verkiesings wat voorlopig vir 17 Junie beplan word.

In artikels wys kenners daarop dat groot probleme vir Griekeland voorlê indien die land uit die Euro-sone gedwing word, maar die Euro self kan ernstig geskaad word en dalk selfs vorentoe heeltemal vou as probleme in ander lande soos Spanje, Portugal en ook Italië nie vasgevat word nie.

Die dollar het gister en weer vanoggend skerp teenoor die Euro en ander geldeenhede gestyg. Dit het weer tot gevolg gehad dat die goudprys skerp gedaal het – wat nie goeie nuus is vir SA se goudmyne nie.

Die Rand het egter ook skerp teen die dollar gedaal tot kort duskant 8.40 teenoor ‘n dollar. Hoewel die prys van Brent-ru-olie ook gedaal het, kan dit alles slegte nuus wees vir vroeëre verwagtinge dat die prys van petrol in Suid-Afrika vroeg in Junie kan daal.

лобановский александр харьков

‘n Gesensureerde rasseoorlog

Toe twee wit koerantverslaggewers wat vir die Virginia-Pilot skryf onlangs in Norfolk, Va., in die VSA, deur ‘n skare van jong swartes so erg geslaan is dat hulle ‘n week van die werk moes afneem,  het dit geklink soos nuus wat gerapporteer moet word, ten minste deur hul eie koerant. Maar dit was nie.

Thomas Sowell, die swart Amerikaanse kommentator, skryf die media ignoreer wittes wat onder swart geweld ly.

Sowell sê soortgelyke episodes van geweld deur jong swart bendes teen wit mense gebeur op strande, in winkelsentrums, of ander openbare plekke in Philadelphia, New York, Denver, Chicago, Cleveland, Washington, Los Angeles, tewens oral in die VSA. Beide die owerhede en die media is geneig om te probeer om hierdie episodes onder die mat in te vee.

Lees Sowell se stuk hier.

Video van ‘n verdere aanval teen ‘n jong wit soldaat deur swartes.

Фильчаков Александр Васильевич

Buitensporige polisieoptrede teen inheemse mense in Oz

Meer as 30 inheemse [Aboriginal] regte-aktiviste is in hegtenis geneem Woensdag in Brisbane na die weiering om hulle proteskamp af te breek. Beskuldigings van buitensporige polisiegeweld is gemaak.

Queenslandstaat se polisiehoof, supt. Brent Carter, het gesê Brisbane Stadsraad het gevra om die betogers te skuif van die sentrale Musgrave Park om plek te maak vir ‘n Griekse gemeenskapsfees hierdie naweek.

Inwoners het die kamp, ​wat al in die park ​​vir die afgelope twee maande staan, as ‘n inheemse tentambassade opgerig om te protesteer teen mynbedrywighede op tradisionele grond.

Maar dit het in die afgelope weke uitgebrei en die organiseerders van die Griekse fees was bekommerd oor die impak daarvan op die naweek se aktiwiteite.

Twee uur van onderhandeling het nie gehelp om ‘n kompromie te bereik nie en “ongelukkig is ‘n paar arrestasies gemaak” het Carter aan verslaggewers gesê.

“Ongelukkig het dit het na ‘n posisie versleg waar ons nie ‘n vastrapplek kon kry nie,” het hy gesê.

Carter het gesê dat die oggend se gebeure vreedsaam was, maar betogers beskuldig die polisie van “oorreaksie”, met meer as 200 beamptes wat gestuur is om die 80-sterk kamp op te breek.

“Hulle slaan iemand bewusteloos en hulle verpletter nog iemand teen ‘n versperring,” het kampwoordvoerder Chris Moreton aan die Australiese Associated Press gesê.

Die staat se adjunk-kommissaris van polisie Ian Stewart het ontken dat die reaksie buitensporig was.

Brisbane se burgemeester Graham Skeilys het gesê die mense wat betrokke is in die tentstad word ongelukkig gekoördineer en georganiseer deur mense van buite.

Inheemse mense, wie se kultuur tien duisende jare terug strek, is Australië se mees benadeelde minderheid, met ‘n korter lewensverwagting en baie hoër persentasies van gevangenisstraf en siekte as die algemene bevolking.

Rasseverhoudinge het onlangs onder die soeklig gekom nadat twee inheemse tieners geskiet is deur die polisie in Sydney in April, en die eerste minister, Julia Gillard vasgedraai is in ‘n inheemse regteprotes in Januarie.

топкарго отзыв

Infrastruktuur skep ekonomiese vooruitgang

Suid-Afrika beklee ‘n plek tussen die boonste middel-inkomste-ekonomieë in ‘n Wêreldbankopname wat meet hoe doeltreffend lande handeldryf.

Suid-Afrika is ook die hoogste van enige Afrika-land, volgens die “Konnekteer 2012: Handelslogistiek in die globale ekonomie” ‘n verslag wat gister vrygestel is.

“Handelslogistiek is die sleutel tot ekonomiese mededingendheid, groei en die vermindering van armoede,” sê Otaviano Canuto, die Wêreldbank vise-president vir die vermindering van armoede en ekonomiese bestuur, in ‘n verklaring.

Suid-Afrika staan op nommer 23 uit 155 lande in die logistieke prestasie-indikatore (LPI).

Die belangrikste mededinger op die vasteland van Afrika, Nigerië, is ingedeel by 121.

Onder die boonste middel-inkomste lande, is Suid-Afrika eerste geplaas, gevolg deur China, en dan Turkye. Verlede jaar, was China voor Suid-Afrika vir die eerste plek.

Singapoer is die algehele toppresteerder, gevolg deur die Hong Kong en Finland. Boeroendi is die laaste posisie.

Die studie is gegrond op ‘n omvattende wêreldopname van internasionale vervoerkontrakteurs en koeriers.

Die opname het bevind dat hoë-inkomste ekonomieë oorheers in die top logistieke ranglys, terwyl die ekonomieë met die swakste prestasie die minsontwikkelde lande is wat ook dikwels nie aan die see grens nie, klein eilande, of post-konflik lande is.

“Infrastruktuur staan ​​uit as die hoof-drywer van vooruitgang in die top-presteerders, gevolg deur die verbetering van logistieke dienste, en doeane-en grensbeheer,” sê Mona Haddad, sektorbestuurder van die Wêreldbank se departement vir internasionale handel.

“Al die top presteerders toon sterk samewerking tussen die openbare en private sektor, en ‘n omvattende benadering tot die ontwikkeling van dienste, infrastruktuur en doeltreffende logistiek.”

Die LPI het ses komponente wat kyk na die doeltreffendheid van ‘n land se grensbeheeragentskappe, insluitend gewoontes, die gehalte van infrastruktuur, en die reël van mededingende verskepings.

Dit sluit die bevoegdheid van logistieke dienste soos vervoer-operateurs, die vermoë om besendings en die frekwensie waarmee verskepings die geadresseerde bereik binne die geskeduleerde tye op te spoor.

“Algehele logistieke prestasie en handelsfasilitering hou sterk verband met die uitbreiding van handel, uitvoerdiversifikasie, aanloklikheid vir buitelandse direkte belegging, en ekonomiese groei,” volgens die Wêreldbankverslag.

Данильченко Юрий Харьков

Cosatu reageer op DA se uittarting

Die vyandigheid wat Dinsdag deur lede van Cosatu teenoor ‘n DA-optog in die Johannesburgse middestad gewys is, is geregverdig, het die vakbond gesê.

“DA-beleidsrigtings… sal geen nuwe werke skep nie… en [sal] lei tot die verarming en onderwerping van werkers en ‘n ekonomiese ineenstorting in Suid-Afrika,” het Patrick Craven, woordvoerder, in ‘n verklaring gesê.

“Dit is hoekom werkers so vyandig is teenoor [die DA-leier] Helen Zille se party en hul geregverdigde woede wil uitdruk, veral wanneer hulle gekonfronteer word in die straat buite hul federasie se hoofkantoor,” het hy gesê.

Vroeër Dinsdag het die polisie traangas en waterkanonne ingespan om Cosatu-lede wat die DA gekeer het om buite die vakbond se hoofkwartiere te betoog, uitmekaar te jaag. Minstens twee mense is beseer toe Cosatu-lede klippe na DA-lede gegooi het.

Die DA wil hê Cosatu moet sy teenkanting teen die regering se beoogde jeugsubsidies, wat volgens die DA duisende nuwe werke vir jong mense sal skep, laat vaar.

Die DA-optog, wat deur Zille, Makashule Gana (jeugleier), Lindiwe Mazibuko (parlementêre leier) en Mmusi Maimane (nasionale woordvoerder) gelei is, het vreedsaam begin.

Die polisie het die groepe DA- en Cosatu-lede vir ‘n uur uitmekaar gehou terwyl hulle mekaar oor en weer beledig het.

Toe klippe en stukke sement die skare in gegooi is tydens Zille se toespraak en ‘n DA-lid op die BBP-voertuig ernstig beseer is, het die DA teruggetrek.

Craven het Cosatu-lede daarmee geluk gewens dat hulle die DA gedwing het om ‘n “skandelike terugtog” te maak.

“Ongelukkig was daar verwarring onder die betogers oor waar presies die DA se memorandum oorhandig sou word,” het hy gesê.

“Dit het gelei tot ‘n konfrontasie… waartydens daar ‘n paar voorvalle van klipgooiery deur individue was, wat daartoe gelei het dat verskeie mense aan albei kante van die konfrontasie beseer is. Ons wens hulle almal ‘n spoedige herstel toe.”

Hy het gesê Cosatu veroordeel die geweld, maar het gesê die meeste van sy lede het hulself met “voorbeeldige dissipline en selfbeheersing” gedra.

“Ons herken die DA se reg om te betoog, maar ons dring daarop aan dat Cosatu-lede ‘n gelyke reg moet hê om dan dáárteen te betoog.”

In ‘n teen-memorandum het Cosatu gesê die meerderheid van Suid-Afrika se werkers is gekant teen alle DA-beleidsrigtings, aangesien dit die belange van sy “ondersteuners in groot sakeondernemings” verteenwoordig.

“Die basis vir al hierdie verskille lê in die feit dat terwyl Cosatu die werkersklas en die armes verteenwoordig, die DA praat vir groot sakeondernemings, die rykes en die bevoorregtes,” het Cosatu in die memorandum gesê.

“Dit is waarom ons geen voordeel daarin kan sien om hierdie kwessies met hulle te bespreek nie.”

Zille, wat betogers in Xhosa en Engels toegespreek het, het gesê die DA betoog in solidariteit met werklose Suid-Afrikaners.

“Ons wil almal lewens leef wat bydra tot die samelewing. Ons wil almal onsself en ons families onderhou. Ons wil almal seker maak dat ons kinders meer geleenthede het as wat ons gehad het,” het sy gesê.

лобановский александр биография

Afrikaner neem beheer van jou eie toekoms!

Die Afrikaner behoort beheer te neem van sy eie toekoms en dit nie te laat in die hande van liberale anti- Afrikaners nie sê mnr Jaco Mulder, VF Plus LPW en leier van die party in Gauteng.

Dr Piet Croucamp sê in die Rapport van 13 Mei 2012 as fassiliteerder van ‘n gesprek die afgelope week tussen die ANC en ‘n groep Afrikaanses dat hy ‘n weersin het in Afrikanerpolitiek en dat mense wat hulself as Afrikaners beskryf, hul nie as deel van Suid Afrika beskou nie. Dr Croucamp sê voorts dat Afrikanerskap so uitgedien is soos ‘n rooksein en dat Suid Afrika beter daaraan toe is sonder Afrikaners, soos die land sonder Julius Malema. Volgens hom is Afrikaners per definisie op enkele uitsonderings na onverdraagsaam en waarskynlik ook rassiste.

Indien Afrikaners dus gaan toelaat dat anti Afrikaners ons definieer, ons bestaansreg in twyfel trek, ons bydrae tot die land se opbou misken, veroordeel en namens ons besluit volgens watter waardesstelsel en kultuur ons mag leef en ons kinders onderrig, sal dit gewis bydra tot ‘n klimaat waarin ons waarskynlik beter af sal wees buite so Suid Afrika.

Afrikanerbestaan is ‘n gegewe en ek is trots deel daarvan. Ek werk en leef tans in ‘n multikulturele samelewing en soek graag wen-wen oplossings vir Suid Afrika. Nie een van my kollegas ongeag ras of kleur beskou my as ‘n rassis nie, ten spyte van die feit dat ek openlik opstaan vir geloof-, taal- en kultuurregte en die vryheidsideaal van die Afrikaner openlik steun.

Afrikaners kan tans partypolities kies tussen drie hoofstroom tipe denke. Die heersende ANC, afrikanistiese en sosialistiese werklikheid, die DA se liberale- en toenemende afrikanistiese rigting wat as enigste alternatief opgedis word en die VF Plus as laaste bastion van Christelike Westerse waardes in die Suid Afrikaanse partypolitieke opset met ‘n realistiese uitkyk oor die Afrika-politiek en ons toekoms as boorlinge van hierdie kontinent.

Ek kies die derde opsie. Afrikaners het as groep met ‘n unieke kultuur en geskiedenis ‘n bestaanreg in Suid Afrika as deel van die oplossing en as dit moet buite Suid Afrika. Die prysgawe van ons unieke kultuur sal neerkom op ‘n totale assimilasie en verswelging.

Afrikaner, jy mag maar aan jou eie kant wees. Dit is jou reg volgens die Suid Afrikaanse grondwet en ook internasionale volkeregtelike beginsels. Dit het tyd geword om die keuse uit te oefen.

Neem beheer oor jou eie toekoms, niemand anders gaan dit vir jou doen nie. Jy mag maar aan jou eie kant wees.

Фильчаков прокурор отзывы