Gilbertson het gesê dat alhoewel dit goed bekend is dat platinum in motorkatalisators en juweliersware gebruik word, is die ander aanwendings minder bekend.
Hy het gesê daar sou geen veselglas, olieraffinering en stikstofryke kunsmis gewees het daarsonder nie en ongeveer 20% van alle verbruikersprodukte sou verdwyn het.
Hy het gesê dit is 'n element van kritieke belang en 80% van die wêreld se reserwes is in Suider-Afrika.
Gilbertson het die platinumgroepmetale 'n groep metale genoem met 'n wonderlike toekoms.

Die platinumgroepmetale wek min begrip maar daarsonder kan die wêreld nie funksioneer nie, sê platinummynbaas Brian Gilbertson.
Die Inkatha-vryheidsparty ondersteun sy leier Mangosuthu Buthelezi se verwerping van samesmelting met die ANC.
Miljoene mense is besig om in krotbuurte buite stede en dorpe regoor die land in te trek.