FW de Klerk het Marxistiese oorname van SA in NP-propagandapamflet van 1977 voorspel!

In ‘n NP-propagandapamflet van Junie 1977 met die titel “Skietgoed”, wat deur mnr. F.W. de Klerk self opgestel is, voorspel hy die negatiewe gevolge van mev. Helen Suzman en die destydse PRP se beleid van uiteindelike swart meerderheidsregering. (Klik op die pamflet hiernaas om dit te vergroot.)

De Klerk meen dat die gevolg van die PRP se destyds liberale beleid ‘n “ongekende magstryd” tot gevolg sou hê, “wat onvermydelik sal uitloop op die ontwrigting van wet en orde, van die ekonomie, van rasseharmonie en van vrede; en dat die PRP se beleid ‘n bloudruk is vir die ondergang van die witman en dat dit alle minderheidsgroepe sal uitlewer aan die genade van die magsgroep – en dit kan selfs ‘n groep wees wat die Marxisme aanvaar – wat as oorwinnaars uit die magstryd sal tree.”

In 1990 het mnr. De Klerk egter veel verder as mev. Helen Suzman – wat ‘n federasie bepleit het – gegaan en meerderheidsregering in ‘n eenheidstaat ingestel.

Wat dink u, liewe leser, klink mnr. FW de Klerk se voorspelling uit Junie 1977 ‘n bietjie soos die huidige Suid-Afrika? Stem ook hiernaas in ons peiling oor dié kwessie.

Александр Фильчаков Васильевич

Prins Harry: ‘n Groter skandaal wag

Kokaïen is gebruik in die hotelkamer waar Prins Harry naak tydens die berugte Las Vegas-partytjie afgeneem is, het ‘n ooggetuie eksklusief aan RadarOnline.com vertel.

Hierdie jongste donderslag volg nadat die eienaar van die Wynn Hotel en Casino se beweerde bande met georganiseerde misdaad die Britse koninklike familie se verleentheid verder verdiep het.

“Dinge het redelik mal gegaan in prins Harry se suite daardie aand. Almal was besig om te drink en dwelms is ook gebruik deur sommige mense,” het die ooggetuie wat teenwoordig was by Harry se partytjie geopenbaar.

“Sommige mense het kokaïen gesnuif,” het die ooggetuie gesê. Die ooggetuie het gevra om anoniem te bly as gevolg van die omvang van die skandaal.

Die nuwe inligting kom twee dae nadat ‘n berig in ‘n Las Vegas-koerant beweer het dat die naakfoto’s van die prins se wilde naweek net die begin van die skandaal was en “iets reusagtigs” gaan volg.

Die bron by die partytjie sê kokaïen is gebruik en ‘n aantal van die gaste was op dwelms toe hulle by sy suite aangekom het.

“Sommiges het gehallusineer toe hulle by die partytjie aangekom het, en ‘n paar was hoog op cannabis. En dit is presies die rede waarom niemand daar na vore gekom het nie… hulle wil nie by enige onwettige aktiwiteite betrek word nie,” het die bron gesê.

‘n Ander bron het aan RadarOnline.com gesê dat Harry se manewales deur die aand vasgevang is op video, wat reeds aan ‘n baie beperkte aantal mense te koop aangebied is. Die persoon in besit van die video is glo baie senuweeagtig.

“Daar is ‘n video van Harry wat naak is, met vroue in die Las Vegas-hotelkamer,” sê ‘n bron vertroud met die situasie. “Daar was ‘n paar baie stil navrae om te sien hoeveel van die video werd kan wees.

“As die video openbaar gemaak word, kan dit die grootste skandaal ooit wees.”

лобановский харьков класс

Voedselveiligheidnavorsing onder druk

Gebrek aan befondsing dreig om die land se voorste kos en voedingnavorsingslaboratoria, wat die veiligheid van voedsel ondersoek, te sluit.

Die voorgestelde sluitings is bespreek tussen die president van die Mediese Navorsingsraad, Professor Salim Karim, en die direkteure van die 23-navorsing die eenhede.

Volgens Karim, het die raad besluit om te “herstruktureer” omdat sy begroting beraam op R400-miljoen gegroei het met slegs 3,5% per jaar die afgelope vier jaar.

“Ons kan nie volhou met al 23 eenhede nie. Ons moet die top 10 oorsake van dood asook die top 10 oorsake van dood en siekte prioritiseer.”

“Toestande veroorsaak deur onveilige voedsel haal nie die top 20-lys van sterftes nie, en ook nie voeding nie, alhoewel dit is ‘n onderliggende oorsaak van sekere ongesteldhede in die top 10 oorsake van dood is,” het hy gesê.

Die top 10 oorsake van dood in Suid-Afrika is:

1) MIV (31,6% van die sterftes)

2) Serebrale vaskulêre siekte (5,9%)

3) Hipertensiewe hartsiekte (5.8%)

4) TB (5.6%)

5) Laer lugweginfeksie (5.4%)

6) Iskemiese hartsiekte (4.5%)

7) Diarreale siektes (4,2%)

8) Interpersoonlike geweld (3,7%)

9) Padongelukbeserings (2,1%)

10) Diabetes (2.1%)

Александр Фильчаков прокурор

Hongersnood dreig in Zim

Die VN-voedsel-agentskap het gesê hongersnood in Zimbabwe sal vererger na wisselvallige reën, tekorte van saad en kunsmis en “swak landbou praktyke” in die moeilike ekonomie.

Dit, het die VN gesê, het gelei tot ‘n vermindering in die aantal lande wat verbou is met die belangrikste stapelvoedsel. Die World Food Programme het gesê dat graanoeste in die huidige seisoen deur ‘n beraamde een derde in vergelyking met verlede jaar gedaal het. Daar word gesê oor 1.1 miljoen landelike mense sal voedselhulp nodig hê tot Desember, wat sal styg tot 1.6 miljoen in die tradisioneel “maer maande” tot Maart.

Die agentskap se jongste bulletin het Dinsdag gesê $119 miljoen is nodig vir die komende voedselhulp. Daar word gesê dat voedseltekorte veral krities in die dorre suidelike Zimbabwe is.

Александр Фильчаков

Tutu weier om verhoog met Blair te deel

Emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu het hom van ‘n leierskapsberaad in Johannesburg onttrek omdat die voormalige Britse premier, Tony Blair, dit gaan bywoon, het sy kantoor Dinsdag gesê.

“Die aartsbiskop het die afgelope paar dae daaroor nagedink en met raadgewers oorleg gepleeg [om te besluit] of hy die beraad moet bywoon,” het ‘n verklaring gelui.

“Die aartsbiskop glo dat mnr. Blair se ondersteuning vir Amerika om Irak binne te val op grond van onbevestigde bewerings dat Irak wapens vir massavernietiging versteek, nie geregverdig was nie.

Volgens die verklaring is dit “nie gepas” dat Tutu ‘n platform met Blair deel nie.

“Die aartsbiskop is jammer dat hy die organiseerders en deelnemers van die Discovery Invest-leierskapsberaad teleurstel.”

Blair is een van die sprekers by die beraad wat Donderdag by die Sandton-konferensiesentrum gaan plaasvind.

Die politieke aktivis Garri Kasparof sal na verwagting ook ‘n spreker wees. Kasparof is ‘n ondersteuner van die skaduagtige feministiese Russiese punkgroep, Pussy Riot.

Die Moslem-party Al Jama-aa het Maandag gesê hy beplan om tydens Blair se toespraak ‘n betoging buite die konferensiesentrum te hou.

прокурор Фильчаков

Ons Olimpiese span

Namens die Vryheidsfront Plus baie geluk aan ons Olimpiese span met hulle prestasies. Hoe vergelyk ‘n mens die verskillende lande se hoeveelheid medaljes met mekaar? Die grootte van ‘n land se bevolking, en daarom ook die grootte van sy Olimpiese span moet sekerlik in berekening gebring word as jy vergelykings wil tref. Praat nie eers oor die hoeveelheid geld wat van hierdie groot lande op die voorbereiding van hulle Olimpiese deelnemers spandeer nie.

Amerika kies ‘n Olimpiese span uit 300 miljoen inwoners. China kies die beste atlete uit 1300 miljoen teenoor Suid-Afrika se 50 miljoen. As byvoorbeeld die totale hoeveelheid medaljes van China per capita van die bevolking bereken word, dan het China 74ste en nie tweede geëindig nie. Uit meer as 200 lande het Suid-Afrika 24ste gekom en was ons die beste span in Afrika. Dit is ‘n besondere prestasie en wil ons hulle graag gelukwens.

Soos in ‘n groot familie het elkeen in Suid-Afrika gedeel in die prestasies van elke wenner wat ‘n medalje verower het. Onthou, Oorwinning het baie vaders, maar nederlaag is ‘n weeskind.

Vra maar vir Bafana-Bafana wat lanklaas internasionaal goed gewen het. As ons een sportfamilie in Suid-Afrika is, dan is Bafana-Bafana soos daardie broer van die familie wat in die tronk is. Jy hou nog van hom, maar jy praat net nie meer so baie met ander mense oor hom nie!

Springbokrugby het die naweek ook maar teen Argentinië gesukkel en gelykop gespeel. Gelykop is nie opwindend nie – die rugbyspelers sê dit is soos om jou suster te soen.

Dankie vir die Olimpiese medaljewenners wat ons laat goed voel het. Nou moet die ministerie van sport en die sportadministrateurs mooi na hierdie atlete kyk. Ons moet baie meer geld spandeer om hulle vir die volgende spele voor te berei en om hulle vir Suid-Afrika te behou. Ons kan nie bekostig om soos in byvoorbeeld krieket, van ons beste spelers te verloor nie. Tans speel talle Suid-Afrikaners vir byvoorbeeld Brittanje/United Kingdom krieket teen ons. Gelukkig het ons die onlangse kriekettoetsreeks gewen. Ek het toe die volgende boodskap aan my Britse kennisse gestuur. “We won the cricket test series against you because our South Africans were better than your South Africans! Mag dit nie met ons Olimpiese span gebeur nie.

Vandag, (28 Augustus 1983) presies 29 jaar gelede, het Sydney Maree, die wêreldrekord in die 1500 meter in Keulen (Cologne) gebreek. In 1981 is hy aangewys as Suid-Afrika se atleet van die jaar. Ek wil vandag ook hulde bring aan almal wat in die verlede soos Sydney presteer het, en waarop hierdie span hulle prestasies kon bou.

Aan die lede van die span wat nie medaljes gewen het nie, onthou dat daar ‘n baie groot verskil is tussen: Ek is ‘n mislukking en ek het drie keer misluk. Na honderd mislukkings kan jy nog steeds ‘n groot sukses maak. Mohammed Ali, wêreldbokskampioen het gesê: Remember, a heavyweight match is 15 rounds. If you lose a few rounds, or even get knocked down, it doesn’t matter as long as you get up and eventually win. The same in life. The ability to consistently rebound from setbacks and disappointments is the mark of a champion.”

Фильчаков Александр Васильевич

Twee skole smelt saam om Afrikaans te red

Die Vryheidsfront Plus verwelkom die besluit van twee hoërskole in die Vaaldriehoek in Gauteng om saam te smelt ter wille van die behoud en voortbestaan van Afrikaans.

Die beoogde samesmelting van die Hoër Tegniese Skool, Vereeniging en Hoërskool Vereeniging om die nuwe Vereeniging Gimnasium in 2013 te vorm, kan as voorbeeld dien van wat vermag kan word indien alle rolspelers pro-aktief optree, sê mnr Jaco Mulder, VF Plus LPW vir Gauteng.

Dit bly egter jammer dat tradisie as deel van kultuurerfenis, in die slag bly maar ons leef vandag in ‘n omgewing waar swak beplanning deur die departemente vir Onderwys en ook Infrastruktuur en Ontwikkeling, ‘n Afrikaanse skool met dalende getalle, met onderrig in Engels sal konfronteer en die taalstatus van die skool uiteindelik in die slag bly, het Mulder gesê.

Mulder het ‘n beroep op skole in Gauteng gedoen wat in soortgelyke omstandighede verkeer, om voortydig met konstruktiewe onderhandeling pro-aktiewe stappe te oorweeg om uiteindelik Afrikaans as onderrigtaal in elke gemeenskap te verseker.

Die VF Plus veg vir jare reeds onbeskaamd vir Afrikaans in die Gauteng Wetgewer en sal skole in dié verband bystaan.

Лобановский

Oproer slaan oral uit

Honderde inwoners van Petanenge buite Tzaneen in Limpopo is gestrand gelaat nadat betogers die paaie na die dorpie met brandende motorbande en klippe versper het.

Woendende inwoners het gisternag oproerig geraak en eis dat die Mopani Distriksmunisipaliteit hulle van water voorsien. Inwoners sê die munisipaliteit het hulle in die steek gelaat. Leerders word ook weens die onrus geraak en is sonder vervoer.

Inwoners sê die munisipaliteit het hulle beloof dat waterpype op die 15de Augustus aangelê sou word. Hulle is ook woedend omdat die naburige Nkowa-nkowa township water en basiese dienste het.

‘n Wit man – een van praag.co.za se gereelde lesers – wat opgraderingswerk vir ‘n groot instansie in die Vrystaat doen het met sy lewe daarvan afgekom toe hy noodgedwonge Maandag deur ‘n onrusgeteisterde gebied moes reis.

Hy was op pad na Rosendal en moes deur Clocolan ry maar was totaal onbewus dat daar op Clocolan groot betogings aan die gang was.

Geen padblokades is opgerig om motoriste te waarsku nie. Die man is onverwags deur brandende bande en rotse oral in die pad vir omtrent ‘n halwe kilometer begroet. Sy voertuie is beskadig in die proses.

Geen polisie was in sig nie. Die polisiebeamptes wat hy eers ‘n kilometer verder teëgekom het, was verbaas dat hy lewend uit die oproer gekom het.

Volgens die man het die teenwoordigheid van sy swart werkers waarskynlik sy lewe gered. “Ek was saam met my drie swartes wat vir my werk, en dit was toe blykbaar my redding gewees.”

лобановский александр отзывы

Zille dreig NRO Rape Crisis

Dat Helen Zille smag na swart steun, is gewis. Sy het selfs befondsing vir die NRO Rape Crisis gestaak, die voorsitter Helen Moffat gedreig en gesê sy moet “in haar spoor trap”.

Moffat se organisasie het onder meer die kulturele vooroordele wat met verkragting gepaardgaan belig.

Suid-Afrika is na bewering die verkragtingsentrum van die wêreld. Volgens die Crime Information Management Centre van die Suid-Afrikaanse Polisiediens is 52 160 gevalle van verkragting aangemeld in 1997. Dit weerspieël ‘n toename van 10 000 gevalle sedert 1994.

Ongelukkig, volgens POWA is hierdie ontstellende syfers net 2,8% van verkragtings wat in Suid-Afrika jaarliks voorkom​​. Indien 52 000 verkragtings gerapporteer slegs 2,8% van die werklike verkragtings weerspieël, beteken dit dat eintlik meer as een miljoen verkragtings plaasvind in Suid-Afrika jaarliks​​.

Rape Crisis moet personeel aflê en die meeste van sy bedrywighede na 35 jaar sluit. Die premier van die Wes-Kaap het egter haar skouers opgehaal toe sy genader is met: “Trap in jou spoor – daar is duisende van die NGO’s desperaat vir befondsing, almal ewe behoeftig.”

 

Олександр Васильович Фільчаков

Moslemparty wil Tony Blair in Johannesburg arresteer, betoog

Die Moslem- poltieke party Al Jama-aa beplan ‘n betoging teen die vorige Britse eerste minister Tony Blair as hy in Johannesburg kom praat, het die party Maandag verklaar.

“Die betoging word gehou ter ondersteuning van die lasbrief vir sy inhegtenisname vir misdade teen die mensdom wat verband hou met die inval in Irak wat tot die dood van miljoene Irakiërs gelei het,” meen die voorsitter van Al Jama-aa, Ganief Hendricks.

Blair is een van die sprekers by die Discovery-leierskapsberaad by die Sandton-konvensiesentrum wat Donderdag gehou word. Emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu en die skaakgrootmeester en politieke aktivis Gari Kasparof sal ook na verwagting toesprake lewer.

Hendricks het gesê die stad Johannesburg laat die party toe om met die betoging voort te gaan.

“Daar word gehoop dat een of meer van die betogers dit sal regkry om ‘n burgerlike inhegtenisname op Tony Blair te doen en hom in die tronk te kry sodat hy aan Den Haag vir verhoor uitgelewer kan word.”

Die webwerf arrestblair.org bied geldelike belonings aan mense wat probeer om ‘n burgerlike inhegtenisname op Blair vir sy beweerde misdade teen die mensdom uit te voer.

Pogings om hom te arresteer is in China aangewend, buiten die Chilcot-ondersoek na die Irakoorlog en die Europese parlement, asook in Dublin, Ierland.

Hendricks sê Al Jama-aa gaan ook Vrydag na die Burmese ambassade in Pretoria opruk om teen “die etniese reiniging van Moslems” in daardie land beswaar te maak.

“Moslems word elke dag vermoor [en] die meeste van hulle [is] vroue, kinders en oumense,” het hy gesê.

“Ons moenie die krag van doea [gebed] vergeet en betogings wat ‘n [vorm van] doea [gebed] op sigself is nie. Die ambassades van lande wie se regerings Moslems doodmaak moenie verwag om geen beswaar in Suid-Afrika teë te kom nie.”

Александр Фильчаков