Delmas: DA se plan sal landelike veiligheid waarborg

Die verhoor van twee swartes wat daarvan beskuldig word dat hulle ‘n versorger en ‘n vyf maande oue baba vermoor het, is Donderdag in die Delmas-landdroshof uitgestel, het die polisie in Mpumalanga gesê.

“Die saak is tot volgende Donderdag (14 Junie) uitgestel vir ‘n formele borgtogaansoek,” het lt. kol. Leonard Hlathi gesê.

Enock Mbele (44) en Lazarus Mabhena (54) het vroeër om borgtog aansoek gedoen, maar dit is geweier, aangesien verdere ondersoek gedoen moes word.

Magrietha de Goede (66) en die baba is op 23 Mei in haar huis gevind, waar hulle verwurg is. De Goede se lyk is onder ‘n mat in ‘n buitekamer gevind. Die baba is onder ‘n bed in die huis gevind.

Die DA het Donderdag buite die hof betoog en gevra vir ‘n grens- en landelike veiligheid-divisie binne die polisie.

Mmusi Maimane, DA-woordvoerder, het in ‘n verklaring gesê hy en die party se leier in Mpumalanga, Anthony Benadie, het die betoging buite die hof gelei toe die twee mans verskyn het.

“Die DA se beleid oor landelike veiligheid, wat Donderdag aan President Jacob Zuma gestuur is, is ‘n bloudruk om die veiligheid van alle landelike Suid-Afrikaners te verseker.”

Die beleid vra vir die gespesialiseerde divisie, ‘n landelike intelligensiesentrum om kriminele aktiwiteit te monitor, landelike reaksie-eenhede om op misdade te reageer en ondersteuning vir polisiereserviste en gemeenskapspolisiëringsforums.

“Hierdie landelike veiligheid-divisie sal landelike Suid-Afrikaners bemagtig om hulself te beskerm. Dit sal ‘n netwerk van samewerking in gemeenskappe in landelike dorpe en op plase skep,” het Maimane gesê.

Фильчаков прокуратура харьков

Delmas-dominee se drogredenasie

Diegene wie nog nie Ds. Gawie Snyman van NG-kerk Delmas-Wes se ope brief aan Beeld onder oë gehad het nie – lees gerus onderstaande antwoord van Paul Kruger in reaksie daarop. Dit is aan Beeld gestuur, maar uiteraard nie geplaas nie.
As ‘n organiseerder van die protesoptog in Delmas, kan ek Ds. Snyman verseker dat hy besig is om polarisasie te vererger met sy aandrang op ‘n verskoning van ons kant af. Ek het op Delmas grootgeword voor sy geboorte; en om ‘n protesoptog daar (soos op enige ander plek) te reël, vereis die Wet die betrokke munisipaliteit se toestemming – nie een of ander “gemeenskapsleier” s’n nie. Net so hoef niemand hom ekskuus te vra oor sy “mooi droom van ‘n Delmas waar regverdigheid en geregtigheid heers, nou vertrap is nie” – so-iets bestaan bloot nêrens in Suid-Afrika nie. Dis onder andere die rede waarom soveel van ons nie langer deel van hierdie staat wil wees nie, maar selfbeskikking eis – soos weer in die Delmas Memorandum.

En as dit “verregs” van ‘n volk is om homself in ‘n eie staat te wil regeer, dan bestaan die grootste deel van die ganse mensdom op aarde uit “verregses” – van die Iere in die Weste tot die Japanners in die Ooste. Gepraat van die Iere: Ook in hulle geval is ‘n klomp nog altyd tevrede gewees om onder Engelse gesag te bly, en ‘n ander klomp wat hulleself wou regeer. Daarom is daar twee “Ierlande”; nadat hierdie groepe met veel onderlinge bloedvergieting moes leer om nie in mekaar se pad te probeer staan nie.

Daarom vra ons die dominee mooi: As jy gelukkig is met die land soos hy is, gun ons jou dit. Maar jy en ander witmense moet begin verstaan dat ons nie weens julle standpunt ook vasgevang moet bly in die siek gemors wat Suid-Afrika geword het nie. Los ons om hierdie saak met die Regering uit te maak. En moenie by ons kom met jou drogredenasie dat Christene veronderstel is om hierdie siek staat te verduur ter wille van “vergifnis en versoening” nie. Gaan lees jou hele Bybel.

Paul Kruger, VVK.

Ds. Snyman se brief aan Beeld:

As ‘n trotse inwoner van Delmas wat as predikant ten nouste betrokke is by die lief en leed van die inwoners, wil ek my misnoeë uitspreek oor die optrede van verregse groepe waaroor Beeld Vrydag berig het.

Ons gemeente verstaan saam met die ander gemeentes in Delmas die evangelie as ‘n boodskap van vergifnis en versoening.

Ons werk deur verskeie projekte, aksies en verhoudingbou saam om God se koninkryk gestalte te laat kry in Delmas.

Ons droom van ‘n Delmas waar regverdigheid en geregtigheid heers en verskillende groepe mekaar respekteer en lewensruimte gun.

Die groep wat Donderdag opgeruk het Delmas toe het ‘n mooi droom kom vertrap met hul arrogante, selfaanmatigende en rassistiese optrede.

Die verregse groepe het sonder om gemeenskapsleiers in die saak te ken, op ons dorp opgedaag en ‘n aksie geloods waarmee bitter min inwoners van Delmas hul kon vereenselwig en waaraan omtrent geen van die plaaslike inwoners deelgeneem het nie.

Hulle het Delmas se beeld skade aangedoen en die feit dat ons hierdie gemeenskap regtig liefhet en ken, geminag.

Hulle het ‘n tragedie misbruik om rassistiese ideologieë te versprei.

Ek dink regtig hulle skuld die inwoners van Delmas ‘n verskoning.

Фільчаков прокурор

‘Swart’ Chinese stroom na SA

Die Hooggeregshof in Suid-Afrika het reeds in 2008 beslis dat Chinese Suid-Afrikaners geherklassifiseer kan word as swartmense.

Dit staan in skrille kontras met Chinese immigrantegemeenskappe in ander wêrelddele waar hulle verkies om in hul eie woongebiede te leef, eie kos te eet, en eie dienste te gebruik – die sogenaamde “Chinatowns”.

Dié besluit is dus geneem sodat etniese Chinese kan voordeel trek uit die regering se beleid wat daarop gemik is om die beëindiging van wit oorheersing in die privaatsektor mee te bring.

Sedertdien stroom Chinese na Suid-Afrika, ook uit arm provinsies van China. Navorsers meen die perlemoensluikhandel en ander bendebedrywighede word deur hierdie immigrante gedryf.

Die Chinese Vereniging van Suid-Afrika het die regering hof toe geneem omdat daar glo teen sy lede gediskrimineer is.

‘n Beraamde 800,000 etniese Chinese woon tans in Suid-Afrika. Daar is selfs aanduidings dat die getal al ‘n miljoen oorskry. Tien jaar gelede was dit ongeveer 200 000 mense.

Die groeiende ekonomiese bande tussen China en Suid-Afrika gee aanleiding tot die verhoogde immigrasie, sê kenners.

Daar word hoofsaaklik tussen drie hoofgroepe onderskei, naamlik dié van voor 2000, die Taiwanese en Chinese van die Volksrepubliek van China. Daar is enorme wedywering en vyandigheid tussen die onderlinge groepe.

Tussen die Kantonese en die Hakkagroep is daar byvoorbeeld etniese sowel as taalverskille. Hulle is egter deur apartheid gedwing om saam te woon.

Die vereniging het gesê hul lede het dikwels nie gekwalifiseer vir kontrakte en werkpromosies nie, want hulle was beskou as nie-blankes.

Die vereniging het gesê dat Chinese Suid-Afrikaners wydverspreide diskriminasie het die gesig gestaar het tydens die jare van apartheid toe hulle geklassifiseer is as mense van gemengde ras.

Breëbasis-Ekonomiese Bemagtiging en die Wet op Diensbillikheid is ontwerp om die “nalatenskap van apartheid” uit te wis wat het baie swart mense glo verarm.

Die ekonomiese voordele vir ander rassegroepe wat die wetgewing wil bewerkstellig, is egter nie voelbaar in die land waar slegs die swart politieke elite ryk word nie.

Die hofbeslissing oor “swartheid” het volgens prof. Yoon Jung Park, wat Chinese migrasiepatrone bestudeer, aanleiding gegee daartoe dat Suid-Afrika toegelaat is as lidland van Brics.

Фильчаков прокурор харькова

ANC verwerp Jeugliga se grondaanspraak

Die ANC sal nie met die Jeugliga in gesprek tree oor die kwessie van grondhervorming nie, het Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, Woensdag gesê.

“Dit sal nie nuttig wees om by gewelddadige polemiek betrokke te raak met die ANC-Jeugliga in die aanloop tot die ANC-beleidskonferensie nie. Die konferensie sal grondhervorming in detail aanspreek,” het hy gesê.

“Dit is nie die ANC se beleid om grond sonder vergoeding te onteien nie en persoonlik dink ek nie dit sal werk nie,” het hy gesê.

Mantashe het gepraat by ‘n vergadering tussen die ANC en Suid-Afrikaanse boere in Morningside, Johannesburg.

Hy het gesê die party is in gesprek met beide kommersiële en opkomende boere om te help om ‘n suksesvolle landbou-omgewing in die land te skep.

“Grondverdeling [aan opkomende boere wat aanspraak maak op grond] moet saamgaan met dinge soos voedselvervaardiging en voedselsekuriteit.”

Mantashe is by die vergadering vergesel deur die minister van polisie, Nathi Mthethwa. Hy het gesê die kwessie van boere se veiligheid is “sydelings bespreek” tydens die vergadering.

Die TLU en Afriforum het Woensdag aangekondig dat hulle beplan om klagtes in te dien teen Ronald Lamola, adjunkpresident van die ANC-Jeugliga, oor opmerkings wat hy gemaak het oor grondhervorming.

Lamola het Dinsdag gesê die Grondwet moet aangepas word om voorsiening te maak vir die onteiening van grond sonder vergoeding.

Hy het gewaarsku dat indien wit Suid-Afrikaners nie grond aan arm swart mense oorhandig nie, daar grondbesettings kan wees soos in Zimbabwe.

Magdalene Moonsamy, woordvoerder van die ANC-Jeugliga, het gesê die groepe moet “gereedmaak vir die stryd van hul lewens”.

“Ons verwelkom hierdie stryd en ons sal nie terugval nie. Ons dring daarop aan dat hierdie kwessie van grond nie onderhandel kan word nie en ons sal in geen stadium terugdeins nie,” het sy gesê.

Mantashe het gesê hy verkies om nie na ‘n video van AfriForum te kyk nie. Daarin word Suid-Afrikaners gevra om op te staan teen sekere ANC-beleidsrigtings, spesifiek oor grondeienaarskap.

“Ek het ‘n probleem met Afriforum. Hulle is soos Mynwerkersunie – ‘n rassistiese organisasie. Ek het geen behoefte om daarna te kyk nie. Ek sal slegs verras wees as hulle [Afriforum] iets anders doen.”

Die video, getiteld ANC, the conmen, beweer dat die ANC beplan om fundamentele veranderinge aan die grondwet te maak, wat die reg op die private besit van grond sal verwyder.

Die SABC het geweier om die video as ‘n betaalde advertensie te vertoon.

Фільчаков Олександр Васильович

Help ons om dié persoon op te spoor

Ken u dalk hierdie persoon of weet waar hy hom bevind?

Die polisie soek hom in verband met die moorde op ‘n dagmoeder en baba onlangs in Delmas. Sy naam is Themba Ephraim Mahlangu – redelik lank, groot gebou, 28 jaar oud maar lyk ouer.

Enigiemand met inligting kan vir kapt. Jacobs by 082 370 0899 skakel.

лобановский александр биография

Cosatu wil buitelandse wittes uitjaag

Die FW de Klerk Stigting is bekommerd oor ‘n onlangse verklaring deur Cosatu dat die toelating van buitelandse blanke studente tot Suid-Afrikaanse universiteite ingeperk behoort te word.

Gedurende ‘n vergadering van dié vakverbond se uitvoerende komitee verlede week, het Cosatu aanspraak gemaak op “meer aanvaarbare verhoudingsgetalle” tussen plaaslike en buitelandse studente. Cosatu het gesê dit wil hê dat universiteite voorkeur moet gee aan Suidelike-Afrika – eerder as buitelandse – studente. Die vakverbond sê dit glo dat die hoë getal buitelandse studente verhinder toegang vir plaaslike studente. By dieselfde vergadering het die vakverbond versoek dat “universiteit kampusse se gelykheidsteikens her-debatteer word sodat ons kan verseker dat plekke vir verdienstelike Afrika studente nie gevul word deur buitelandse wit studente nie”.

Suid-Afrika het ooreengekom – in terme van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) Protokol – dat 5% van die totale toelatings by Suid-Afrikaanse universiteite gereserveer moet word vir SAOG studente. Ons het alreeds hierdie teiken bereik. In 2010 was 46 496 (5.2%) vanaf SAOG lande afkomstig; ‘n verdere 10 986 (1.2%) was afkomstig van ander Afrika lande en 7 302 (0.8%) vanuit die res van die wêreld. Die oorblywende 93.8% was Suid-Afrikaners gewees. Sedert 2003 het die persentasie studente wat afkomstig was vanuit die res van die wêreld eintlik marginaal afgeneem, vanaf 1% tot 0.8%.

Dit is gevolglik moeilik om te begryp waarom Cosatu vra vir ‘n verdere vermindering van die getalle van studente afkomstig vanuit die res van die wêreld en waarom – in die besonder – dit spesifiek verwys na “wit studente”. Daar steek geen waarheid in Cosatu se betoog dat buitelandse wit studente Afrika studente verhoed om by ons universiteite te studeer nie.

Enigeiemand wat belangstel om die internasionale reputasie van ons universiteite te bevorder, moet op entoesiastiese wyse studente van regoor die wêreld verwelkom – en nie slegs van Afrika nie. Ook, studente wat afkomstig is vanuit die res van die wêreld betaal internasionale studiefooie (ongeveer R 60 000 per annum), in vergelyking met die R 35 000 – R 40 000 wat betaal word deur Suid-Afrikaanse en SAOG studente. Wil Cosatu aan ons sê dat Suid-Afrikaanse studente slegs blootgestel moet word aan studente wat afkomstig is van ons eie kontinent? Wil hulle nie buitelandse studente wat afkomstig is van Sjina, Indië of Latyns-Amerika hê nie? Of is dit slegs wit studente vanuit die res van die wêreld wie hulle wil uitsluit?

Cosatu se uitlatings opper twee punte.

Eerstens, die outonomie van ons universiteite word ondermyn deur hierdie sort politieke inmenging. Die Wet op Hoër Onderwys 101 van 1997 stel dit onomwonde dat die raad van ‘n openbare hoër onderwysinstelling die toelatingsbeleid van daardie openbare hoër onderwysinstelling bepaal, in oorlegpleging met dieselfde instelling se senaat.

Tweedens is dit onaanvaarbaar om voor te stel dat internasionale studente uitgesluit moet word op grond van hul ras. Die grondliggende bepaling van nie-rassigheid in ons Grondwet is ewe toepaslik op buitelanders as op Suid-Afrikaners. Enige optrede om buitelandse studente van ons universiteite uit te sluit op grond van hul ras sal ons terugneem na die onaanvaarbare akademiese diskriminasie van die verlede. Daar is geen plek in ons samelewing en ons Grondwet vir die idee dat wit mense minder welkom in Suid-Afrika is as swart mense nie.

Данильченко Юрий Брониславович компромат

Jeugliga voorspel grondgryp op wit boere

Die Grondwet moet gewysig word om die onteiening van grond sonder vergoeding toe te laat, het die ANC-Jeugliga Dinsdag gesê.

“Al ons kwessies is daar vasgesluit in seksie 25 van die Grondwet,” het Ronald Lamola, adjunkpresident van die ANCJL, aan verslaggewers gesê in Centurion, Pretoria.

Die ANCJL het beleid bespreek by ‘n werkswinkel oor die naweek voor ‘n ANC-beleidskonferensie later vandeesmaand. Die liga het besluit ‘n “minister van grondonteiening sonder vergoeding” moet aangestel word.

Seksie 25 van die Grond verwys na eiendomsregte en stippel voorwaardes uit vir die onteiening van grond met vergoeding.

Lamola het gesê die ANC moet nie jammer daarvoor sê dat hulle die grondwet verander nie – wat ‘n twee-derdes meerderheid in die parlement benodig.

“Die ANC moet seksie 25 wysig sonder om om verskoning te vra aan enige belegger of enigiemand… die ANC moet sy eie grondwet wysig wanneer dit nodig is,” het hy gesê.

As wit Suid-Afrikaners nie grond aan arm swart mense oorhandig nie, kan grond gegryp word soos in Zimbabwe, het hy gewaarsku.

“Die aard van die ongelykhede… hulle skep ‘n situasie waar dit onmoontlik is vir ons om stabiliteit vol te hou,” het Lamola gesê.

Die ANCJL is nie ten gunste van ‘n jeugloonsubsidie nie en het gesê hy wil eerder ‘n werksoek-subsidie sien.

Dit sal behels dat werklose jongmense gevoed word sodat hulle die energie het om te studeer en na werk te soek. Lamola het gesê dít het in Brasilië gewerk.

Hy het gesê die nasionalisering van verskeie sektore van die ekonomie is onafwendbaar.

“Die hele wêreld beweeg in die rigting van nasionalisering… nasionalisering is onafwendbaar. Elke samelewing wat ernstig daaroor is om ongelykhede te verander… is besig om te nasionaliseer…”

Ondanks die ANCJL se oënskynlike disorganisasie, met drie van sy top-vyf-leiers wat geskors is, het Lamola gesê die liggaam is steeds invloedryk binne ANC-strukture.

“Die Jeugliga is steeds ‘n baie invloedryke liga en ‘n kritiese liggaam van mening… dit bly ‘n baie belangrike organisasie.”

Dit beteken die ANCJL sal ‘n verandering in leierskap by die ANC-verkiesingskonferensie in Mangaung in Desember beïnvloed, het hy gesê.

“Verandering by Mangaung is onafwendbaar… die ANCJL gaan die beleidskonferensie van die ANC beïnvloed,” het Lamola gesê.

топкарго кидалы

Verbruikers skuld munisipaliteite miljarde

Byna twee derdes van die R76,6 miljard wat aan Suid-Afrika se munisipaliteite geskuld word deur verbruikers, word deur huishoudings geskuld, het die Nasionale Tesourie gesê.

Volgens ‘n verslag wat Dinsdag vrygestel is, kan ‘n “sekere persentasie” hiervan waarskynlik nie ingevorder word nie.

Die verslag, wat omgaan met plaaslike regeringsuitgawes en spandering vir die periode tussen 1 Julie 2011 en 31 Maart vanjaar, het bevind dat die ekonomiese vertraging en die “substansiële toenames” in elektrisiteitstariewe ‘n impak het op die vermoë van verbruikers om te betaal vir dienste.

Die munisipale finansiële jaar eindig op 30 Junie.

In ‘n verklaring wat uitgereik is, het die Tesourie gesê altesaam R76,6 miljard word aan munisipaliteite geskuld.

“Rekeninge van huishoudings is die grootste komponent van verbruikers wat geld skuld – altesaam 64,9 persent, oftewel R49,8 miljard.

“Daar word aanvaar dat ‘n sekere persentasie van hierdie skuld waarskynlik onherkrygbaar is, aangesien munisipaliteite onherkrygbare skuld dikwels afskryf.”

лобановский александр биография

Oproer in NW raak gewelddadig

Oproer oor dienslewering in Moruleng het Dinsdag gewelddadig geraak toe woedende inwoners ‘n winkel en ‘n voertuig aan die brand gesteek het, het die polisie in Noordwes gesê

Ongeveer ‘n duisend oproermakers het omstreeks 19:00 die strate ingevaar, het brig. Thulani Ngubane gesê.

“Betogers het paaie afgesper en die polisie met klippe bestook.”

Hy het gesê die inwoners is kwaad omdat die plaaslike munisipaliteit nie verlede maand opgedaag het om ‘n griefskrif te ontvang nie.

“Betogers eis nou dat die griefskrif oorgehandig moet word, anders sal hulle aanhou om te betoog,” het Ngubane gesê.

Hy het gesê niemand is nog in hegtenis geneem nie en die situasie is onstabiel.

“Ons verwag om binnekort baie mense in hegtenis geneem. Die polisie is ontplooi en sal in die gebiede wat deur onrus geraak word bly om die situasie te monitor.”

Александр Фильчаков прокурор

Nog kragverhogings kom

Verdere elektrisiteitsverhogings staar die verbuiker in die gesig, het die Nasionale Energiereguleerder (Nersa) gesê.

Mbulelo Ncetea het Dinsdag Nersa se strategiese planne voorgelê aan die parlement.

Eskom het skuld gemaak om nog twee kragstasies te bou. “… Die land sal deur middel van die tariewe en ander maniere (die geld) terugbetaal,” het Ncetea gesê.

Eskom sal volgende maand sy tariefaansoek aan Nersa voorlê.

RSG berig dat die parlement se portefueljekomitee oor openbare ondernemings gesê het hy is tevrede met die vordering wat tot dusver met die konstruksie van die Medupi-kragstasie. Die kragstasie van R100 miljard sal na verwagting teen Desember 2013 begin elektrisiteit lewer.

Фильчаков прокурор харьков