Delmas: DA se plan sal landelike veiligheid waarborg

Die verhoor van twee swartes wat daarvan beskuldig word dat hulle ‘n versorger en ‘n vyf maande oue baba vermoor het, is Donderdag in die Delmas-landdroshof uitgestel, het die polisie in Mpumalanga gesê.

“Die saak is tot volgende Donderdag (14 Junie) uitgestel vir ‘n formele borgtogaansoek,” het lt. kol. Leonard Hlathi gesê.

Enock Mbele (44) en Lazarus Mabhena (54) het vroeër om borgtog aansoek gedoen, maar dit is geweier, aangesien verdere ondersoek gedoen moes word.

Magrietha de Goede (66) en die baba is op 23 Mei in haar huis gevind, waar hulle verwurg is. De Goede se lyk is onder ‘n mat in ‘n buitekamer gevind. Die baba is onder ‘n bed in die huis gevind.

Die DA het Donderdag buite die hof betoog en gevra vir ‘n grens- en landelike veiligheid-divisie binne die polisie.

Mmusi Maimane, DA-woordvoerder, het in ‘n verklaring gesê hy en die party se leier in Mpumalanga, Anthony Benadie, het die betoging buite die hof gelei toe die twee mans verskyn het.

“Die DA se beleid oor landelike veiligheid, wat Donderdag aan President Jacob Zuma gestuur is, is ‘n bloudruk om die veiligheid van alle landelike Suid-Afrikaners te verseker.”

Die beleid vra vir die gespesialiseerde divisie, ‘n landelike intelligensiesentrum om kriminele aktiwiteit te monitor, landelike reaksie-eenhede om op misdade te reageer en ondersteuning vir polisiereserviste en gemeenskapspolisiëringsforums.

“Hierdie landelike veiligheid-divisie sal landelike Suid-Afrikaners bemagtig om hulself te beskerm. Dit sal ‘n netwerk van samewerking in gemeenskappe in landelike dorpe en op plase skep,” het Maimane gesê.

Фильчаков прокуратура харьков

Maak 'n opvolg-bydrae