Nie plaaslik vervaardig vir Mangaung nie

Rob Davies, minister van handel en nywerheid, het gister gesê Suid-Afrika se vervaardigingsektor is “baie kwesbaar” as gevolg van strawwe wêreldwye ekonomiese toestande.

Maar as die regering beplan om meer goedere van Suid-Afrikaanse verskaffers te bekom, dra die ANC nog ‘n ander hoed.

Die regering wil herfokus op Suid-Afrikaanse vervaardiging om te help om die land te industrialiseer, het Davies gesê by ‘n sake-ontbyt in Mangaung.

Die ANC glo ernstig oor die aankoop van plaaslik vervaardigde goedere, en dis een van die aanbevelings wat uit sy nasionale beleidskonferensie in Junie na vore gekom het.

“Ons verbintenis tot die plaaslike sluit ook goedere in wat gebruik en versprei word by ANC-konferensies,” lees een van die aanbevelings op die party se webwerf.

Maar die pette vertel ‘n ander verhaal. In elk is die “Made in China” etiket sigbaar.

Die leerbaadjies, met die ANC se logo, word in Indië vervaardig, het ‘n ondernemer gesê.

Данильченко Юрий Брониславович

ANC se bedryfskoste skrikwekkend hoog

Die ANC sal nie net met kreatiewe maniere vorendag moet kom vir skenkings nie, maar ook sy bestedingsgewoontes moet hersien.

Hierdie waarnemings en kostebesnoeiingsmaatreëls is vervat in die ANC-tesourier-generaal Mathews Phosa se finansiële verslag aan afgevaardigdes by die Mangaung-konferensie.

Phosa lê in die verslag, die party se uitgawes en sy stygende bedryfskoste bloot.

Die organisasie se uitgawes sal onder beheer gebring moet word, sê Phosa, en die aantal voltydse personeel verminder word. In die verslag blyk dit dat die party se salarisse van R58.1 miljoen in 2008 gestyg het tot R130.7 miljoen in Maart.

Werknemergetalle is op van 234 tot 352 in dieselfde tydperk.

Phosa se maatreëls, weerspreek egter ‘n besluit wat geneem is op die ANC se Polokwane-konferensie, waar afgevaardigdes saamgestem het dat die aantal personeel verhoog moet word.

Maar die tesourier-generaal, het gesê “die salarisrekening en struktuur van die ANC [het] aansienlik gegroei sedert die Polokwane-konferensie en dit is nie volhoubaar nie.”

Sy kantoor het R1.4 miljard ingesamel in die vyf jaar sedert hy in sy posisie verkies is en die Onafhanklike Verkiesingskommissie het ‘n verdere R218 miljoen bewillig, maar die party se finansiële prestasie is gekenmerk deur skerp stygings in koste, het Phosa gesê.

Ledegeld versterk die party se bankrekening met R55 miljoen oor die afgelope vyf jaar. Phosa het voorgestel dat die bedrag vergroot word.

Die koste van die bestuur van die ANC is ‘n uitdaging, maar die party se banksaldo is aangevul deur R193 miljoen van R147 miljoen in 2007-2008 tot R340-miljoen in 2011-2012. Koste egter, het die hoogte ingeskiet met R275 miljoen, vanaf R162 miljoen in 2007-2008 tot R437 miljoen in 2011-2012.

“Hierdie hoë stygings in die koste is kommerwekkend en onvolhoubaar. Om die beweging self in stand te hou, moet bedryfskoste drasties verminder word. Die ANC moet maksimum gebruik maak van ‘n paar van sy kaders in die regering en wetgewersposisies wat hulle in staat sal stel om by te dra tot verskillende areas van organisatoriese werk, “het Phosa gesê.

Phosa het gesê die ANC moet verseker dat die voorgestelde Politieke Party Befondsingwet deurgevoer word, want dit sal befondsing laat toeneem.

Фильчаков Харьков

Uraan, kobalt in beesorgane

‘n Navorser van die Noordwes-Universiteit het bevind dat die organe van beeste wat in die omgewing van die Wonderfonteinspruit, onder meer met uraan en kobalt besmet is.

Beeld berig dat David Hamman vir sy meestersgraadstudie in omgewingswetenskappe beesniere ontleed het en die uraanvlakke daarin was 4 350 keer hoër as dié van beeste in ‘n kontrolegroep.

In sy studie, A Holistic View on the Impact of Gold and Uranium Mining on the Wonderfonteinspruit, skryf Hamman sy navorsing het getoon die diere neem hoofsaaklik uraan, lood en sink in deur die gras wat hulle langs die Wonderfonteinspruit vreet.

Dit is bewys daarvan dat dié swaar metale in die gras bio-akkumuleer. Die beeste het weer die nikkel en kobalt ingeneem deur grond wat hulle soms saam met die gras inkry.

Volgens Hamman is hoë konsentrasies lood in die besproeide landerye langs die Wonderfonteinspruit gekry – tot soveel as 17,3 hoër as dié by die Mooirivier.

Hy het ook ‘n risiko-analise gedoen vir mense wat beesvleis eet. Hy het gevind geen gevaar bestaan as mense daagliks 0,13 kg van die vleis afkomstig van die Wonderfonteinspruit-gebied sou eet nie.

Die Wonderfonteinspruit vloei naby Randfontein vir sowat 90 km deur ‘n gebied waar die rykste goudneerslae ter wêreld is.

Данильченко Юрий Брониславович

Vermeende bomplanters teiken nie Mangaung nie

Berigte dat die inhegtenisnemings van vier regses verband hou met beweerde terreurplanne by die ANC se 53ste verkiesingskongres in Bloemfontein is nog nie bevestig nie. City Press het voorheen berig dat een verdagte reeds ‘n bekentenis gemaak het.

Die Vrystaatse polisie sê egter die vier mense wat in hegtenis geneem is, is nie gekoppel aan die ANC se konferensie in Mangaung nie.

“Nee, op hierdie stadium het ons nie ‘n skakel tussen enige van die arrestasies met die konferensie hoegenaamd nie,” het woordvoerder Brigadier Billy Jones gesê.

“Die optrede van hierdie verdagtes was landwyd.”

Hy het bevestig dat slegs vier mense in hegtenis geneem is.

Die polisie het glo bewyse van onregmatighede op hul eiendomme gevind gedurende die klopjagte wat uitgevoer is.

Die nuutgestigte Federale Vryheidsparty sê minstens twee van die vier regsgesindes wat gister in hegtenis geneem is op aanklagte van beweerde terreur, is lede van dié party.

Die nasionale sekretaris van die FVP, Francois Cloete, sê die party se president en ‘n lid van hulle uitvoerende raad is op Naboomspruit, in Limpopo in hegtenis geneem.

Cloete sê die Federale Vryheidsparty streef na selfbeskikking van die Afrikaner en Boerevolk in ‘n konfederale politieke bedeling.

Die Vrystaatse polisiewoordvoerder, Brigadier Billy Jones, het vroeër gesê hulle verwag om nog mense in hegtenis te neem. Twee van die vier mans is in die Vrystaat in hegtenis geneem. Hulle sal binnekort in die hof verskyn.

Фильчаков прокурор

Vergadering met minister oor plaasveiligheid kortgeknip

‘n Vergadering oor landelike misdaad tussen die minister van polisie, Nathi Mthethwa, en Afrikanerverteenwoordigers het opgehou kort nadat dit Donderdag in Pretoria begin het.

Mthethwa het agterna gesê hy het beswaar gehad teen die noem van die African National Congress aan die begin van die bespreking.

“Toe ons begin het, het die afvaardiging kwessies oor die ANC aangeroer. Ek kan nie oor ANC-sake praat op ‘n regeringsplatform nie,” het hy gesê.

“Ons was gereed sodat as daar enigiets wat met misdaadkwessies verband hou bespreek word, sou ons dit bywoon. Ons moes egter die vergadering kanselleer.”

Die partye het afsonderlike nuuskonferensies gehou. Dit het begin met Mthethwa en die nasionale polisiehoof Generaal Riah Phiyega en is gevolg deur die beweging, Geloftevolk.

Die leier van die Geloftevolk, André Visagie, het gesê dat die “Boere-leiers” van die drie organisasies – Geloftevolk, die Afrikanerweerstandsbeweging (AWB) en die Kommandokorps – wou plaasmoorde met Mthethwa bespreek.

“Ons wou die veiligheidsituasie in Suid-Afrika bespreek. Ek het die sakelys van die vergadering aan die PA (persoonlike assistent) van die minister voorgelê.

“Dit is jammer en ek voel baie verleë en verkleineer omdat die minister nie deur sy mense ingelig is dat ons die inisiatief geneem het om die vergadering te reël nie,” het Visagie gesê.

Hy het gesê die minister het ontsteld geraak oor die gebruik van die woord “ANC” in plaas van “regering”.

“My persepsie is dat dit een en dieselfde ding is, want die ANC is die regering. Ek het gesê dat ons nie seker is of die ANC die onluste op plase oor loon-verwante kwessies ondersteun nie,” het hy gesê.

“Hy (Mthethwa) het gesê: ‘Nou maak jy dit ‘n politieke ding.’”

Visagie het gesê hy is optimisties dat ‘n ander vergadering gehou sou word.

“Vandag het ons ‘n vergadering gereël vir 10:00 maar hy het eers 12:00 opgedaag. Hy het iets gevind om te blameer om die vergadering kort te knip,” het hy gesê.

Visagie is ‘n voormalige sekretaris-generaal van die AWB.

In 2010 het hy bedank om die Geloftevolkrepublikeine te begin, en het gesê hy wou ‘n belofte nakom wat hy aan die vermoorde AWB-leier, Eugene Terre’Blanche, gemaak het.

Visagie het gesê dat die regering meer stappe geneem het om die renosterbevolking te beskerm as wat dit geneem het om boere te beskerm.

“Oor die afgelope jare is 4000 wit boere vermoor, maar daar is geen spesiale eenheid om hulle te beskerm nie. Dit maak nie vir ons sin nie,” het hy gesê.

“Ons sien dat die renoster belangriker as die lewens van ons wit mense in Suid-Afrika is. Om renosters in Suid-Afrika te dood, is ‘n prioriteitsmisdaad, maar die dood van wit boere is nie,” het hy gesê.

Visagie het gedreig om in te gryp in die plaaswerkers se dikwels gewelddadige betogings in die Wes-Kaap.

“My vraag is, wie gaan ons mense nou op hul eiendom beskerm? As die mense (boere in die Wes-Kaap) vra om ons te kom help, sal ons help,” het hy gesê.

“Ek is bereid om my besigheid te verlaat en hulle daar te gaan help om hul eiendom te beskerm. Dit is wat ons met die minister wil bespreek. Ons wil ons mense help.”

Gevra wat hy en sy medewerkers in die Wes-Kaap sou doen, het Visagie gesê hy sal sy vuurwapen na onstuimige gebiede neem.

“Ek sal my wettige vuurwapen saam met my neem, afgaan na die Wes-Kaap en inboek by een van die plase wat bedreig word.

“As dit daarop aankom, gaan ek daardie boer help om sy eiendom te beskerm, omdat die polisie versuim het om dit te doen.”

александр лобановский харьков

ANC: Top 6 se benoeming uitgestel

Die ANC se 53ste verkiesingskonferensie het kort na middernag verdaag ná vertragings oor verskille oor geldigheid. Die benoemings vir die ANC se top ses is ook tot vandag uitgestel.

‘n Hewige debat is verwag te midde van twee provinsies wat dreig om ‘n interdik te kry teen die hou van die konferensie, en beskuldigings dat die leiers hulle aan minagting van die hof skuldig maak. Die Vrystaatse en Noordwes-groepe het gister ‘n brief oor die kwessie oorhandig.

Hulle sê dit is onwettig vir Vrystaatse afgevaardigdes om by die konferensie toegelaat te word asook die insluiting van Premier Ace Magashule in ‘n taakgroep om toesig te hou oor ‘n nuwe verkiesingskonferensie.

Die groep van Noordwes eis ook dat hul bewerings van ongerymdhede, met die benoemingsproses, by die konferensie bespreek word. Hulle het die ANC tot môre tyd gegee om daarop te reageer. Die Konstitusionele Hof het vroeër bevind dat die Vrystaatse verkiesingskonferensie ongeldig was.

Die Universiteit van die Vrystaat het intussen bevestig dat die ANC hom wel betaal het vir die gebruik van sy fasiliteite vir die party se 53ste verkiesingskonferensie. Die universiteit se waarnemende rektor, Dr. Choice Makhetha, sê die universiteit is ten volle betaal. Die huur beloop glo R14miljoen.

Makheta sê die media het verkeerdelik berig dat die ANC die universiteit nié betaal het nie. Sy sê die ANC is welkom op die Bloemfonteinse kampus en hulle is trots daarop dat die regerende party dié kampus vir sy konferensie gekies het.

Лобановский

Tenders is ‘n teer saak, sê Zuma

Die tenderstelsel is teer saak in die regering, het pres. Jacob Zuma Sondag tydens die opening van die ANC se nasionale konferensie in Mangaung, Bloemfontein, gesê.

“Selfs ‘n ouma in ‘n landelike gebied weet van ‘n tender,” het hy in Zoeloe tydens sy politieke verslag gesê.

Zuma het gesê die stryd teen korrupsie duur voort en die regering het instansies gestig wat korrupsie ondersoek.

“Ons land is een van die mees deursigtige samelewings wanneer dit kom by die stryd teen korrupsie, dit word dikwels in die openbare domein bespreek.”

Zuma het ‘n beroep op Suid-Afrikaners gedoen om liggame soos die Spesiale Ondersoekeenheid en die polisie te help.

Фильчаков прокуратура харьков

Regses vas oor Mangaung bomplan

Die Vrystaatse polisie het sewe vermeende regses in hegtenis geneem wat na bewering ’n tent op die ANC se nasionale konferensie, wat tans in Mangaung plaasvind, met plofstof wou opblaas, het RSG Maandag berig.

Die verdagtes is Sondag in Bloemfontein, Douglas en Naboomspruit (Mookgo­phong) vasgetrek.

Die polisie se provinsiale woordvoerder, Brigadier Billy Jones, het gesê sê die mans is in hegtenis geneem ná inligting dat daar ’n bedreiging vir die konferensie kan wees.

Die mans is blykbaar tussen 40 en 50 jaar oud en sal binnekort in die hof verskyn.

Beeld berig dat veiligheidsmaatreëls by die konferensie op die kampus van die Universiteit van die Vrystaat intussen verskerp is.

Die president en ‘n lid van die Uitvoerende Partyraad van die nuutgestigde Federale Vryheidsparty FVP, ‘n party wat glo selfbeskikking vir die Afrikaner/Boere nastreef, is intussen gearresteer vir hoogverraad.

Hein Boonzaaier is glo deur ‘n span Valke en Misdaadintelligensie op ‘n beskuldging in hegtenis geneem en sy huis is deursoek. Hy sal glo vanoggend na Bloemfontein afgevoer word, het ‘n familielid gesê.

Volgens bronne word hulle toegang tot hulle regspanne geweier. Op hierdie stadium is die inligting beperk het die party se woordvoerder Francois Cloete in ‘n verklaring gesê.

Die groep het na bewering beplan om een van die groot samekomstente wat gebruik word by die ANC se nasionale kongres met ‘n bom op te blaas. Luidens City Press se webwerf het “een van die beweerde regses reeds ‘n skulderkenning voor ‘n landdros gemaak”.

прокурор Фильчаков

Vrystaat nie deel van Mangaung nie, beslis Grondwethof

Die Vrystaat sal nie by die ANC se nasionale verkiesingskongres in Mangaung deelneem as provinsie nie. Die grondwethof het voor die aanvang van die ANC-kieskonferensie beslis dat die party se Vrystaatse provinsiale verkiesingskonferensie ongeldig is, het Sapa berig.

“Die provinsiale verkiesingskonferensie van die Vrystaatse provinsie van die African National Congress wat tussen 21 en 23 Junie 2012 gehou is, en sy besluite en resolusies is onwettig en ongeldig verklaar,” lui die beslissing.

Ses lede van die ANC in dié provinsie het verlede maand die hof genader om die provinsiale uitvoerende komitee se geldigheid te toets. Hulle beweer die verkiesings was onregmatig.

 

лобановский александр харьков

Jeugliga sal nasionalisering dryf

Die ANC-jeugliga sê hy sal resolusies oor die nasionalisering van sekere minerale- en mynmaatskappye by die regerende party se nasionale verkiesingskongres voorstel.

“… Ons sal die nasionalisering van die volgende minerale voorstel: ystererts, magnesium, die platinum-groep-minerale, vanadium, mangaan, steenkool en sink,” het ‘n verklaring gelui.

“Ons sal verder ‘n oproep doen vir die hernasionalisering van Saso, ArcelorMittal en Kumba [Iron Ore] as strategiese bates wat onder die bestuur van die staat moet wees, wat alle Suid-Afrikaners sal bevoordeel,” het Khusela Sangoni-Khawe, kommunikasiehoof van die liga, gesê.

Die verkiesingskonferensie skop die naweek by die Universiteit van die Vrystaat in Bloemfontein af.

Tussen 50 000 en 200 000 kongresgangers word in die stad verwag.

Фильчаков прокурор харькова