Vreeslose Felix val vinnigste

Die Oostenrykse waaghals Felix Baumgartner (43) het met sy jongste poging ‘n hele paar rekords opgestel:

Die hoogste vryval;
Die hoogste bemande lugballonrit;
Die eerste vinnigste vryval;
Sowat 8 miljoen mense het hom op YouTube dopgehou: en
Hy is die eerste mens wat die klankgrens breek deur ‘n vryval.

Dit was al waaraan Baumgartner kon dink tydens sy bykans nege minute lange tuimel aarde toe. Die val is byna afgestel nadat sy gesigskerm op die laaste nippertjie begin opwasem het, maar die waaghals het besluit om deur te druk.

Hy het nie gedink aan wêreldrekords wat gebreek gaan word of die wetenskaplike inligting wat sy vryval van 39 km sal oplewer nie, sê hy. Hy wou net bly leef.

“Toe ek die eerste 10 of 20 sekondes van die sprong begin tol het, was ek teleurgesteld dat ek nie die rekord gaan haal waaraan ek sewe jaar van my lewe gewy het nie,” het hy aan verslaggewers gesê.

Dit was ‘n vreesaanjaende val uit die hel uit, het hy gesê.

“Ek het nie geweet of ek uit die tol gaan kom of nie. Ek het al die pad ondertoe baklei, want ek het geweet daar moet ‘n oomblik wees wanneer ek dit kan hanteer.”

Baumgartner het teen sowat 1 137 km/h geval. Hy het uit ‘n kapsule onderaan ‘n heliumballon gespring.

Die val na benede het sowat 9 minute geduur, waarvan 4 minute en 20 sekondes vryval was.

Dis nie die langste vryval nie. Joe Kittinger, sy hoofraadgewer, het dié rekord in 1960 opgestel. Kittinger (nou 84) het in 1960 teen 998 km/h oor ‘n afstand van 31,3 km bo die aarde vrygeval.

Baumgartner het nie besef hy het die klankgrens gebreek nie. “Ek het dit nie gevoel nie. Ek dink dit gebeur agter jou.”

‘n Stelsel wat aan sy bors vasgeheg was, het inligting oor sy hartklop, asemhaling, veltemperatuur en ander lig­gaams­inligting versamel.

Dié inligting sal navorsers help om valskerms vir spronge van ongewoon hoë hoogtes af te ontwerp.

Фильчаков прокуратура харьков

Rotterdamse museumdiefstal: Waardevolle kunswerke weg

Verskeie waardevolle skilderye is uit ‘n museum in die Nederlandse stad van Rotterdam gesteel, het die polisie Dinsdag gesê.

Volgens mediaberigte is ‘n skildery van Henri Matisse, wat deel is van ‘n private versameling wat by die Kunsthal Rotterdam uitgestal is, een van die kunswerke wat gesteel is.

Mariette Maaskant, die museum se woordvoerder, het bevestig dat van die skilderye wat gesteel is, deel is van ‘n private versameling, maar wou nie verdere inligting gee nie.

Die versameling van 150 kunswerke, insluitend skilderye van Pablo Picasso en Claude Monet, is vir die eerste keer ooit deel van ‘n openbare uitstalling. Die museum herdenk vanjaar sy 20ste bestaansjaar.

Die polisie sê dat die diefstal of laat Maandagaand of vroeg Dinsdagoggend plaasgevind het. Dit is nog nie duidelik hoe die misdadigers toegang tot die gebou gekry het nie.

данильченко юрий брониславович прокурор

IVP-lid voor kameras geskiet

‘n Ondersteuner van die Inkatha Vryheidsparty is Maandagmiddag buite die Ntuzuma-landdroshof in KwaZulu-Natal voor polisiebeamptes en televisie-kameras doodgeskiet.

‘n Raadslid van die IVP, Mdu Nkosi, sê die skote is afgevuur toe Siya Dlamini ‘n onderhoud buite die hof gevoer het in verband met ‘n ander voorval waarin ‘n ondersteuner van die party ook geskiet is.

‘n Raadslid van die Nasionale Vryheidsparty is in verband met Dlamini se skietdood in hegtenis geneem.

Die moordverdagte sal Woensdag in dieselfde hof waar die skietery plaasgevind het, verskyn.

данильченко юрій Харків

Buitelander geskiet

‘n Man van Bangladesj is vermoedelik deur twee rowers buite sy winkel in Galeshewe, Kimberley, doodgeskiet, het die polisie in die Noord-Kaap gesê.

Ao. Essie Esterhuizen het gesê die man was besig om sy winkel te sluit toe twee gewapende mans hom genader het.

‘n Struweling het ontstaan en die man is geskiet. Hy is op die toneel dood.

Die twee verdagtes het met ‘n onbekende bedrag geld, sigarette en lugtyd gevlug.

Niemand is in hegtenis geneem nie.

прокурор Фильчаков

Malema moet grond teruggee

Julius Malema, eertydse leier van die ANC-jeugliga, moet sy al grond aan die Khoisan-gemeenskap teruggee, het AfriForum Jeug Dinsdag gesê.

“Malema se voorouers het self suidwaarts getrek en sonder grond in Suid-Afrika aangekom,” het Charl Oberholzer, nasionale voorsitter van AfriForum Jeug, gesê.

“Ons is daarom van mening dat Malema geen aanspraak kan maak op die bydrae wat wit mense in Suid-Afrika gemaak het nie.”

Die organisasie het reageer op uitlatings wat Malema op ‘n troue in Harare, Zimbabwe gemaak het.

Malema het gesê jeugdiges in Suid-Afrika doen ‘n beroep op wit mense om grond en minerale hulpbronne op te gee want “toe hulle van Europa gekom het, het hulle nie enige grond na Suid-Afrika gedra nie, het Zimbabwe se Herald Online berig.

“Wat ons vra is dat hulle ons minerale opgee want hulle het nie met enige minerale gekom nie. Ons soek daardie grond en daardie minerale gratis want hulle het nooit vir daardie minerale betaal nie.”

Malema het gesê wit mense het moord gepleeg om grond te bekom.

“Hulle het eintlik mense vermoor om daardie grond en minerale te kry. Ons gaan nie vir hulle geld gee wanneer ons die grond terugneem nie want dit sal wees asof ons hulle met geld bedank vir die moord op ons mense.

“Ons sal dit nooit doen nie; min het hulle geweet ons is nie bang vir bloed nie,” het hy gesê.

“Ons wil nie oorwin word nie maar om bloed te sien is nie waarvoor ons bang is nie; solank daardie bloed vir ons gee wat ons toekom, is ons bereid om dit te doen.”

Oberholzer het gesê Malema is besig “om geweld te verromantiseer”.

“Die geskiedenis is kompleks en om ‘n verwronge weergawe daarvan te versprei, is bloot vandalisties teenoor elke Suid-Afrikaner wat wel ‘n positiewe bydrae in die land wil maak.

“As jongmense is ons hier om te bly en sal ons ook nie van ons probleme weghardloop nie. Geen gemeenskap moet terugstaan om die reg tot vreedsame naasbestaan te verdedig nie.”

Лобановский

Giftige gas ontsnap by Kraft-fabriek

Ongeveer 1400 mense is ontruim uit hul huise in Duitsland, het die owerhede gesê Dinsdag, ná ‘n chemiese ongeluk by ‘n fabriek wat deur die Amerikaanse voedsel reus Kraft bestuur word, ‘n wolk van giftige gas veroorsaak het.

Die ongeluk, in die klein dorpie van Bad Fallingbostel, naby Hanover in die noorde van Duitsland, het Maandag gebeur toe werknemers per ongeluk suur uitgestort het in ‘n tenk met natriumhidroksied-oplossing, wat ‘n chemiese reaksie veroorsaak het.

Sowat 700 brandbestryders is nog steeds besig om te probeer om die houer te koel te midde van stygende temperature en vrese van ‘n moontlike ontploffing. Tegniese kundiges probeer die suur uitpomp.

Plaaslike owerhede het noodmaatreëls afgekondig, soos die sluiting van plaaslike skole en kwekerye sowel as dele van ‘n groot snelweg in die buurt. ‘n Sone van 500 meter is afgesper.

‘n Woordvoerder vir die maatskappy het gesê niemand is tot dusver beseer nie.

“Daar is geen gevaar vir die bevolking nie, omdat ons besluit het om, saam met die owerhede, te ontruim as ‘n voorsorgmaatreël,” het Heike Hauerken gesê.

Produksie is gestaak nadat die ongeluk plaasgevind het, het sy bygevoeg.

лобановский александр игоревич харьков

Malema belowe bloedvergieting

Julius Malema, geskorste leier van die ANC-jeugliga, glo bloedvergieting kan help om grond en minerale in Suid-Afrika in die hande van armes te kry, volgens ‘n berig wat Dinsdag verskyn het.

Malema was Saterdag in Harare om ‘n huwelikseremonie by te woon en Zanu-PF-jeuglede toe te spreek, het Zimbabwe se Herald Online berig.

Hy het gesê jong swartes in Suid-Afrika doen ‘n beroep op wit mense om grond en minerale hulpbronne te oorhandig want “toe hulle van Europa gekom het, het hulle nie enige grond na Suid-Afrika saamgebring nie.

“Wat ons vra is dat hulle ons minerale opgee want hulle het nie met enige minerale gekom nie. Ons soek daardie grond en daardie minerale gratis want hulle het nooit vir daardie minerale betaal nie.”

Malema het gesê wit mense het moord gepleeg om grond te bekom.

“Hulle het eintlik mense vermoor om daardie grond en minerale te kry. Ons gaan nie vir hulle geld gee wanneer ons die grond terugneem nie want dit sal wees asof ons hulle met geld bedank vir die moord op ons mense.

“Ons sal dit nooit doen nie; min het hulle geweet ons is nie bang vir bloed nie,” het hy gesê.

“Ons wil nie oorwin word nie maar om bloed te sien is nie waarvoor ons bang is nie; solank daardie bloed vir ons gee wat ons toekom, is ons bereid om dit te doen.”

Malema het ook gesê Zimbabwe is ‘n inspirasie vir die res van Afrika.

Фільчаков прокурор

EU stel nog sanksies teen Iran, Sirie in

Die Europese Unie se ministers van buitelandse sake het ingestem om sanksies teen Iran te verskerp, het Guido Westerwelle, Duitsland se minister van buitelandse sake, Maandag gesê.

Swede is ongelukkig nadat Israel gesê het die land sal nie sanksies teen Iran instel nie. Swede het Israel se ambassadeur Maandag ingeroep om te verduidelik waarom ‘n Israelse amptenaar gesê het Swede wil eerder ‘n saketransaksie beskerm.

Die Israeliese dagblad Haaretz het berig dat Swede sal probeer om die EU om te verhoed om verdere sanksies teen Teheran in te stel om ‘n ooreenkoms tussen Ericsson en selfoon-operateur Irancell te beskerm.

“Die Swede vrees dat ander lande met problematiese menseregterekords soos China sal hoor oor die kansellasie en sal bekommerd raak oor hul bande met Ericsson,” het die koerant ‘n naamlose amptenaar aangehaal.

Die Sweedse minister van buitelandse sake, Carl Bildt het die berig “moddergooiery” genoem in ‘n onderhoud met die nuusagentskap TT by Maandag se vergadering van die EU se ministers van buitelandse sake in Luxemburg. “Dit is anonieme laster,” het Bildt aan joernaliste in Luxemburg gesê.

“Dit is nie hoe ek dink volwasse lande moet in wisselwerking met mekaar tree nie en ek sal redelik skerp reageer teen Israel,” het hy gesê.

‘n Nuwe pakket van sanksies wat deur die EU se ministers van buitelandse sake ooreengekom is, sal na verwagting handel met Iran se banke, sowel as handels-en gas invoere teiken, het diplomatieke bronne gesê.

“Ons moet die beleid oor Iran in algemene terme verskerp. Dit is nie net sanksies nie. Ons sal alles bespreek.”

Die EU het ook nuwe sanksies teen president Bashar Assad se regime ingestel.

Die EU het besluit om die bates van 28 Siriese burgers en twee maatskappye te vries, asook om ‘n reisverbod teen hulle in te stel.

Altesaam 181 mense en 54 maatskappye is nou al deur die EU op ‘n swartlys geplaas sedert die konflik in Maart verlede jaar begin het.

Die sanksies teiken mense wat verbind word aan geweld teen die rebelle en wat help om toerusting te verskaf om die rebelle te onderdruk.

Meer as 33 000 mense is al tydens die opstand in Sirië dood.

Фільчаков Олександр Васильович

Man verdrink toe fratsgolf hom tref

‘n Man van Pretoria het Saterdag ten aanskoue van sy vrou verdrink nadat ‘n fratsgolf hom op ‘n strand in Amanzimtoti getref en die see ingetrek het.

Die man en sy vrou was op die Pipeline-strand aan die Suidkus.

Volgens kol. Jay Naicker, polisiewoordvoerder, het wyle Johannes le Roux (63) en vrou, Magdaline (57) Saterdag op die strand gesit toe die fratsgolf hulle getref het.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare- 911 het gesê die man het glo aan sy vrou gesê “kruip net uit” voordat ‘n tweede golf hulle getref het.

Magdaline kon na veiligheid kruip maar Johannes het inmekaargesak.

“Lewensredders het die man uit die see gehaal maar hy was reeds dood toe paramedici by die toneel opdaag,” het Botha gesê.

Данильченко Юрий прокурор

Mans rand skoolseuns aan

Drie 14-jarige seuns is onlangs van die Moot in Pretoria deur twee onbekende mans in die Rietfontein-omgewing erg met gholfstokke aangerand.

Volgens Edward Webb, een van die tieners se pa, het die twee mans blykbaar uit hul motor in Naudéstraat gespring nadat hulle en een van die tieners ‘n woordewisseling gehad het.

Volgens Webb se seun, wat verkies om anoniem te bly, het hulle in die straat gestap waarop die mans verby hulle gery het en op hulle gegil het.

“Die bestuurder het glo stilgehou, uit die motor gespring en die seuns agternagesit. Die seuns het weggehardloop, maar die mans het hulle bly volg,” het Webb gesê.

Die mans het die drie tieners blykbaar vasgetrek en hulle met gholfstokke aangerand. Volgens Webb is al drie seuns nog erg getraumatiseerd en was vir ‘n paar dae te vreesbevange om terug skool toe te gaan.

“My kind het my dadelik gebel en vir my gesê dat hulle aangerand is. Toe ek uiteindelik by hulle kom, het ek net bloed van hul gesigte sien afstroom. Ek het myself boeglam geskrik.”

Volgens die seuns was ‘n onbekende bejaarde man ‘n ooggetuie en hy behoort meer inligting aan die polisie te kan verskaf rakende die mans.

“Ons hoop die man sal na vore kom met die inligting sodat geregtigheid kan geskied.”

Фильчаков прокурор отзывы