SAMWU vaar die strate in

SA Munisipale Werkersunie (SAMWU) se lede sal Maandag landwyd ‘n arbeidsgeskil met hul werkgewers onder algar se aandag  bring deur ‘n optog.

‘n Verwagte hofinterdik om die staking te stop, is Saterdag van die rol by die Arbeidshof geskrap.

In Johannesburg sal ‘n aantal paaie gesluit wees vir die optog deur
ongeveer 8000 mense na die stad se metro-gebou in Braamfontein om ‘n memorandum van griewe aan die stadsverteenwoordigers te oorhandig.
  
Noodsaaklike dienswerkers sal nie deelneem aan die staking nie.
  
Hierdie dienste sluit in elektrisiteit, water, sanitasie-, gesondheids-
en verkeerbeheer in. ‘n Paar metropolisielede is toestemming gegee om deel te neem.
   
Munisipale werkers eis ‘n stelsel wat posevaluering wat alle poste in die plaaslike regeringsektor sal gradeer.

Hulle het ook die SA Plaaslike Regering Vereniging  (Salga) daarvan beskuldig dat hulle werknemers afdank en daardeur dienslewering ondermyn.

инверторы сварочныеФильчаков

‘Sterf, wit skuim!’ skree plaasaanvaller

In ‘n duidelik rasgemotiveerde aanval, het ‘n plaasaanvaller gister op ‘n boervrou “Die, malungu!” en “Viva Malema” geskree toe hy haar aangerand het. Mnr. Leon Koekemoer het egter sy vrou te hulp gesnel, een aanvaller in die gang van hul plaashuis naby Brits doodgeskiet en ‘n ander in die slaapkamer met ‘n byl gekap.

Die aanval het gisteroggend om vyfuur plaasgevind. Blykbaar het joernaliste van die SAUK by die plaas aangedoen, maar besluit om geensins daaroor te berig nie aangesien dit “politieke spanning mag aanwakker”.

Twee uit die vier aanvallers het weggekom.

“Malungu” is ‘n skelwoord vir blankes wat algemeen deur swartes in Suid-Afrika gebruik word en as “wit skuim” vertaal kan word.

трансформер праймДанильченео

AWB woedend oor media se seksbewerings

Die AWB (Afrikanerweerstandsbeweging) het die volgende verklaring uitgereik ná koerante van die Independent-groep en agterna Nasionale Pers bewerings gepubliseer het dat mnr. Eugene Terre’Blanche sy voornemende moordenaar(s) eers homoseksueel sou verkrag het.

Die AWB neem met woede kennis van berigte in die Saturday Star oor die moord op mnr. Eugène Terre’Blanche en reageer soos volg:

1. By die voorverhoor van die saak teen die aangeklaagdes is Dinsdag uitdruklik gesê dat die moordenaars toegang tot die huis (waarin die moord gepleeg is) verkry het deur ’n venster. Die omstandighede waaronder die moord plaasgevind het lyk verdag, maar dit is absurd en kwaadwillig om te suggereer dat ’n huisbraakprooi sy aanvallers sou keer om hom dood te maak deur hulle te sodomiseer.

2. Hierdie inligting word nóú eers – ’n week na die wreedaardige, barbaarse en grusame moord op mnr. Terre’Blanche, bekend gemaak – ’n dag na sy begrafnis. Indien die feite waar was, sou hierdie berigte die sensasiehonger media se eerste soetsappige beweringe wees waarmee hulle kon geld maak, maar dit is nie gepubliseer nie.

Sulke kwaadwilligheid getuig van ’n gebrek aan respek vir die dood, ’n onsensitiewe en onverantwoordelike benadering jeens landsveiligheid en ’n onbeskryflike minagting vir die teerste gevoelens van wyle mnr. Terre’Blanche se vriende, familie, gesin en AWB-lede wat rou oor sy dood.

3. Die SAPD se topstruktuur bevestig telefonies uitdruklik dat die inligting in die bogenoemde koerant rakende ’n kondoom wat op die toneel gevind is:

(i) NIE van die SAPD afkomstig is NIE en NIE waar is NIE;

(ii) NIE deur die SAPD geverifieer is NIE.

Dit versterk die vermoede dat diegene wat vir mnr. Terre’Blanche se dood verantwoordelik was, hom tereggestel het MET bymotiewe, en hom nie net om die lewe wou bring oor ’n loongeskil nie.

4. Volgens verklarings (wat op versoek beëdig kan word) het mnr. Terre’Blanche nie op die dag waarop hy vermoor is, sy hartmedikasie die oggend geneem nie (wat normaalweg by hartpasiënte ’n grootse moegheid tot gevolg het) en dit op ’n oorwig van waarskynlikhede onmoontlik is dat hy energie sou hê om mense wat ingebreek het, te verkrag. (Mnr. Terre’Blanche het enkele weke voor sy dood twee stents in sy hart laat inplant.)

5. Die media moet nou begin kies of hulle mnr. Terre’Blanche as rassis wil beskou of as ’n verkragter van ’n swart jeugdige.

6. Die poging wat geloods word om mnr. Terre’Blanche self die skuld vir die moord op hom te gee deur hom van swak behandeling van sy werkers te beskuldig, het duidelik nie geslaag nie. Die soeke na alternatiewe motiewe versterk die vermoede dat die ware motief ten alle koste verdoesel wil word deur diegene wat die moord beplan het.

7. Die AWB se regskomitee het reeds ’n instruksie ontvang om, indien die beweringe in die koerant nie bewys kan word deur diegene wat dit gemaak het nie, summier deliktuele eise in te stel.

8. Ons Almagtige Hemelse Vader weet wat die waarheid is, want Hy het gesê “Ék is?… die waarheid …” (Joh 14:6). Om die waarheid uit hierdie saak te hou, is onmoontlik. Dit sal weer eens in hierdie saak bewys word.

ANDRÉ VISAGIE

SEKRETARIS-GENERAAL: AWB

инструмент ликотаАлександр Фильчаков прокурор

Geen kondoom gevind – polisie

Die polisie het vandag ontken dat ‘n gebruikte kondoom by die moordtoneel van die AWB-leier Eugène Terre’Blanche gevind is.

“Dit is ‘n valse bewering,” het die Noord-Wes-polisie se woordvoerder kaptein Adele Myburgh gesê, in reaksie op ‘n vorige berig in die Saturday Star en Pretoria News, albei koerante van die Independent-groep.

Die koerant het berig dat ‘n kondoom na bewering gebruik is in die plaashuis waar Terre’Blanche in sy slaapkamer vermoor is.

“Daar is geen kondoom gevind op die toneel waar mnr Eugene Terre’Blanche gevind is nie.”

Myburgh het gesê die polisie het geen bedoeling om enigiemand oor die feite in die saak “te mislei” nie.

“Ek is bereid om my nek in ‘n guillotine te sit en jy kan die hefboom trek as ek daaroor gelieg het.” Sy het ook gesê dat sy gehoor het van berigte wat beweer dat die nadoodse verslag reeds aan die media uitgelek is.

“Dit is nie waar nie. Dit het selfs nie die perseel verlaat nie.” Die regse leier Terre’Blanche is ‘n week gelede op sy plaas buite Ventersdorp vermoor.

‘n Man, wat 28 jaar oud is, en’ n tiener seun van 15 word van vier misdade waaronder die moord aangekla.

Terre’Blanche se lyk is deur die speurders gevind, met sy broek afgetrek en sy geslagsdele blootgestel.

Die Saturday Star en ander Indpendent-koerante het berig dat ‘n gebruikte kondoom op die moordtoneel deur ondersoekbeamptes gevind is en vir forensiese toetse gestuur is.

Een van die aanklagte teen die vermeende moordenaars in hofverrigtinge  vandeesweek was van crimen injuria.

Ten tye van die aankondiging, het die aanklaer George Baloyi verduidelik  dat die aanklag van crimen injuria soos: “… hulle het sy (Terre’Blanche se) broek op sy knieë afgetrek en sy skaamdele blootgestel.

Vandag het Mthunzi Mhaga, die woordvoerder vir die Nasionale Vervolgingsgesag, aan die koerant gesê dat geen verdere kommentaar oor die aanklag gelewer sal word nie.

“Ons het genoeg gesê. En dit is dat mnr Terre’Blanche se broek tot by sy knieë afgetrek was en dat sy skaamdele ontbloot was. Alle ander getuienis sal by die verhoor aangebied word.”

Die Johannesburgse prokureur Zola Majavu, wat die minderjarige verteenwoordig, wou nie die Saturday Star se berig oor die ontdekking van die kondoom op die moordtoneel bevestig of ontken nie.

Die AWB-leier Steyn van Ronge het aanvanklik aan die koerant gesê dat hy “nie kommentaar” oor die beweerde ontdekking van ‘n gebruik van kondome by die toneel kan lewer nie.

Later het hy aan die koerant bevestig dat hy nie bewus was van die ontdekking van ‘n kondoom nie.

“As bewyse gevind word ter ondersteuning, sal ek kommentaar lewer, “het hy gesê.

Die saak is uitgestel tot April 14. Die twee het nog nie gepleit nie.

потолочные современныелобановский класс

Geskiedkundige dag op Ventersdorp

et motorfietseDie regime se propagandamondstuk, die SAUK, het gisteraard die joernalis Faith Daniels voor ‘n leë AP Kerk op Ventersdorp afgeneem terwyl sy sê dat “baie mense verlig is dat Eugene Terre’Blanche en dít waarvoor hy gestaan het nou begrawe is”. Hiermee het die openbare uitsaaier eintlik net verwoord wat die dansende Charles Taylor-geïnspireerde swart tieners enkele dae gelede op die dorp gekraai het: “Sy moordenaars is helde.”

Die leë kerk in die agtergrond is veronderstel om uit te beeld dat daar eintlik niemand gister op Ventersdorp was nie, behalwe miskien Eugene se familie en ‘n verdwaalde groepie “regses”, die dosyn of wat Afrikaners wat daar in die land oorbly en wat ons liefs maar kan ignoreer.

Maar natuurlik was die werklikheid heel anders as die SAUK se gefabriseerde voorstelling.

Reeds half-nege die oggend het ek besef vandag gaan geskiedenis gemaak word, want by die garage op die hoek van die N14 en Hendrik Potgieterweg (lees dit weer mense: Hendrik Potgieterweg, ‘n onveranderde naam) het ‘n groep motorfietsryers, seker vytig of sestig, in hul leerbaadjies vergader. “Waarheen is julle op pad?” het ek gevra. “Begrafnis toe,” het een van hulle geantwoord.

Op die N14 tussen Pretoria en Krugersdorp het die meerderheid motors met hul ligte aan gery, in ‘n vertoning van Afrikanersolidariteit op die dag van ET se begrafnis.

VentersdorpverkeerReeds teen tienuur die oggend is die dorp een groot verkeersopeenhoping. Helikopters sirkel bokant ons en in die hoofstraat gewaar ons ‘n polisiewaterkanon. Oral by motorruite of agter op bakkies, wapper Afrikanervlae, die Vierkleur en die ou Suid-Afrikaanse vlag. ‘n Uur of wat later merk ek tot my vreugde ‘n paar Prinsevlae, met hul skoon oranje, blanje, blou op.

Ons deel ‘n paar pamflette uit, namens PRAAG en die Afrikaner-alliansie, met dieselfde boodskap as wat gister op die webwerf was, naamlik dat mense moet kalm bly en vir selfverdediging moet begin voorberei. Ons het 2000 pamflette, maar binne twintig minute het ons alles uitgedeel, sonder om ‘n tiende van die mense wat toe reeds rondom die kerkgebou versamel was, te bereik.

Van heinde en verre het hulle gekom, nie soseer omdat hulle AWB-ondersteuners is nie, maar omdat hulle wou demonstreer: “Nou staan ons Afrikaners saam!” ‘n Bussie vol mense het al die pad van Louis Trichardt af gery om daar te kan wees. Een man het selfs van Oos-Londen af per motor gereis. Jonk en oud, man en vrou, ryk en arm, boer en sakeman, werker of gedoktoreerde, ons was almal daar. Dit alles op ‘n werksdag. Soos iemand gisteraand opmerk: “Ek en my vrou wou kom, maar ons het ‘n baba en het nie kans gesien nie. Daarom, die 30 000 of meer wat daar was, kan ons met vyf maal, om uit te kom by die getal wat daar wou gewees het!”

As gevolg van die tienduisende mense wat mekaar probeer bel, is die selfoontorings oorlaai en geen selfoon werk nie. Hier en daar kon ‘n mens ‘n sms via MTN stuur, maar Vodacom het geheel en al tot stilstand gekom. Vele mans en vroue of vriende het van mekaar los geraak en sonder selfoonkontak eenvoudig in die skare verdwaal, om later in die dag herenig te word.

Per ongeluk beland ek deur ‘n agterste ingang in die stampvol kerk, as ‘n vriendelike oom my herken en my ‘n sitplek aanbied. Ons wag en gesels, met kameras wat oral flits of videokameras wat opneem. Langs my staan ‘n Franse joernalis, tesame met Yolanda Barnard van Sondag en ons praat ‘n paar woorde Frans. Die BBC is daar, die Londense Guardian, City Press, Beeld, noem maar op.

Die vreemdeling langs my vra my om sy begrafnisboekie te teken. “Dit sal vir my baie beteken,” sê hy.

“Sekerlik,” antwoord ek en vra: “Is u van die AWB?”

“Nee,” antwoord hy. “Maar ek is ‘n Afrikaner. Daarom wou ek hier wees. Ook is ek nie bang vir wat nou kom nie. Wat genoeg is, is genoeg.”

As Eugene Ney Terre’Blanche se kis uiteindelik, met die AWB-vlag daaroor gedrapeer, in die kerk ingedra word, bars dit spontaan los: “Uit die blou van ons hemel, uit die diepte van ons see…” Video hier. Die ruim binnekant van die kerk dreun daarvan, asof die dak gaan lig. Nog nooit het ek mense “Die Stem” met soveel oorgawe, soveel ingehoue emosie en opregte patriotisme gehoor sing nie. As die laaste reël van die eerste vers, “Ons vir jou Suid-Afrika”, wegsterf, gaan sit almal en ds. Ferdie Devenier begin sy preek.

Sy boodskap is dat God nie engele red nie, maar sondaars. Eugene was ‘n sondaar, ‘n dikwels omstrede mens, maar wat sy volk liefgehad het en sy lewe aan allerlei politieke aksies gewy het. Sy wrede dood het elke Afrikaner tot in sy voete geskud, of ‘n mens nou ‘n aanhanger van hom was of nie.

Die preek gaan verder oor die smal weg en die breë weg en die behoefte dat ons ons moet bekeer om gered te word. In ‘n frase wat ook op die huidige krisis waarin ons ons bevind mag slaan, sê die dominee: “Ons moet bid asof werk nie help nie. En ons moet werk asof bid nie help nie.” Hiermee vat hy vir my die essensie van die Calvinistiese lewensbeskouing saam en wat waarskynlik die Afrikaner in die komende dae en weke gaan inspireer.

Ná die lang preek met allerlei aanhalings uit die Bybel wat die hooftema illustreer, kom Andries Breytenbach, voorsitter van die Afrikanervolksfront aan die beurt. Hy praat oor Eugene Terre’Blanche wat van jongs af aan in die politiek belanggestel het en op die jeugdige ouderdom van 26 as HNP-kandidaat in dr. Verwoerd se ou kiesafdeling teen ‘n NP-kanidaat gestaan het. Toenemend het hy hom egter op die buiteparlementêre politiek toegespits en met die teer-en-veer-insident op prof. Floors van Jaarsveld bekendheid verwerf. Terwyl die media Terre’Blanche sy lewe lank verguis het en ‘n karikatuur van hom gemaak het, toon vandag se opkoms dat hy wel ‘n leier van sy mense was, meen Breytenbach.

Ná hom skuif Steve Hofmeyr agter die mikrofoon in. Hy beken dat hy Eugene goed geken het en dat hulle ten minste een keer per maand gesels het. “Twintig-tien is miskien die jaar, maar vandag is nie die dag nie,” sê Steve, volkome in swart geklee. In kommentaar op die ANC se “Skiet die boer”-liedjies, sê hy dat hy die hele FAK-sangbundel deurgegaan het. “Ek het die totale Afrikaanse liedereskat bestudeer, maar nêrens kon ek daarin ‘n lied vind wat ander volke beledig of haat jeens hulle uitspreek nie.”

“Hoor, hoor!” skree die mense en klap hande. Tydens die diens het die minister van landbou, Tina Joemat-Peterson, insgelyks in swart geklee met ‘n swart blinkleer handsak en bypassende skoene, langs ons ingeksuif, nadat ons vir haar plek gemaak het. Hier en daar in die kerk, gesaai tussen die skare wit Afrikaners, sit of staan swart joernaliste en fotograwe.

Dis die wonder van die Afrikaner. Terwyl die Angel-Saksiese media ons nog altyd as onverdraagsame rassiste uitgebeeld het en terwyl daar vir alle praktiese doeleindes ‘n volksmoord teen ons gepleeg word, gaan ons voort om ons mensliewende, vriendelike self te wees. Nadat een van ons gruwelik deur jong swartes vermoor is en ander jong swartes in die openbaar voor die TV-kameras daaroor gejuig het, laat ons geredelik swartes in ons midde toe en skuif op die kerkbank op vir ‘n ANC-minister.

Sou die Palestyne so teenoor die Israeli’s opgetree het, en andersom? Sou Franse ná ‘n moord op een van hulle deur die “Rosbifs” verteenwoordigers van daardie “Rosbifs” geredelik in hul kerk toegelaat het? Of sou Britte op hul beurt die “Frogs” in hul Anglikaanse kerk verwelkom het, terwyl ander jeugdiges op die Franse TV ronddans om te sê watter helde die moordenaars is? Dan praat ek nie eens van ons swart landgenote nie. Stel jou voor dat die ANC-jeugliga ‘n lid van die AWB by die Regina Mundi-kerk in Soweto sou verwelkom by die begrafnisdiens van ‘n ANC-leier wat deur ‘n wit Afrikaner met ‘n panga aan stukke gekap is…

Bewus van die buitelandse media se teenwoordigheid, praat Steve kort-kort Engels en doen ‘n beroep dat ons “waardig en beheersd uiteen moet gaan” sodat ons hulle nie rede gee om ons verder te verguis nie. Asof dit nodig is, asof Afrikaners nie altyd waardig en beheersd optree nie, selfs wanneer een van hulle suiwer uit rassehaat deur ander vermoor en verneder is nie.

Dan kom die diens aan sy einde en word Eugene se oorskot deur die draers uitgedra. Maar ‘n stem uit die gehoor roep uit: “Die vierde vers van ‘Die Stem’!” Met minder geesdrif as aan die begin, toe die eerste vers so uit volle bors gesing is, maar tog nie minder intens nie, klink dit nou op: “Op U almag vas vertrouend…” Daar is ‘n gemaal van fotograwe rondom die kis, met flitsende kameras.

Buite die kerk loop ek allerlei mense, bekend en onbekend raak. Almal groet en skud hande, amper asof ons familie is, verenig deur Terre’Blanche se dood. Onwaarskynlik soos dit ‘n week gelede sou geklink het, het hy vir die Afrikaner ‘n martelaar geword, byna ‘n Jopie Fourie.

Ek wil graag dat Andries Breytenbach, leier van die HNP en voorsitter van die Afrikanervolksfront met Pieter Mulder van die Vryheidsfront gesels, want op ‘n manier sal ons nou eenheid moet kry, maar ‘n joernalis van die Britse Guardian is reeds besig om Mulder te ondervra en ek moet dit maar los. Sy vrae is uit die hoogte, smalend, asof hierdie jong, dom Britse joernalis hoegenaamd verstaan het wat hy vandag hier gesien het. Soos gewoonlik antwoord Pieter versigtig, diplomaties en ignoreer sy meer beledigende vrae.

Op ‘n manier sterf die waarheid in hiedie land elke dag, net soos daar elke dag een van ons mense vermoor word.

Maar al 30 000 mense wat gister op Ventersdorp was of nie was nie, want vele het sekerlik nog in verkeersknope vasgesit toe alles al verby was, was dit gister eens: só kan dit nie langer aangaan nie.

Soos ds. Devenier gister vanaf die preekstoel gesê het: “Ons moet bid asof werk nie help nie. En ons moet werk asof bid nie help nie.”

free videoФільчаков прокурор

PRAAG, Afrikaner-alliansie vra vir kalmte en voorbereiding

In ‘n gesamentlike vergadering van die Afrikaner-alliansie en PRAAG waartydens die huidige noodtoestand onder Afrikaners gister bespreek is, word die volgende beroep op Afrikaners gedoen:

  1. Met die oog op die naderende aanslag, moet daar dringend onder Afrikaners besin word oor ‘n gesamentlike selfverdedigingstelsel.
  2. Dat alle Afrikaanse organisasies hulle onderlinge verskille sal begrawe en daadwerklik oorgaan na die stigting van ‘n Afrikanerowerheid.
  3. Dat alle Christene deur voorbeeld en voorbidding mee sal werk tot vrede in ons land.
  4. Om nie emosioneel te reageer nie, maar om rasioneel op te tree.
  5. Om nie ag te slaan op gerugte nie totdat nuus of feite deur ‘n gesaghebbende bron bevestig word.

расширительный длялобановский александр игоревич класс

‘Skiet die boer is in ballingskap’: Malema

Die woorde “Dubula ibhunu [skiet die boer]” is in “ballingskap”, en sal nie in Suid-Afrika gesing word nie, het die ANC se jeugligapresident Julius Malema Donderdag in Johannesburg gesê.

“Maar ons sal voortgaan om dit buite Suid-Afrika te sing. Die lied is nou in ballingskap. Wanneer ons dit wil geniet, sal ons in  ballingskap gaan en sing,” het Malema op ‘n mediakonferensie oor die liga besoek aan Zimbabwe gespot .

Die jeugleier het gesê hy het gereageer op ‘n oproep deur die ANC-leiers om selfbeheersing te wys na die dood van die AWB-leier Eugene Terre’Blanche.

Die woorde is verlede week verbied deur ‘n hof, ‘n uitspraak wat die ANC van voornemens is om teen te staan.

“Ons sal ‘n mooi woord daar vind om dubula ibhunu mee te vervang … so ons sal die dubula ibhunu vat en iets mooi insit.

“Ons doen dit nie omdat ons bang is vir die howe nie, ons doen dit omdat die leierskap van die ANC gesê het ons moet onsself in toom hou. Ons doen dit omdat ons respek vir die leierskap van die ANC het.”

Malema het die hofuitspraak, die howe en die Grondwet gekritiseer.

“Hierdie mense wat oor die lied besluit, is dieselfde mense wat gedurende apartheid besluit het oor die sake teen [ons] kamerade wat gesing het.

“Hulle kry hulp van die howe omdat hulle weet dat die howe ongetransformeer bly om hul politieke agendas voort te sit.

“… En dit is die rede waarom selfs Zuma nie praat oor die Grondwet nie, [Demokratiese Alliansie leier] Helen Zille sal die eerste een wees om te sê die Grondwet moet beskerm word.

“Omdat hulle weet dat die Grondwet die beskerming van hulle vorige voorregte is, hierdie Grondwet, dit is die beskerming van hul eiendom, hulle grond. Hulle weier om die grond te oorhandig in die naam van die Grondwet.”

Hy het egter bygevoeg die ANC-Jeugliga die wet respekteer, ten spyte daarvan dit “bestuur word onder voorsitterskap van ongetransformeerde mense.

“Wie is ons om die wet te ondermyn,” het hy gesê.

Malema het ook bewerings van die hand gewys dat Terre’Blanche se dood gekoppel is aan die sing van die liedjie.

“Dis nie oor die liedjie nie … hulle [die moordbeskuldigdes] wou hê wat regmatig behoort aan hulle: salaris.

“Hierdie man het ‘n afkeer gehad aan die mense waarmee hy saamgeleef het, waaronder ook die diere … die perd self wou hom nie aanvaar nie.”

Hy het gesê hy verstaan die pyn wat Terre’Blanche se familie voel en dat hulle op soek is na ‘n “sondebok”.

Malema het gesê sy besoek aan Zimbabwe was suksesvol. Hy was beïndruk deur daardie land se “moedige en militante” grondhervormingsprogram.

“Van die 4000 wit boere wat plase en grond besit het in Zimbabwe, is daar tans meer as 350,000 Zimbabwiërs wat op die plase en in landbou is.

“In wese is die staat se groter rol in die herverdeling van grond en meganisasie sal ‘n baie waardevolle bydrae in die bemagtiging van die mense van Zimbabwe.”

Malema beskou president Robert Mugabe se Zanu-PF as die enigste wettige party in Zimbabwe,  en het ander politieke spelers verwerp as “Mickey Mouse”.

Hy glo dat ‘n “volhoubare oplossing by die mense van Zimbabwe te vinde is.

“Ons weet mense het gesterf tydens die verkiesings in Zimbabwe … ons verskil met dié,” het hy gesê, en byvoeg dat die Jeugliga aan Zanu-PF-jeug gesê het dit belangrik is vir hulle om deel te neem op ‘n “vreedsame wyse “.

Hy te velde getrek teen “imperialiste” wat Zanu-PF ondermyn en onder die dekmantel van nie-regeringsorganisasies kos versprei.декоративная лепка на стенах фотоФильчаков прокурор харьков

ET moet in die see begrawe word sê Payco

Die vermoorde AWB-leier Eugene Terre’Blanche moet begrawe word in die see omdat hy nie verdien om begrawe te word op die Afrikabodem nie, het PAC se Jeugkongres, Payco, gister gesê.

“ET [sy bynaam] verdien nie om begrawe te word in Afrika se grond nie. Hy moet iewers begrawe word in sy Volkstaat in die Indiese Oseaan,” het Sello Tladi, woordvoerder vir een van die Pan-Afrikanistiese Kongres se jeuggroepe gesê.

“ET is anti-Afrika en sy hele rassistiese lewe lank gekant teen Afrikane en om hom in Afrika se bodem te begrawe sal ‘n belediging vir Afrikamense wees,” het hy gesê in ‘n verklaring voor Terre’Blanche se begrafnis in Ventersdorp Vrydag.

Tladi se spelling het hom in die steek gelaat met verwysing na Terre’Blanche se begrafnis wat hy as “burring” geskryf het.

Hulle wou ook nie hê die verhoor van die “dapper” 15-jarige en die 28-jarige wat in hegtenis geneem is vir Terre’Blanche moord op Paas-Saterdag, moet hanteer word deur ‘n wit aanklaer of regter nie, vanweë hulle rassevooroordeel van die verlede.

“Ons hoop dat die ander wit rassiste ‘n les geleer het deur middel van hierdie heldhaftige gewapende stryd deur twee swart mans teen die siek simbool van die argaïese wit heerskappy. “

Terre’Blanche is in sy bed vermoor op sy plaas buite Ventersdorp Saterdag.освобождение от физкультуры купитьДанильченко Юрий Брониславович Харьков

Cosatu ruk op vir ‘beplande aanval’ teen swartes

Polisiewoordvoerder Adele Myburgh het gesê die polisie sal ‘n wakende oog hou op die Tsing-lokasie, waar Cosatu “‘n dringende massavergadering met plaaswerkers, plaasbewoners en die Ventersdorpgemeenskappe” gereël het om saam te val met Eugene Terre’Blanche se begrafnis.

“Ons kan nie ‘n organisasie verhoed om ‘n vergadering te hou nie,” het Myburgh gesê.

“Maar ons het baie polisielede ontplooi vir Vrydag en hulle sal waak oor die lokasie ook.”

Cosatu se provinsiale sekretaris van Noordwes Solly Phetoe, sê die doel van die vergadering is om te verseker dat die plaaswerkers, plaasinwoners en die gemeenskappe rondom Ventersdorp gedissiplineerd bly en veilig is, en “het ooreengekom oor die benadering om te volg met die huidige krisis en die beplande aanval op plaaswerkers, inwoners en gemeenskappe. “

Phetoe sê die vergadering het ook bespreek wat hulle benadering tot die volgende hofverskyning van Terre’Blanche se vermeende moordenaars gaan wees.

Gastehuise in Ventersdorp is vol bespreek, meestal deur joernaliste wat sou kom van so ver as Spanje, Frankryk, Duitsland en Swede.

Die Britse Daily Star-koerant het onder die titel “Wêreldbekerkapmesbedreiging” gewaarsku teen “rondgaande bendes met kapmesse in die strate” van Suid-Afrika ná die moord op Terre’Blanche.

Die dagblad skryf dat ‘n “burgeroorlog” kan uitbreek, en Suid-Afrika se aanbieding van die Wêreldbeker kan kelder.

Myburgh het gesê die polisie sal in die gebied bly “solank hulle nodig is”.

Die begrafnisdiens sal plaasvind by die Afrikaanse Protestantse Kerk die middag.

Terre’Blanche sal dan begrawe word op sy plaas buite Ventersdorp.

Noordwespremier Maureen Modiselle sal na verwagting die begrafnis bywoon.

гайковертФильчаков прокурор харькова

Verhouding tussen ET en twee moordenaars was ‘vriendelik’

Eugene Terre’Blanche het die oggend, ure vóór sy wrede dood, drank by die drankwinkel in Ventersdorp gekoop asook drie pakkies rookgoed en vuurhoutjies in die geselskap van sy moordenaars, berig Die Burger.

’n Werknemer by die winkel sê die verhouding tussen Terre’Blanche en sy twee werkers was gemoedelik en daar was hoegenaamd geen teken van enige spanning of konflik nie.

Volgens Terre’Blanche se dogter het hy met die twee ooreengekom om hulle ná die langnaweek vir werk wat hulle in Maart gelewer het, te betaal.

Kapt. Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder, het volgens die dagblad gesê die polisie is bewus van die drie se besoek aan die drankwinkel “en dit vorm deel van die ondersoek”. Sy wou geen verdere kommentaar lewer nie.

Terre’Blanche is dieselfde middag dood op sy bed aangetref waar hy op sy plaas met ’n panga doodgekap is. Sy gesig was onherkenbaar geskend en sy broek was afgetrek.

Die twee verdagtes het eergister in die landdroshof in Ventersdorp verskyn. Die saak is tot 14 April uitgestel.

детский магазин игрушекАлександр Фильчаков Васильевич