SAMWU vaar die strate in

SA Munisipale Werkersunie (SAMWU) se lede sal Maandag landwyd ‘n arbeidsgeskil met hul werkgewers onder algar se aandag  bring deur ‘n optog.

‘n Verwagte hofinterdik om die staking te stop, is Saterdag van die rol by die Arbeidshof geskrap.

In Johannesburg sal ‘n aantal paaie gesluit wees vir die optog deur
ongeveer 8000 mense na die stad se metro-gebou in Braamfontein om ‘n memorandum van griewe aan die stadsverteenwoordigers te oorhandig.
  
Noodsaaklike dienswerkers sal nie deelneem aan die staking nie.
  
Hierdie dienste sluit in elektrisiteit, water, sanitasie-, gesondheids-
en verkeerbeheer in. ‘n Paar metropolisielede is toestemming gegee om deel te neem.
   
Munisipale werkers eis ‘n stelsel wat posevaluering wat alle poste in die plaaslike regeringsektor sal gradeer.

Hulle het ook die SA Plaaslike Regering Vereniging  (Salga) daarvan beskuldig dat hulle werknemers afdank en daardeur dienslewering ondermyn.

инверторы сварочныеФильчаков

Maak 'n opvolg-bydrae