Oor die algemeen sneeu dit in die gebied in die suide van Gauteng een keer in vyf of ses jaar. Dit lyk pragtig, soos Kersfees, sê inwoners.
Suid-Afrikaanse Weerdiens se weervoorspeller Jan Vermeulen het gesê daar is swaar wolke oor die Vereeniging Dinsdagoggend en ‘n kans op ligte sneeu oor die suide van Gauteng.
Daar was ook verslae van sneeu in Bethlehem en Clarens in die Vrystaat en ligte sneeu op Van Reenenspas.
‘n Kouefront wat oor die land beweeg het elders ook uiters koue weerstoestande oor groot dele tot gevolg.
Verskeie bergpasse en paaie in die Oos-Kaap is gisteraand ook weens swaar sneeu gesluit. Op die N9 is die Lootsberg-pas tussen Graaff Reinet en Middelburg gesluit asook die Wapadsbergpas tussen Cradock en Graaff Reinet en die Nico Malan-pas tussen Whittle Sea en Seymour.
Die R 61 tussen Cofimvaba en Queenstown is ook onbegaanbaar. Aan die Kwa Zulu-Natalse kusgebied het swaar reën gepaardgaande met hael voorgekom.
Binnelandse provinsies, insluitend Gauteng, gaan die volgende dag of twee baie koud kry.
Die kwik sal by sowat tien grade celcius sy maksimum bereik, terwyl minimum temperature oor groot dele van die land tot onder vriespunt gedaal het.

Die klub in Londen, Chinawhite, wat aan ‘n ryk Jordaniese sakeman Eyhab Jumean behoort, het Chad le Clos, die Suid-Afrikaanse swemmer wat ‘n goue medalje losgeswem het, getrakteer.
Clive Derby-Lewis gaan om mediese parool aansoek doen omdat hy siek is, het sy vrou Gaye Derby-Lewis vandag aan Eyewitness News gesê.
Die Amerikaanse minister van buitelandse sake Hillary Clinton het Suid-Afrika aangedoen om die anti-apartheidsheld Nelson Mandela vandag te sien, die het die Amerikaanse statedepartment gesê, ure ná haar aankoms op die laaste been van haar Afrika-toer.
Is Malema se besoek aan Londen vreemd? Dink weer. Dit was ‘n Britse diplomaat wat ‘n pretparkrit saam met Kim Jong-un geniet het.