‘n Litause ondersteuner het Nazi-gebare en aapgeluide gemaak tydens ‘n wedstryd teen Nigerië Dinsdag. Hy het skuldig gepleit op ‘n aanklag van “rassistiese gedrag” en is beboet met $3 910 deur ‘n Londense hof. ‘n Prokureur vir die ondersteuner het gister gesê sy kliënt het geglo dat sulke gedrag aanvaarbaar is by sportgebeure tuis.
Die Internasionale Basketbal Federasie se sekretaris-generaal Patrick Baumann het daarop aangedring dat rassistiese gedrag sal nie geduld word nie. FIBA het aan Litaue se amptenare gesê sy ondersteuners moet hulleself “goed gedra” het hy bygevoeg.
“Ons is absoluut teen enige so iets gekant en ons het aan die Litause afvaardiging aangedui dat dit beter sou wees vir hulle as hulle met hul ondersteuners kommunikeer,” het hy gesê.
Litaue, wat die bronsmedalje by die 2010 Wêreldbeker-kampioenskap gewen het, speel teen die Amerikaners Saterdag. Hulle kan gestraf word in ander kompetisies as hulle ondersteuners verdere rassistiese uitlatings in Londen maak.
“As dit gebeur, gaan dit ander gevolge hê buite die Londen Spele,” het Baumann gesê. “Dit gaan oor respek vir hul teenstanders, dit gaan oor respek vir die Spele, die Olimpiese waardes, en dit is ‘n viering van vriendskap tussen mense van regoor die wêreld.”
Olimpiese organiseerders het gesê rassistiese ondersteuners sal uit hul sitplekke gegooi word.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.