Om ‘n hoenderburger te gaan koop, kan nou beteken dat jy nie net honger is nie, maar of jy vir of teen gay-huwelike is, en die reg het om jou persoonlike sienings sonder vrees vir weerwraak rugbaar te maak.
By Chick-fil-A plekke regoor die VSA, het wit middelklasmense met hul beursies gestem ter ondersteuning van Dan Cathy, uitvoerende hoof. Cathy het in ‘n onderhoud gesê dat hy die tradisionele huwelik tussen man en vrou voorstaan.
Die kitskosresraurant het dié week met rekordverkope gespog.
Chick-fil-A is ‘n familiemaatskappy. Dit het 1615 winkels in 39 lande en 2011 was verkope $4,1 miljard.
Vrydag sal ondersteuners van gay-huwelike hulle sê sê. Hulle beplan om ‘n “massa-soen” in Chick-fil-A restaurante regoor die land te hou om gays en lesbiërs aan te moedig om ‘n openbare vertoning van liefde by die tuiste van die hoenderburger te deel.
