Man sterf na petrolbomaanval

Die bestuurder van die Kranskop-vulstasie teen die N1-hoofweg naby Nylstroom in Limpopo het Donderdag gesterf nadat ‘n beswaarde petroljoggie ‘n petrolbom in sy kantoor gegooi het.

Jaco Rossouw (34), ‘n mede-eienaar van die vulstasie, is op 6 Maart in die Muelmed-hospitaal in Pretoria opgneem nadat hy 95% brandwonde opgedoen het.

Die petroljoggie het die petrolbom deur Rossouw se kantoorvenster gegooi en het self brandwonde aan sy arms opgedoen.

Geskokte motoriste by die vulstasie het die vlamme op Rossouw se liggaam met ‘n brandblusser geblus.

Volgens lt. kol. Malasela Ledwaba, polisiewoordvoerder, sal Joseph Maphurumela (32) en sy medepligtige Almon Mohlala (38) van moord aangekla word.

Maphurumela is in aanhouding en sal op 28 Maart in die hof verskyn vir sy borgtogaansoel.

Mohlala is verlede week in hegtenis geneem en op R1000 borgtog vrygelaat. Hy het glo by die vulstasie gewerk.

воронеж техноФильчаков прокурор харькова

Cosas draai teen Malema

Die Congress of SA Students (Cosas) voel die leier van die ANC-jeugliga, Julius Malema, gee sy jeugbeweging ‘n slegte naam, en sal Malema nie ondersteun in sy veldtog vir ‘n tweede termyn nie, het Cosas-voorsitter Bongani Mani Donderdag gesê.

“Ons ondersteun nie vir Julius Malema vir ‘n tweede termyn nie want die karakter van die jeugliga word bedreig onder sy leierskap,” het Mani gesê.

Cosas sal glo eerder die Gautengse voorsitter, Lebogang Maile, ondersteun.

Mani het bygevoeg dat sake wat die jeug raak, soos onderrig, geïgnoreer word.

“Hulle veg onder mekaar en kom gewapen na elke vergadering, so ons het nie meer vertroue in hulle nie,” het Mani gesê.

“Hy is die een wat die leierskap van die ANC en die alliansie beledig. Die jeugliga is die jeugliga van die ANC en [as hy ‘n probleem het] moet hy reguit na die ANC gaan.”

Mani sê Cosas in sy geheel deel dié mening oor Malema.

“Dis ‘n amptelike posisie. Ons rapporteer al hierdie probleme aan die jeugliga… maar geen aksie word geneem nie.”

ле шато брион фиалка фотолобановский александр дочь

SA het wapens aan Libië verskaf

Tydens vraetyd in die Na­sionale Vergadering, het Radebe, voorsitter van die nasionale komitee vir die beheer van konven­sionele wapens (NCACC), gesê het Suid-Afrika het meer as R80 miljoen se wapentuig aan Libië verkoop.

Dit sluit valskerms, allerlei soorte patrone, nagsig-oerusting, laserbeheerde afstandmeters, haelgewere en gepantserde voertuie in.

David Maynier, DA-LP, wou weet of skerpskuttergewere ook deel was van die besending wapens wat deur die NCACC goedgekeur is. Radebe wou nie kommentaar lewer nie, waarna die Maynier Radebe daarvan beskuldig het dat hy “bloed aan sy hande het”.

Maynier se beskuldiging het ANC-lede ontstig en adv. Mike Masutha het beswaar aangeteken. Max Sisulu, speaker, het daarna Maynier gevra om die opmerking terug te trek. Nadat Maynier geweier het, het die ampswag hom na buite gelei.

Die Wet op die Nasionale Komitee vir die Beheer van Konven­sionele Wapens beheer sedert 2003 wapentransaksies en die NCACC lê jaarliks verslae aan die parlement voor.

Die Suid-Afrikaanse regering het reeds ‘n verbod op alle wapenbesendings na Libië, of enige land in die Midde-Ooste wat tans deur dreigende geweld geraak word, geplaas.

 

gambling inФильчаков прокурор

Geen dienste, geen belasting

Die Vryheidsfront Plus glo dat die nuwe Wet op Verbruikersbeskerming wat om middernag, 31 Maart 2011, in werking tree van toepassing moet wees op alle munisipaliteite. Daarom is die party teleurgesteld dat die minister van Handel en Nywerheid, mnr. Rob Davies, klein- en middelslag-munisipaliteite vrygestel het van die Wet. Volgens adv. Anton Alberts, VF Plus-parlementêre woordvoerder oor Handel en Nywerheid, is dit duidelik dat die regering bang is dat ‘n vloedgolf van klagtes oor swak dienslewering by die Verbruikerskommissie ingedien gaan word. “Eintlik kom die Wet se intreding op ‘n ongeleë tyd vir die ANC, want die meeste klagtes gaan kom van ANC-beheerde munisipaliteite. Nou doen hulle skadebeheer deur te sorg dat net die groot munisipaliteite aangekla kan word. Dit gaan egter nie die ANC help nie, want groot metrorade soos onder andere Johannesburg, Pretoria en Durban word ook deur die ANC beheer,” het Alberts gesê.

“Die VF Plus het daarom besluit om die inwoners van die groter munisipaliteite by te staan in hulle klagtes aan die Verbruikerskommissie. Die party gaan binnekort ‘n kliëntediens-webwerf loods om hiermee behulpsaam te wees,” het Alberts verder gesê. “Dis tyd dat die belastingbetaler waarde vir sy geld kry. Indien dienste swak is, moet die Verbruikerskommissie gelas dat verminderde tariewe betaal word. Waar geen dienste ontvang word nie, moet geen tariewe betaalbaar wees nie.”

Volgens Alberts is dit in lyn met die VF Plus se filosofie van ‘geen dienste geen belasting’.

насосное оборудование харьковДанильченко Юрий Харьков

‘Weste sal in asblik van geskiedenis beland’

Westerse magte, sê Libië se leier, sal in die asblik van die geskiedenis beland. Gaddafi se troepe het rebelle se opmars gestuit, ten spyte van vier nagte van aanvalle uit die lug.

Terwyl Westerse lugkrag Gaddafi se vegvliegtuie op die grond gehou het en sy troepe en wapens tot op die rand van Benghazi teruggedryf het, het ongeorganiseerde en swak toegeruste opstandelinge misluk om te kapitaliseer op die grond en vasgepen gebly.

Die rebelle blyk nie in staat te wees om Gaddafi se magte te verdryf van die sleutelaansluiting van Ajdabiyah in die ooste nie, terwyl regeringstenks  die laaste groot baken van Misrata oorheers. Daar is ‘n groot risiko van ‘n dooiepunt op die grond, sê ontleders.

Ten minste twee ontploffings is gehoor in die Libiese hoofstad, Tripoli, voor dagbreek Woensdag, het getuies aan Reuters gesê. Geen anti-lugafweervuur kon gehoor word in die stad nie. Geen verdere besonderhede was nog beskikbaar nie.

“Ons sal nie oorgee nie,” het Gaddafi vroeër aan ondersteuners belowe wat ‘n menslike skild om hom te beskerm, by sy Tripoli-woning gevorm het.

“Ons sal hulle verslaan op enige manier … Ons is gereed vir die stryd, of dit ‘n kort of lang een word… Ons sal oorwin in die einde,” het hy gesê tydens ‘n lewendige televisie-uitsending, sy eerste openbare optrede in ‘n week.

“Hierdie aanval … is deur ‘n klomp van fasciste geloods wat uiteindelik in die asblik van die geskiedenis sal opeindig,” het Gaddafi in ‘n toespraak gevolg deur vuurwerke aan skares in die hoofstad belowe. Die gejuig van ondersteuners is met geweervuur in die lug begroet.

Die Libiese regering ontken dat die weermag enige aanstootlike dade gepleeg het en sê troepe veg alleen om hulself te verdedig wanneer hulle aangeval word.

Die beleg van Misrata, nou reeds weke oud, word toenemend desperaat, met water  wat afgesny word vir dae en voedsel wat opraak. Dokters behandel pasiënte in die hospitaalgange en baie van die gewondes moet onbehandeld eenvoudig omdraai.

Westerse vegvliegtuie het meer as 300 sorties oor Libië gevlieg en meer as 162 Tomahawkkruismissiele afgevuur om Libiese burgers te beskerm teen regeringstroepe.

Obama het gesê sy land se bondgenote moet in staat wees om binnekort aan te kondig dat hulle die doel van die skep van ‘n vliegspergebied bereik het.

“Ons sal voortgaan in ons pogings om die Libiese mense te beskerm en te ondersteun, maar ons sal nie leiding neem nie,” het Obama gesê.

Obama, wat talle vrae tuis oor die Libiese missie moet trotseer oor die duur en die koste, wil binne enkele dae sien dat die Verenigde State operasionele beheer oor die handhawing van die vliegspergebied verkry.

Obama het met die Franse president Nicolas Sarkozy en die Britse eerste minister David Cameron Dinsdag vergader en hulle het ingestem dat NAVO ‘n belangrike rol moet speel in die handhawing van die Libiese vliegspergebied, het die Withuis gesê.

Frankryk is teen ‘n NAVO-rol gekant uit vrees dat dit Arabiese steun sal vervreem terwyl Turkye ook gekla het dat lugaanvalle reeds die VN-mandaat oorskry het. Maar beide lande se besware is oorkom, het Amerikaanse amptenare gesê.

Die plan is om NAVO se bevelstruktuur te gebruik onder politieke leierskap van ‘n “stuurliggaam” wat bestaan ​​uit Westerse en Arabiese lede om Libië se lugruim te polisiëer, het diplomate gesê.

playФильчаков

Brasilië eis dat Libiese burgers beskerm word

Brasilië is ongelukkig met die dodetal in Libië en eis ‘n wapenstilstand in die land so gou as moontlik, het die departement van buitelandse sake verklaar.

‘n Skietstilstand moet die Libiese burgers beskerm en die weg baan vir ‘n oplossing vir die krisis deur dialoog, het die departement gesê.

Brasilië het, net soos China, Indië, Duitsland en Rusland, nie deelgeneem aan ‘n stemming in die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad om goedkeuring te verleen vir die gebruik van geweld om ‘n vliegspergebied oor Libië af te dwing nie.

Brasilië het by dieselfde geleentheid ondersteuning uitgespreek vir die VN en die Afrika-Unie se oproep vir ‘n onderhandelde en volhoubare oplossing.

Lugaanvalle op Libië deur Amerikaansgeleide magte het Saterdag begin.

купить недорого пальтоФильчаков прокурор

Denemarke wil Arabiese opstande steun

Nóg ‘n groep lande het by Frankryk, Brittanje en Amerika aangesluit in ‘n internasionale veldtog om ‘n vliegspergebied oor Libië te bekragtig.

Noorweë, Denemarke, Kanada en België het almal vegvliegtuie gestuur om Moeammar Gaddafi se magte, wat na bewering burgerlikes in dié land aanval, op hul knieë te bring.

Die Deense regering wil ‘n sterk standpunt ter ondersteuning van die opstande in die Arabiese wêreld inneem, het dié land gesê.

Anders as met hul vorige militêre avonture in Afganistan en veral Irak, word die regering plaaslike sterk gesteun vir hulle betrokkenheid by Libië.

светильники для душевых помещенийФильчаков

Jemen se leier klou

President Ali Abdullah Saleh van Jemen het gesê ‘n militêre staatsgreep sal tot ‘n burgeroorlog lei en het gesê hy sal teen die einde van die jaar uit te tree.

Hy wil egter nie mag aan militêre leiers, wat by die opposisie in dié land aangesluit het, oorhandig nie.

“‘n Nuwe rigting in die militêre opset sal die hele land negatief raak,” het Saleh in ‘n waarskuwing, wat landwyd op televisie uitgesaai is, aan weermaglede gesê. “Die land is veel groter as die ambisie van enkele individue wat mag wil bekom.”

Daar was geen onmiddellike reaksie deur die opposisie, aan wie geestelikes en stamme lojaal is, nie. Weermaglede met invloed het ook by die opposisie aangesluit.

Saleh het vroeëre eise dat hy moet uittree verwerp.

играшкилобановский депутат

ANC-lede bestorm kantoor

Ontstigte lede van die ANC het dié party se provinsiale kantore in die Wes-Kaap Dinsdag binnegeval nadat die verkiesingskandidate in 16 wyke aangewys is.

Volgens Songezo Mjongile, sekretaris van die ANC in die Wes-Kaap, was die “ongedissiplineerde” lede ontevrede oor die ANC se nuutste verkiesingskandidate wat in die Wes-Kaapse wyke aangewys is.

“Die ANC keur glad nie hierdie tipe gedrag goed nie,” het hy gesê.

“Hulle het daarop aangedring dat hulle kandidate aangestel word, sonder dat die nodige prosedures gevolg word.”

Die groep het ‘n deur afgeskop en die provinsiale leiers van die ANC gedreig.

Na bewering is die hulp van die polisie ingeroep en is die ontevrede lede uit die gebou verwyder.

игры для дитейлобановский александр харьков

Zuma veroordeel bombardement

President Jacob Zuma op Maandag gewaarsku teen buitelandse militêre ingryping in Libië en gesê lande kan nie die terme van Resolusie 1973 van 17 Maart oorskry om ‘n vliegspergebied af te dwing nie.

Zuma het by die Menseregtedag-vieringe in Athlone buite Kaapstad gesê die militêre optrede strek wyer as die resolusie wat deur die Veiligheidsraad aanvaar is.

“Suid-Afrika verbind homself tot die posisie van die Afrika-Unie se Vrede en Veiligheidsraadsbesluit van 10 Maart, wat Afrika se sterk verbintenis tot die nakoming van die eenheid en territoriale integriteit van Libië onderskryf, en beklemtoon Afrika se verwerping van enige vreemde militêre ingryping, ongeag die vorm.”

“Die VN-Veiligheidsraad se resolusie moet in werking gestel word in die letter en gees soos wat dit deur alle lede van die VN-Veiligheidsraad begryp word.”

“Suid-Afrika sê nee vir die doodmaak van burgerlikes, nee vir die doktrine om ‘n regime-verandering teweeg te bring en nee vir die buitelandse besetting van Libië of enige ander soewereine staat.”

Amr Moessa, sekretaris-generaal van die Arabiese Bond, het reeds die VSA en bondgenote verwyt dat hul lugaanvalle vir burgerlike ongevalle verantwoordelik is.

Britse minister van buitelandse sake William Hague het Maandag geweier om die moontlikheid van die implementering van spesiale magte uit te skakel en net gesê daar sal geen besetting van Libië wees nie.

Vladimir Putin, Russiese premier, S.M. Krishna, Indië se minister van buitelandse sake, en Boiko Borisof, Bulgaarse premier, het ook die VSA, Frankryk en Brittanje se ingryping veroordeel.

Zuma het ‘n beroep op die VSA, Brittanje, Frankryk en  hulle Arabiese bondgenote gedoen om militêre ingryping te beperk tot die bepalings van die VN-resolusie.

Hy het ‘n onmiddellike skietstilstand gevra.

Aanvalle deur die VSA en bondgenote op militêre teikens in Libië het Maandag voortgeduur.

купить игрушкулобановский политик