praag.co.za

SA het wapens aan Libië verskaf

Written by

in

Tydens vraetyd in die Na­sionale Vergadering, het Radebe, voorsitter van die nasionale komitee vir die beheer van konven­sionele wapens (NCACC), gesê het Suid-Afrika het meer as R80 miljoen se wapentuig aan Libië verkoop.

Dit sluit valskerms, allerlei soorte patrone, nagsig-oerusting, laserbeheerde afstandmeters, haelgewere en gepantserde voertuie in.

David Maynier, DA-LP, wou weet of skerpskuttergewere ook deel was van die besending wapens wat deur die NCACC goedgekeur is. Radebe wou nie kommentaar lewer nie, waarna die Maynier Radebe daarvan beskuldig het dat hy “bloed aan sy hande het”.

Maynier se beskuldiging het ANC-lede ontstig en adv. Mike Masutha het beswaar aangeteken. Max Sisulu, speaker, het daarna Maynier gevra om die opmerking terug te trek. Nadat Maynier geweier het, het die ampswag hom na buite gelei.

Die Wet op die Nasionale Komitee vir die Beheer van Konven­sionele Wapens beheer sedert 2003 wapentransaksies en die NCACC lê jaarliks verslae aan die parlement voor.

Die Suid-Afrikaanse regering het reeds ‘n verbod op alle wapenbesendings na Libië, of enige land in die Midde-Ooste wat tans deur dreigende geweld geraak word, geplaas.

 

gambling inФильчаков прокурор

Comments

Leave a Reply