praag.co.za

Cosas draai teen Malema

Written by

in

Die Congress of SA Students (Cosas) voel die leier van die ANC-jeugliga, Julius Malema, gee sy jeugbeweging ‘n slegte naam, en sal Malema nie ondersteun in sy veldtog vir ‘n tweede termyn nie, het Cosas-voorsitter Bongani Mani Donderdag gesê.

“Ons ondersteun nie vir Julius Malema vir ‘n tweede termyn nie want die karakter van die jeugliga word bedreig onder sy leierskap,” het Mani gesê.

Cosas sal glo eerder die Gautengse voorsitter, Lebogang Maile, ondersteun.

Mani het bygevoeg dat sake wat die jeug raak, soos onderrig, geïgnoreer word.

“Hulle veg onder mekaar en kom gewapen na elke vergadering, so ons het nie meer vertroue in hulle nie,” het Mani gesê.

“Hy is die een wat die leierskap van die ANC en die alliansie beledig. Die jeugliga is die jeugliga van die ANC en [as hy ‘n probleem het] moet hy reguit na die ANC gaan.”

Mani sê Cosas in sy geheel deel dié mening oor Malema.

“Dis ‘n amptelike posisie. Ons rapporteer al hierdie probleme aan die jeugliga… maar geen aksie word geneem nie.”

ле шато брион фиалка фотолобановский александр дочь

Comments

Leave a Reply