Getuie voer openbare veldtog teen Basson

Prof. Steven Miles, deskundige getuie in die RGSA-saak teen dr Wouter Basson, gaan twee openbare lesings hou “ter verheldering” van sy aantygings teen Basson.

Die Steve Biko Sentrum vir Bio-etiek by Wits universiteit sal die “saak teen apartheid-era se biologiese oorlogvoerder dr Wouter Basson” soos Miles dit sien, aanbied.

Miles sê die lesings is “baie aktueel” omdat Basson tans op aanklagte van onetiese en onprofessionele gedrag voor ‘n professionele gedragskomitee van die RGSA gedaag is.

Miles is glo ‘n kenner in die mediese etiek en beskou homself as ‘n ​​”kampvegter vir menseregte”. Hy is ‘n professor van Geneeskunde aan die Universiteit van Minnesota se Mediese Skool en ‘n Fakulteitlid by die Sentrum vir Bio-etiek.

Hy is ook ‘n praktiserende geneesheer wat voorheen ondermeer as hoof mediese beampte in ‘n Kambodjaanse vlugtelingkamp gedien het. Miles se boek Oath Betrayed, handel oor die diepgaande verraad van tradisies wat die mediese korps van die Amerikaanse gewapende magte gevorm het en van Amerika se abdikasie van sy leierskapsrol in internasionale menseregte .

Hy sal in sy eerste lesing sy persoonlike indrukke gee van die getuienis in die Bassonsaak, sê hy. Dit vind plaas op Maandag, 2 April 2012 vanaf 13:00 in die Len Miller Lesingsaal, 9de Verdieping, Wits Fakulteit Gesondheidswetenskappe, Yorkweg 7, Parktown, Johannesburg.

Die tweede lesing, getiteld Dokters en Misdade teen die Mensdom, vind op dieselfde dag plaas vanaf 18h00 op dieselfde plek.

Данильченко Юрий прокурор

Mathale, ekonomiese rewolusie leef

Limpopo se premier Cassel Mathale herstel in die hospitaal nadat hy Donderdag in ‘n motorongeluk in die Ga-Sekgopoberg betrokke was.

Die premier was van ‘n regeringsgeleentheid oppad toe die ongeluk plaasgevind het, het die ANC se provinsiale woordvoerder Makondelele Mathivha gesê.

“Die ANC is gelukkig dat sy provinsiale leier, wat geringe beserings opgedoen het, goed aansterk in die hospitaal en steeds opgewek is,” sê Mathivha.

Volgens die polisie, het Mathale se bestuurder beheer oor die motor verloor in die reënweer op Moeketsi en Polokwane se paaie.

Mathiva het gesê die premier is in staat was om te praat en dokters het bevestig dat dit “goed gaan” met hom.

“Ons verwag om hom binnekort te ontslaan te sien. Hy het eintlik geskerts en almal van ons gemaan om nie paniekerig te raak nie. Die ekonomiese vryheidsrewolusie is beslis nog springlewendig, het hy gesê.”

лобановский александр игоревич харьков

MTN glo in wapen- en omkoopnes

MTN, Afrika se grootste voorsiener van koordlose telekommunikasiedienste, (wireless operator) het amptenare omgekoop, gesprekke tussen Iranse en Suid-Afrikaanse leiers gereël en selfs wapens en steun vir Iran by die VN beloof in pogings om ‘n lisensie te bekom om ‘n mobiele foondiens (selfoondiens) in Iran te bedryf.

Die bewerings is Donderdag in ‘n Amerikaanse hof gemaak deur Turkcell Iletisim Hizmetleri AS (TCELL) wat aanvanklik die lisensie in Iran gekry het maar dit toe skielik ontneem is. Turkcell eis skadevergoeding ten bedrae van $4.2 miljard van MTN in ‘n saak wat in Washington aanhangig gemaak is.

Getuienis wat glo deur die Turkse maatskappy voorgele sal word, sluit in ‘n groot aantal interne memo’s van MTN waarin in die Suid-Afrikaanse maatskappy se pogings om die kontrak te bekom in groot detail uiteengesit is.

Die tender vir die diens in Iran is toentertyd bestempel as die grootste nuwe internasionale telekommunikasie geleentheid in die wêreld.

MTN het laat Donderdag aangedui dat hulle die eis sal teenstaan. In ‘n verklaring sê MTN dat daar geen basis vir die eis is nie en geen wetlike gronde om dit in ‘n Amerikaanse hof aanhangig te maak nie.

MTN se aandeelprys op die JEB het gister op 137.40 gesluit wat 1.5% laer is as die van die vorige dag.

Volgens die memo’s wat by die hof ingedien is, het MTN sy poging om die kontrak te bekom “Project Snooker,” gedoop. In die stukke word betalings aan Javid Ghorbanoghli, destyds Iran se adjunk-minister van buitelandse sake en ook aan Yusuf Saloojee, Suid-Afrika se ambassadeur in Teheran destyds, uiteengesit. Hulle is glo onderskeidelik $400,000 en $200,000 betaal

In ‘n memo op 21 September 2005, bestempel MTN se destydse uitvoerende hoof, Phuthuma Nhleko, die lisensiekontrak as een van die belangrikste telekommunikasie geleenthede in die wêreld.

Volgens hom het MTN “signed agreements with Iran that week ‘under duress’ in order to ‘book our place at the foot of the mountain'” het hy glo geskryf. (Nhleko het Donderdag nie dadelik kommentaar gelewer op ‘n navraag na sy kantoor nie.)

Volgens die eisers het MTN die Suid-Afrikaanse regering oorreed om by drie geleentheid in 2005 en 2006 buite stemming te bly tydens besluite deur die Internasionale Atoomkragagentskap. Die Iraniers het glo toekenning van die lisensie teruggehou om te sien hoe Suid-Afrika stem en drie dae nadat Abdul Minty, SA se verteenwoordiger by die agentskap op 24 November 2005 buite stemming gebly het, is die lisensie toegeken.

Die eisers beweer ook dat MTN ‘n aktiewe rol gespeel het om wapentoerusting, insluitende Rooivalk-helikopters, G5-kanonne, sluipskuttergewere, pantsertroepedraers en ander gesofistikeerde toerusting, aan Iran gelewer te kry. Die toerusting is egter toe nooit aan Iran verkoop nie en dit het die Irannese woedend laat reageer.

Bewerings word ook gemaak oor gesprekke wat gereël is tussen hoogeplaasde Iranese amptenare en Suid-Afrikaanse politieke leiers, insluitende die destydse president Thabo Mbkei en die minister van verdediging, Patrick Lekota.

In een stadium is Iran se destydse minister van buitelandse sake glo na Suid-Afrika gestuur om regstreeks by Mbeki ‘n duidelike antwoord te kry oor SA se belofte om wapens aan Iran te verkoop.Nog meer opspraakwekkende bewerings kan in die verloop van die saak na vore kom, berig internasionale nuusagnetskappe.

topcargo

Japan wil Nkandla-tee verkoop

Suid-Afrika sal binnekort KwaZulu-Natal se tee na Japan bemark en verkoop, het premier Zweli Mkhize gesê, volgens ‘n berig Donderdag.

Die ooreenkoms sal na verwagting plaaslike landelike ekonomiese ontwikkeling stimuleer in die provinsie en werk skep, het die Business Day berig.

Terwyl hy uit Japan gesels het gedurende ‘n vier-dag besoek om belegging in Suid-Afrika aan te moedig, het Mkhize gesê een van die betrokke Japannese maatskappye is gefokus op die verbouing en verwerking, terwyl ‘n ander teeprodukte koop en verkoop.

Hy het ook gesê daar is planne om teeproduksie te verhoog by die Ntingwe-teelandgoed in Nkandla. Dit is die enigste oorblywende teelandgoed in die streek en 600 plaaslike mense is daar in diens.

Die gebied, 280km noord van Durban, het ‘n rykdom van ongerepte woude wat spog met verskeie inheemse spesies. Nkandla word ook beskou as die “wieg van Zoeloegeskiedenis”, van Malandela tot Shaka, Dingane en Cetshwayo. Die grafte van Koning Malandela en Cetshwayo is in Nkandla.

Данильченко Харьков

Gautengse premier roep ‘soldate op teen volksmoord van MIV’

Gauteng se premier Nomvula Mokonyane het Donderdag gesê die uitwerking van MIV/vigs  is ‘n “volksmoord” wat die Suid-Afrikaanse ekonomie sal verlam as niks gedoen word om die pandemie te bekamp nie. ​​

“As hierdie situasie nie dringend aandag kry nie, het dit ‘n potensiaal om ongekende ellende te veroorsaak as ‘n gevolg van dalende produktiwiteitsvlakke wat noodwendig ‘n verlammende effek op die ekonomie het.”

Mokonyane het gepraat by die opening van die Gauteng-Vigs-beraad in Turffontein, Johannesburg.

Sy het gesê die konferensie was die ideale platform om die gevolge van die siekte op die land te bespreek.

“Maar as ons bewus is en oortuig dat ons gekonfronteer word met ‘n bedreiging van volksmoord, sal ons weet dat ons nie ‘n beter kans of keuse het as om hierdie beraad te benader met ‘n houding van ‘n soldaat wie se enigste voorneme is om die vyand uit wis en te verhoed dat volksmoord plaasvind nie.”

Sy het gesê die aantal vigs-verwante sterftes het ‘n hoogtepunt bereik in 2007, maar het ‘n aansienlike afname getoon met die bekendstelling van anti-retrovirale behandeling (ART) in 2004.

Die DA het die premier geloof. LPW Jack Bloom het gesê hy is tevrede met die vordering, maar gewaarsku dat die land nie selfvoldaan moet wees nie.

“Die Demokratiese Alliansie onderskryf die doel van die vermindering van nuwe MIV-infeksies met minstens 50 persent teen 2016. Behandeling is duur, so gedragsverandering is krities en dit begin deur dit te toets en te weet wat ‘n mens se status is.”

Die konferensie eindig Vrydag.

Данильченко Юрий отзывы

SA weer afgegradeer

Die regering en ontleders het die “harde” jongste afgradering van Suid-Afrika se ekonomiese vooruitsigte, sy derde in vier maande, gekritiseer.

Standard & Poor’s het die land se ekonomiese vooruitsigte gister van stabiel na negatief afgegradeer, en het sosiale onrus en voorgesette politieke debat uitgesonder as kwelpunte.

Die Amerikaanse agentskap het gesê die vooruitsigte is donker omdat hoë werkloosheid en die opgeblase regeringslonewetsontwerp sal waarskynlik deel wees van 2014 se nasionale verkiesingsdebat en kan druk op die ANC uitoefen om beleid aan te pas.

S & P se aankondiging is gemaak slegs ‘n paar weke nadat die minister van finansies, Pravin Gordhan, graderingsagentskappe gekritiseer het omdat hulle Suid-Afrika nie genoeg krediet vir bestuur op ‘n teen-sikliese wyse gee nie.

Hy het agentskappe beskuldig daarvan dat hulle hul eie swakhede ignoreer, soos hul versuim om in 2008 die Europese ekonomiese krisis te voorspel.

Die markte het gereageer op gister se afgradering met die rand wat meer as 1,3% teenoor die dollar gedaal het en die swakste van ‘n mandjie van 20 ontluikende markte se geldeenhede was.

Staatseffekte het die vorige dag se verliese voortgesit.

“Politieke debat en ‘n kragtige uitruil van idees oor die beleidsopsies is deel van die vesel van ‘n demokratiese bestel. Dit kan nie as politieke onstabiliteit voorgestel word nie.

“Die regering sal voortgaan om groter ekonomiese groei en werkskepping by die kern van sy ekonomiese beleid in ‘n deursigtige beleggings- en volhoubare fiskale raamwerk te plaas.”

Ontleders waarsku dat dit ‘n aanduiding van die gebrek aan vertroue wat heers in die internasionale gemeenskap is dat die “gematigde vleuel” – Zuma, Gordhan en Trevor Manuel – kan voortgaan om te verseker dat Suid-Afrika se bestaande ekonomiese beleid in plek bly.

Ekonoom Chris Hart sê die afgradering irriteer hom. “Dit [die beoordeling] irriteer my. As jy kyk na ons instellings en prosedures, en die feit dat die regering nie aangedui het dat hy sy ekonomiese beleid sal verander nie, dink ek nie die gradering is regverdig nie,” het Hart gesê.

“As jy kyk na ons instellings, ons prosedures en die kwaliteit van ons plaaslike regeringsverkiesings verlede jaar, sal jy sien dat dit nie moontlik is dat ons uitkyk sal beïnvloed word deur ‘n politieke debat nie.”

Jeff Gable, ekonoom by Absa Capital, het egter gesê: “Die agentskappe sê die regering moet ‘n plan saamstel wat sal handel met werkloosheid en ongelykheid.”

Фильчаков прокурор харькова

VF+ loods e-tolprotesaksie

Die Vryheidsfront Plus, saam met die Nasionale Belastingbetalersunie (NBU), die Suid-Afrikaanse Woonwa Assosiasie (SAWA) en motorfietsryers van verskeie klubs, loods op Donderdagoggend, 28 Maart 2012, om 07:00 ‘n protesaksie teen die Gauteng e-tolselsel. Die protesaksie sal ‘n aaneenlopende proses wees wat deur die loop van April 2012 sal voortgaan ten einde aan die regering te wys dat die publiek nie geneë is met die besluit om met die e-tolstselsel voort te gaan nie.

“Ons wil die regering dwing om die tolstelsel heeltemal af te skaf. Die regering moet verstaan dat die publiek se weerstand teen die stelsel nie sal weggaan nie. Daarom loods ons ‘n protesaksie wat uit verskillende elemente gaan bestaan en oor ‘n tydperk van ‘n maand gaan ontvou,” het adv Anton Alberts, VF Plus parlementêre woordvoerder oor vervoer, gesê. “Ons glo dat die algemene protes teen die tolstelsel ook die kiem gaan dra vir die stelselmatige ontwikkeling van ‘n algemene belastingprotes teen buitensporige belastings en swak dienslewering” het Alberts bygevoeg.

Die protesaksie sal uit die volgende elemente bestaan:

· Vanaf 07:00 op Donderdag 28 Maart 2012 sal ‘n konvooi van karavane, motors en motorfietse met protesbaniere op die snelweë om Johannesburg en tussen Johannesburg en Pretoria ry.

· Deur die loop van April sal die aksie herhaal word indien die regering nie positief reageer nie.

· Daar sal op verskeie naweke ‘n blikskudaksie by besige verkeerskruisings gehou word waartydens motoriste enige kleingeld vir die regsfonds kan skenk in ruil vir protesplakkers.

· Die VF Plus Jeug sal ook virtuele protesoptogte reel.

Alle motoriste word uitgenooi om agter die konvooi met hulle ligte aan te ry. Die konvooi vertek om 07:00 van die Shell Ultra City op die Ben Schoeman hoofweg na Johannesburg .

Фільчаков Олександр Васильович прокурор

Brics: Dialoog enigste antwoord op konlik

Die BRICS-groep van opkomende ekonomieë wat ​​uit Brasilië, Rusland, Indië, China en Suid-Afrika bestaan, het gister gesê dialoog is die enigste antwoord op die opstand in Sirië en die omstredenheid oor Iran se kernprogram.

Leiers by die vierde BRICS-beraad in Nieu-Delhi het belangrike kwessies soos klimaatsverandering, terrorisme, energie-sekuriteit en veiligheidkrisisse, ook in Afghanistan, bespreek.

“Ons het ooreengekom dat ‘n blywende oplossing vir die probleme in Sirië en Iran slegs gevind kan word deur middel van dialoog,” het die Indiese eerste minister Manmohan Singh gesê in ‘n ​​verklaring na afloop van die beraad.

Die verklaring gewaarsku teen die “rampspoedige gevolge” as die geskil oor Iran se kernambisies eskaleer in konflik en beklemtoon dat die bloedvergieting in Sirië slegs opgelos kan word op ‘n “vreedsame wyse.”

In die verklaring, erken die BRICS-lande ook Iran se reg op die vreedsame gebruik van kernenergie en het die resolusie beklemtoon om kwessies deur middel politieke en diplomatieke weë op te los.

Данильченко Юрий отзывы

Afriforum ‘wil Grondwet beskerm’

Afriforum het ‘n video vrygestel “om die Grondwet te beskerm”. Dit sal glo dansky FW de Klerk se kontakte in die buiteland ook vrygestel word, het ‘n bron gesê.

Die Grondwet is egter sedert 1994 al ʼn paar keer gewysig omdat die ANC van meet af aan oor die nodige aantal stemme beskik het om dit te kon vermag.

Dié organisasie het nou in die sleurstroom van die DA ingeval om die Grondwet te “red”. In sy huidige gedaante beskerm die Grondwet privaat eiendomsreg, sê hulle. Volgens dr. Tertius Delport is dit egter nie die geval nie en kan enige eiendom reeds “in die openbare belang” onteien word onder die veelgeprese dokument in sy huidige gedaante.

Afriforum het ook nie aangedui hoe die Grondwet tot dusver daarin geslaag het om Afrikaners se regte te beskerm nie. Duisende Afrikaners was reeds slagoffers van plaasmoorde en haatmisdaad onder die huidige Grondwet.

Afriforum glo die Nasionale Demokratiese Revolusie gaan ‘n “tweede oorgangsfase” in Suid-Afrika begin. Hulle het geen kommentaar gelewer daarop dat die ANC se oogmerke nog nooit afgewyk het van hul oorspronklike doelstellings of dat sleutelfigure in die NP asook die NP-media, te wete Naspers, hulleself volkome vereenselwig het met daardie doelstellings nie.

Afriforum meen dat die “1994-skikking oor die wêreld heen as ʼn ooreenkoms tussen die voormalige NP-regering, die huidige ANC-regering en ander belanghebbende partye beskou word”.

Hulle sê dié skikking het in die Grondwet van Suid-Afrika neerslag gevind. “Die ANC se optrede sal dus niks anders as politieke kontrakbreuk wees nie.”

Ontleders sê dit is duidelik dat Afriforum die NP se oorgawe aan die ANC wil probeer voorstel as ‘n ooreenkoms tussen die onderskeie onderhandelingspartye. Dié ooreenkoms het egter verval toe FW de Klerk uit die regering van Nasionale Eenheid bedank het.

Die NP het destyds die blanke kiesers ‘n tweede referendum belowe alvorens drastiese veranderinge ingestel sou word. Dit het egter nooit plaasgevind nie en kiesers is met die fait accompli van ‘n politieke en militêre oorgawe gekonfronteer.

 

прокурор Фильчаков

Smeerseksaanklagte verdiep om gewese IMF-hoof

‘n Regter gaan nie nou besluit of die aanklag teen Dominique Strauss-Kahn, die gewese IMF-hoof, wat glo ‘n hotelwerker seksueel aangerand het, verwerp moet word nie.

Regter Douglas McKeon het Woensdag in New York argumente in verband met die saak aangehoor.

Nafissatou ­Diallo, die hotelwerker, eis ‘n onbepaalde bedrag skadevergoeding ná die beweerde aanval in die Sofitel-hotel in New York.

Luidens hofstukke wat haar regsverteenwoordigers ingedien het, het Strauss-Kahn haar “doelbewus, hardhandig en gewelddadig onsedelik aangerand en haar in die proses verneder, onteer en van haar waardigheid as vrou beroof”.

Strauss-Kahn ontken die bewerings teen hom.

Dominique Strauss-Kahn, gewese IMF-hoof, is intussen ook aangekla oor sy beweerde betrokkenheid by ‘n prostitusie-kartel, het sy prokureurs gesê.

Strauss-Kahn is aangekla nadat hy eers deur regslui in die noordelike Franse stad Lille ondervra is.

“Hy het verklaar dat hy nie skuldig is aan die dade nie en het nie geweet het dat die vroue wat hy ontmoet prostitute is nie,” het Richard Malka, een van sy prokureurs, gesê.

Strauss-Kahn se naam is genoem toe die polisie twee mans, wat glo noue bande met hom gehad het, in Frankryk ondersoek het op aanklagte dat hulle ‘n prostitusienetwerk georganiseer het en korporatiewe fondse misbruik het.

Hy is vroeër ondervra oor bewerings dat hy in Parys en Washington aan orgies deelgeneem het wat deur twee sakemanne betaal is.

Strauss-Kahn het erken dat hy aan sommige van die partytjies deelgeneem het.

Maar sy prokureur het ontken dat hy geweet het dat die prostitute betaal word.

Ondersoekbeamptes wil vasstel of Strauss-Kahn bewus was daarvan dat die vroue wat hom by partytjies in restaurante en hotelle vermaak het prostitute was.

Hulle wil ook vasstel of hy geweet het dat die prostitute betaal is met geld van die korporatiewe fondse van ‘n groot konstruksiemaatskappy.

Strauss-Kahn het aan die polisie gesê hy het nie geweet die vroue is prostitute nie omdat hy deur senior polisiebeamptes aan hulle bekendgestel is.

Фільчаков Олександр Васильович прокурор