Getuie voer openbare veldtog teen Basson

Prof. Steven Miles, deskundige getuie in die RGSA-saak teen dr Wouter Basson, gaan twee openbare lesings hou “ter verheldering” van sy aantygings teen Basson.

Die Steve Biko Sentrum vir Bio-etiek by Wits universiteit sal die “saak teen apartheid-era se biologiese oorlogvoerder dr Wouter Basson” soos Miles dit sien, aanbied.

Miles sê die lesings is “baie aktueel” omdat Basson tans op aanklagte van onetiese en onprofessionele gedrag voor ‘n professionele gedragskomitee van die RGSA gedaag is.

Miles is glo ‘n kenner in die mediese etiek en beskou homself as ‘n ​​”kampvegter vir menseregte”. Hy is ‘n professor van Geneeskunde aan die Universiteit van Minnesota se Mediese Skool en ‘n Fakulteitlid by die Sentrum vir Bio-etiek.

Hy is ook ‘n praktiserende geneesheer wat voorheen ondermeer as hoof mediese beampte in ‘n Kambodjaanse vlugtelingkamp gedien het. Miles se boek Oath Betrayed, handel oor die diepgaande verraad van tradisies wat die mediese korps van die Amerikaanse gewapende magte gevorm het en van Amerika se abdikasie van sy leierskapsrol in internasionale menseregte .

Hy sal in sy eerste lesing sy persoonlike indrukke gee van die getuienis in die Bassonsaak, sê hy. Dit vind plaas op Maandag, 2 April 2012 vanaf 13:00 in die Len Miller Lesingsaal, 9de Verdieping, Wits Fakulteit Gesondheidswetenskappe, Yorkweg 7, Parktown, Johannesburg.

Die tweede lesing, getiteld Dokters en Misdade teen die Mensdom, vind op dieselfde dag plaas vanaf 18h00 op dieselfde plek.

Данильченко Юрий прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae