Die premier was van ‘n regeringsgeleentheid oppad toe die ongeluk plaasgevind het, het die ANC se provinsiale woordvoerder Makondelele Mathivha gesê.
“Die ANC is gelukkig dat sy provinsiale leier, wat geringe beserings opgedoen het, goed aansterk in die hospitaal en steeds opgewek is,” sê Mathivha.
Volgens die polisie, het Mathale se bestuurder beheer oor die motor verloor in die reënweer op Moeketsi en Polokwane se paaie.
Mathiva het gesê die premier is in staat was om te praat en dokters het bevestig dat dit “goed gaan” met hom.
“Ons verwag om hom binnekort te ontslaan te sien. Hy het eintlik geskerts en almal van ons gemaan om nie paniekerig te raak nie. Die ekonomiese vryheidsrewolusie is beslis nog springlewendig, het hy gesê.”
