‘n Webwerf waarvandaan protesboodskappe aan Marcus Agius, voorsitter van Barclays, gestuur kan word om die beweerde grootskaalse afleggings by Absa te staak, moet gesluit word sê Absa.
Hulle sal ‘n dringende aansoek voor die hooggeregshof bring om die webblad te sluit. Absa wil die vakbond keer om Absa se kopiereg, handelsmerk en domeinnaam se skend.
“Dit [die aansoek] hou verband met Solidariteit se onwettige gebruik van Absa se logo, slagspreuk en domeinnaam op Solidariteit se webwerwe,” sê die bank in ‘n verklaring.
Solidariteit beroep hulself op hulle “grondwetlike reg op vryheid van spraak”, het die vakbond gesê.
Absa sê die vakbond se reg op spraakvryheid is nie die grondkwessie nie. Absa se handelsmerk word deur Solidariteit, ‘n derde party, geskend, sê die bank.
