Hertzogprys is ‘dwase politiekery’

Die raad van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns het op Vrydag 23 Maart die Hertzogprys vir 2012 aan die digter-dramaturg-skrywer, Adam Small, vir sy drama-oeuvre toegeken. Dié besluit is ‘n politieke een en dwaas, sê skrywers en uitgewers.

Adam Small vier vanjaar sy 75ste verjaardag. Hy het reeds in 2009, die SA Akademie se eeufeesjaar, ook die Akademie se Eeufeesmedalje vir sy hele oeuvre ontvang.

Die aankondiging van die toekenning is met min entoesiasme by die lesende Afrikaanse publiek begroet. By die Akademie egter, het die vreugdevure glo hoog gebrand oor ‘n “eenparige besluit”.

Dr Michael le Cordeur stel dit duidelik: “Ek was verlede week die eerste keer in my lewe deel van die Akademieraad se vergadering. En ek het my stem helder en duidelik laat opklink ten gunste daarvan dat die Hertzogprys aan Adam Small toegeken word. Ons kon kwalik ons blydskap beteuel.

“In sy literatuurgeskiedenis het JC Kannemeyer Kanna hy kô hystoe vermeld saam met die belangrikste internasionale dramaturge in die wêreld.  Die Hertzogprys is die hoogste literêre onderskeiding wat die SA Akademie kan toeken.”

Nicol Stassen, uitgewer, het intussen beswaar gemaak oor die toekenning. Stassen sê die reglement maak net voorsiening vir werke wat die afgelope drie jaar verskyn het.

Le Cordeur is briesend vir die uitgewer wat “dink soos ’n kapitalis”. Hy het Stassen daarvan beskuldig dat hy sy boeke wil bevorder vir eie gewin en uit ‘n apartheidsverlede argumenteer.

“Ons moet die foute van die verlede regmaak,” meen le Cordeur. Hy het nie uitgebrei oor die stand van die Afrikaanse drama as die Hertzogprys aan ‘n 75-jarige persoon toegeken word wat jare laas ‘n nuwe werk geproduseer het nie.

Skrywers wat nie aan die Akademie se onverkwiklike en “dwase politiekery” wou deelneem nie, het aan Praag gesê die instelling is deur bruin intellektuele oorgeneem onder leiding van dr. Dioné Prinsloo.

Dr. Prinsloo dien ook op Afriforum se direksie.

topcargo отзывы сотрудников

Maak 'n opvolg-bydrae