‘n ANC-LP me. Vytjie Mentor het Woensdag op Facebook uitgevaar teen die Nederlandse politieke party wat hulself teen straatnaamsveranderinge in Pretoria uitgespreek het. “Die Nederlanders moet gaan kak,” het sy gesê.
Martin Bosma, LP van die regse Partij voor de Vrijheid (PVV), het ‘n vroeër ‘n verklaring uitgereik waarin hy sê die Nederlandse ambassade in Koningin Wilhelminalaan in Pretoria, behoort die huidige naam te behou.
Bosma het ook gesê Afrikaners se anti-koloniale verlede en hulle lyding in konsentrasiekampe aan die hand van die Britte, moet nie uit die oog verloor word nie.
Mentor het op Willie Spies, regsadviseur van AfriForum, se Facebook-blad haar onomwonde mening gegee. Spies het by navraag aan Beeld gesê dit is Mentor se reg om haar standpunt te huldig.
“Laat hulle gaan kak! Wie se land is SA? Hulle gaan nou te ver! Moet ek nou iets gaan sê oor watse name gee hulle vir hul strate in Nederland? Hulle dink hulle is nog onse masters? Kak!”
Sy het voortgestoom oor die “rightwinger fascists” wat dankbaar is oor die Nederlanders se houding.
Die DA is tans besig om die straatnaamkwessie te probreer systap in ‘n poging om swart inwoners ter wille te wees. Hulle het aangedui dat hulle buite stemming sal bly oor die aangeleentheid.
