In 2007 was die syfer 3,1 persent.
Die navorsingsdata is van 100 000 werknemers in 60 maatskappye afkomstig.
Die navorsers sê dat maatskappye hulself moet afvra wat hulle kan doen om hul personeel gelukkig en produktief te maak.
Afwesigheid weens stres het in Suid-Afrikaanse maatskappye in 2008 toegeneem vergeleke met die vorige jaar.
In 2007 was die syfer 3,1 persent.
Die navorsingsdata is van 100 000 werknemers in 60 maatskappye afkomstig.
Die navorsers sê dat maatskappye hulself moet afvra wat hulle kan doen om hul personeel gelukkig en produktief te maak.
Die wedren om petroleumbronne in die poolsirkel mag binnekort warm word.
'n Groot geologiese opname het bevind dat die koue tot soveel as 'n vyfde van die wêreld se onontdekte reserwes mag bevat.
Dit sou Rusland se posisie as 'n vername energiespeler verhoog en ook sy magtige greep op Europa se energievoorraad verstewig.
'n Resies om beheer van die arktiese hulpbronne het reeds tussen die Verenigde State, Rusland en Kanada begin.
Verlede jaar het 'n Russiese duikboot 'n onderwatervlag by die Noordpool geplant wat Kanada en Denemarke genoop het om hul eie territoriale eise te stel.
Mothupi het verlede week die munisipale bestuurder van Mangaung, Thabo Manyoni, geskors.
Manyoni is gister tot adjunkvoorsitter van die ANC in die Vrystaat verkies.
Twee-en-twintig ANC-lede in die provinsie is uit die organisasie gesit óf omdat hulle die ANC hof toe gevat het óf omdat hulle as onafhanklike kandidate gestaan het.
Die meeste probleme in die land word deur onwettige immigrante veroorsaak. Die Future Fact-navorsingsgroep het bevind dat meer as twee derdes van Suid-Afirkaners glo dat buitelanders die wortel van alle kwaad verteenwoordig.
Ten minste 67% van Suid-Afrikaners het so gedink in 2006, teenoor 47% in 2002.
Ook dink 39% van Suid-Afrikaners ernstig daaraan om die land te verlaat in 2007, teenoor 18% in 2000.
'n Navorser van Future Fact, Debbie Milne, sê Suid-Afrikaners is ongelukkige mense wat hulpeloos en sonder hoop vir die toekoms voel.
Eertydse staatshoof FW de Klerk se plaas in die Paarl is te koop. Die koopprys is R35 miljoen.
Die eiendom is aan die wal van die Wildepaardejachtrivier teen die hange van die Klein Drakensteinberge.
Die historiese huis dateer van die 1800's maar is in 1995 gerestoureer.
Die grasdakhuis beslaan 280 vierkante meter en kyk noord uit oor die Paarlvallei.
Die Internasionale Olimpiese Komittee het bevestig dat Irak verbied sal word om aan die Beijing Spele deel te neem.
Die IOK het Irak as gevolg van politieke inmenging in sy nasionale Olimpiese komittee uitgeskop. Die Irakese komittee is verlede maand afgedank en vervang deur 'n nuwe bestuur met Jafaar aan die stuur.
Die IOK het Irak vroeër, ná die afdanking van die Olimpiese komitee, gewaarsku dat hulle sanksies kan verwag.
Die sangeres Elizma Theron is eergisternag op die N1 saam met vriende aangeval toe hul motor 'n pap wiel opgedoen het.
Theron, asook die kitaarspeler Ampie du Preez en 'n joernalis Yolanda Barnard is op die N1-suid in die omgewing van die Rigel-afrit beroof deur twee gewapende mans wat uit die bosse langs die pad gekruip het.
Theron verfilm ook tans 'n reeks van Villa Rosa. Volgens die publisiteitsbeampte van Villa Rosa was die drie in twee verskillende motors op pad terug van 'n vertoning van die groep 'n Man soos Jan in Pretoria.
Elizma Theron en Yolanda Barnard het tydens die insident hardop gebid. Volgens haar was dit net genade van Bo dat hulle niks oorgekom het nie.
Die Kruger- en Schubartpark-woonstelblokke behoort aan die Tshwane munisipaliteit en dit is primêr die munisipaliteit se verantwoordelikheid om die komplekse in stand te hou.
Volgens mnr. Conrad Beyers, VF Plus-raadslid, het die stadsraad se woordvoerder, Console Tleane, erken dat brandweertoerusting in Krugerpark nie gewerk het nie.
Die feit dat brandweer-waterpype en ander brandbestrydingstoerusting buitewerking was, is 'n direkte oorsaak vir die onnodige beserings en verlies aan lewe vanweë die brand. Die plaaslike ANC het bloed op die hande omdat hulle nalatigheid direk tot lewensverlies bygedra het, het Beyers gesê.
Vername Switserse burgers word ook op verskeie aanklagte in Libië aangehou.
Die Switserse maatskappye ABB Beperk en Nestlé SA het hul deure gesluit en Swissair het vlugte opgeskort.
Hannibal Kadaffi en sy vrou is verlede week deur die polisie by 'n luuksehotel in Genève in hegtenis geneem.
Australië se inflasiekoers het sy grootste kwartaallikse styging in 17 jaar getoon soos wat verbruikers gebuk gaan onder hoër verbandkoerse en rekordpetrolpryse.
Dit het met 1,5 persent oor die afgelope drie maande wat op 30 Junie geëindig het, gestyg.
Die onverwagse hoë kwartaallikse styging in die VPI het die inflasiekoers tot bokant 4,5 persent gedwing.
Die Reserwebank van Australië sal waarskynlik sy verwysingsrentekoers by die hoogste merk in 12 jaar van 7,25 persent hou.
Die Australiese ekonomie verkeer in sy 17de jaar van aanhoudende groei, maar toon tekens van verslapping.