Stres veroorsaak dat meer mense van die werk wegbly

Afwesigheid weens stres het in Suid-Afrikaanse maatskappye in 2008 toegeneem vergeleke met die vorige jaar.

Volgens Cams, 'n maatskappy wat korporatiewe afwesigheid meet, was 3,4 persent van alle siekverlof wat tot aan die einde van Junie vanjaar geneem is, as gevolg van stres.

In 2007 was die syfer 3,1 persent.

Die navorsingsdata is van 100 000 werknemers in 60 maatskappye afkomstig.

Die navorsers sê dat maatskappye hulself moet afvra wat hulle kan doen om hul personeel gelukkig en produktief te maak.

шапочка для новорожденного купить спбДанильченко Юрий Харьков

Maak 'n opvolg-bydrae