Kernwedloop word warm

Saoedi-Arabië oorweeg dit om kernwapens aan te skaf sodat hulle kan saampraat met plaaslike mededingers Israel en Iran, het die voormalige intelligensiehoof Turki al-Faisal Maandag gesê.

“Ons pogings en dié van die wêreld het nie vir Israel oortuig om sy wapens van massavernietiging te laat vaar nie, en Iran ook nie … daarom is dit ons plig teenoor ons volk en mense om alle moontlike opsies, insluitend die besit van hierdie wapens te oorweeg,” het Faisal vertel tydens ‘n sekuriteitsforum in Riyadh gesê.

“A (kern)ramp wat een van ons tref, raak ons almal,” sê Faisal.

Israel besit honderde van kernmissiele, maar het dit nog nooit bevestig of ontken nie, terwyl die Weste Iran daarvan beskuldig dat hulle ‘n atoombom wil bou, ‘n aanklag wat dié Islamitiese Republiek verwerp.

Riyadh, wat al herhaaldelik vrese oor die kernbedreiging deur die Shiitiese staat Iran asook Israel se atoomkapasiteit uitgespreek het, het sy eie pogings om kernkrag te ontwikkel as “vreedsaam” bestempel.

Abdul Ghani Malibari, koördineerder by die Saoedi-siviele kern-agentskap, het in Junie gesê Riyadh beplan om 16 burgerlike kernreaktors te bou teen ‘n koste van 300 miljard riyals ($80 miljard) binne die volgende twee dekades.

Hy het gesê die Soenni-koninkryk sal ‘n internasionale uitnodiging om te tender vir die reaktors in kragopwekking en-ontsouting in die woestynkoninkryk van stapel stuur.

 

данильченко юрій Харків

24/7 Pornokanaal vir SA

‘n Nuwe 24-uur-pornografiese kykkanaal sal vanaf Januarie 2012 op satelliet-televisie in Suid-Afrika te siene wees.

Die pornokanaal, ook bekend as PSat, is Frans en word van buite Suid-Afrika se jurisdiksie uitgesaai, het John Solomon van African Satellite Installations (ASI)gesê.

Dié maatskappy sal spesiale dekodeerders en slimkaarte teen R99 per maand
aan kykers beskikbaar stel.

Suid-Afrikaanse owerhede het geen beheer oor die porno-inhoud nie.

“PSat is heeltemal onafhanklik van ander satelliet-kanale en jy sal ‘n spesiale dekodeerder, slimkaart en satellietskottel benodig om na die kanaal te kyk,” het Solomon gesê.

“Al wat jy moet doen is om jou TopTV-dekodeerder met die PSat-dekodeerder te vervang.”

Die kanaal sal op die Astra 4A-satelliet, dieselfde satelliet wat deur TopTV gebruik word, uitgesaai word.

Die dekodeerders word slegs verhuur en bly die eiendom van die verskaffer.

ASI het glo reeds 5 000 sulke dekodeerders bestel.

Александр Фильчаков прокурор

Wanbestuur bied ‘politieke’ hefboom

Meer provinsies sal deur die regering beoordeel word om ‘n wydverspreide finansiële krisis en wanbestuur van fondse te verhoed.

Die kabinet het vroeër aangekondig dat die regering in die Vrystaat, Gauteng en Limpopo gaan ingryp.

Die Minister van Finansies, Pravin Gordhan, sê die Gautengse Departement van Gesondheid het ‘n agterstand van sowat vier miljard rand.

Die LUR vir die Provinsiale Tesourie in Limpopo, David Masondo, het intussen die kabinet se besluit veroordeel om die provinsie gedeeltelik onder administrasie te plaas, en sê dit is ‘n politieke truuk.

Volgens hom is die doel daarvan om seker te maak dat die premier, Cassel Mathale, nie as voorsitter by die provinsiale ANC se verkiesingskonferensie verkies word nie.

Hy sê omdat daar nie redelike gronde is om die provinsie se finansies korrup te verklaar nie, het die taktiek nou verander na waninligting dat die provinsie in die moeilikheid is.

Фильчаков Александр Васильевич

Hoofman moet oproer keer

Die situasie in die dorpies Dinokana en Ntsweletsoku in Noordwes is steeds gespanne nadat die gemeenskappe padblokkades opgerig het. ‘n Hoofman moes intussen intree om die oproer te stuit.

Inwoners van die twee dorpe het ‘n taxi-eienaar daarvan beskuldig dat hy agter ‘n rituele moord sit.

Sy medewerkers het uit weerwraak vir die afbrand van ‘n taxibestuurder se huis, die N4 snelweg versper.

Inwoners van Ntsweletsoku het intussen die verkeer ontwrig en geëis dat die taxi-eienaar in hegtenis geneem word.

Die waarnemende hoofman van die gebied het die inwoners egter gevra om uiteen te gaan.

Александр Фильчаков прокурор

Breë steun vir Afrikaans in Taalunie

De kans is groot dat de Taalunie maandag in Brussel een motie aanneemt die oproept tot steun aan het Afrikaans. Martin Bosma, voorzitter van de Nederlandse delegatie bij de Taalunie, komt met een motie gericht op versteviging van deze taal.

In 2001 stelde de Zuid-Afrikaanse regeringscommissie Gerwel dat er in het land in ieder geval twee Afrikaanstalige universiteiten moeten zijn. Daar is op het ogenblik geen sprake van. Bijvoorbeeld op de Universiteit van Stellenbosch zetten studenten zich in voor het Afrikaans, dat steeds meer in de verdrukking raakt. De motie-Bosma stelt voor dat de Taalunie en het Comite van Ministers (dus van Vlaanderen en Nederland) waar mogelijk het streven van de commissie Gerwel actief ondersteunen.

De motie-Bosma is mede-ondertekend door Jacques Biskop (CDA), Boris van der Ham (D66), Pauline Smeets (PvdA) en Harm Beertema (PVV). Als ook de Vlaamse partijen warm lopen voor de motie, wordt hij maandag aangenomen in de IPC, het Vlaams-Nederlandse ‘parlement’ van de Taalunie. Het komt zelden voor dat daar een motie wordt ingediend.

Martin Bosma: “Als het Afrikaans wil overleven dan moet het een universitaire taal blijven. Anders wordt het nog verder gemarginaliseerd. De motie moet een hart onder de riem steken bij iedereen die zich inzet voor het Afrikaans. Het is geweldig dat de motie zo breed wordt ondersteund.”

Tekst motie-Bosma:

Brussel, 5 december 2011

Zuid-Afrika heeft sinds 2010 een ‘intentieverklaring tot nadere samenwerking’ met de Nederlandse Taalunie, op grond van de nauwe overeenkomsten tussen het Afrikaans en het Nederlands.

De Zuid-Afrikaanse regeringscommissie Gerwel heeft in 2001 uitgesproken dat, ter handhaving van het Afrikaans in Zuid-Afrika, er in ieder geval twee Afrikaanstalige universiteiten dienen te zijn.

Daarom doet de IPC het verzoek aan het Comite van Ministers en de Nederlandse Taalunie binnen haar mogelijkheden dit streven actief te ondersteunen.

Bosma (PVV),

Beertema (PVV),

Biskop (CDA),

Van der Ham (D66),

Smeets (PvdA)

Informatie uit de Tweede Kamer gecombineerd met achtergronddossiers en het laatste politieke nieuws.
Informatie ter oriëntatie op een bezoek, uitleg over hoe wetten tot stand komen en een rondgang door de geschiedenis van de Staten-Generaal.
Kijk nu op www.tweedekamer.nl

александр лобановский харьков класс

AI: Arresteer Bush!

Amnesty Internasionaal (AI) het ‘n beroep op Ethiopië, Tanzanië en Zambië Donderdag gedoen om die voormalige Amerikaanse president George W. Bush te arresteer vir menseregteskendings wanneer hy Afrika hierdie maand besoek.

Bush het as president van 2001 tot en met 2009, die gebruik van waterfoltering [waterboarding] en ander ondervragingstegnieke gemagtig wat Amnestie Internasionaal en ander menseregtegroepe as marteling beskou.

“Internasionale reg vereis dat daar nie ‘n veilige hawe is vir diegene wat verantwoordelik is vir marteling nie. Ethiopië, Tanzanië en Zambië moet hierdie geleentheid aangryp om hul verpligtinge na te kom en ‘n einde bring aan die vryheid wat George W. Bush so ver geniet,” het Matt Pollard, senior regsadviseur, in ‘n verklaring gesê.

In Februarie het AI gesê dat Bush ‘n besoek aan Switserland gekanselleer as gevolg van die dreigement van regstappe teen hom vir beweerde marteling. Organiseerders van die byeenkoms het gesê hulle het Bush se deelname gekanselleer omrede daar probleme was vir sy sekuriteit, en nie as gevolg van die kriminele klagtes nie.

Bush het die gebruik van waterfoltering – wat die gevoel van verdrinking simuleer – op terreurgevangenes in die Verenigde State verdedig.

Die US Department of State het geen onmiddellike kommentaar gelewer nie.

Bush sal na verwagting Afrika hierdie week besoek om bewustheid oor kanker in die streek te skep, het Amnestie gesê.

Данильченео

Moslembroederskap wen loshande in Egipte

Regters wat toesig hou oor die stemming in Egipte se parlementêre verkiesings sê Islamitiese partye het ‘n meerderheid van die betwiste setels in die eerste ronde gewen. Die regters het gepraat op voorwaarde van anonimiteit omdat die amptelike uitslae eers later verwag word.

Hulle sê die Moslem-broederskap het 45 persent van die setels ingepalm. Die liberale Egiptiese blokkoalisie en die ultra-fundamentalistiese Nour-party sal meeding om die tweede plek.

Saam sal Islamitiese partye na verwagting ‘n meerderheid van die parlementêre setels beheer in Maart. Hierdie week se stemmery was die eerste van ses van parlementêre verkiesings wat tot dan sal duur.

Voortgesette sukses deur Islamiete sal aan die regering en grondwet ‘n bepalende Islamistiese karakter verleen. Dit kan daartoe lei dat Kaïro wegbeweeg van die Weste en in die rigting van Iran kantel.

Dit sal ook die invloed van Kaïro se opsigterjunta, wat het gepoog om die Moebarak-era se status quo te handhaaf en die Amerikaanse buitelandse hulpdollars te bestendig – wat miljarde per jaar beloop – breek.

Ontleders meen ook die 1979-Egipte-Israel-Vredesverdrag, wat die Sinaï-skiereiland in ‘n strategiese buffersone omskep het, kan nietig verklaar word.

Die Moslem-broederskap, wat uit die giftige anti-Israelse Hamas gebore is, kan ook poog om Gasa verder te destabiliseer. Indien Hamas slaag in die toekomstige Palestynse verkiesings, sal hulle ook ‘n vastrapplek in Judea en in Samaria verkry.

Фильчаков прокурор харьков

Tweede geheimsinnige ontploffing in Iran

‘n Ontploffing by die Iranse kernaanleg in Isfahan dié week is deur die owerhede ontken, maar inwoners van die stad het bevestig dat hulle ‘n harde geluid gehoor het. Dit is die tweede só ‘n geval. Onlangs is ‘n harde ontploffing by ‘n missielaanleg wes van die hoofstad Tehreran gehoor waarin 30 soldate van die Rewolusionêre Wag gedood is.

Die Duitse dagblad Bild-Zeitung berig dat Iran glo van voornemens is om Amerikaanse militêre basisse in Duitsland aan te val indien Westerse lande of Israel sy kernaanlegte teiken.

Ministers van Buitelandse Sake van die Europese Unie het ooreengekom op verskerpte sanksies teen Iran oor die land se volgehoue kernprogram.

Hulle het die name van nog 180 maatskappye en individue op ‘n sogenaamde sanksielys geplaas. Die ministers het ook ooreengekom om nog strafmaatreëls op te stel teen Iran se kernkrag-energiesektor.

Die EU-vergadering in Brussel volg twee dae nadat Iranse betogers die Britse ambassade in Teheran bestorm en Brittanje sy ambassade in die stad gesluit het. Brittanje het Iranse diplomate ook beveel om Londen te verlaat.

Die Europese Unie (EU) het Donderdagmiddag ook voorlopig besluit om geen olieboikot teen die land in te stel nie, aangesien Griekeland byna uitsluitlik afhanklik is van Iran se olie.

Die EU het voorts besluit om sanksies teen Sirië te verskerp.

 

topcargo

‘Ek kan daardie klank steeds hoor’

‘n Man wat tydens ‘n rooftog by ‘n supermark geskiet is, het geglo hy sou tereggestel word, het die Hooggeregshof in Pretoria Donderdag gehoor.

“Ek het ‘n klik-geluid gehoor, maar geen skoot het afgegaan nie. Ek kan daardie klank steeds hoor,” het André Erlank sen., ‘n lid van die Mnandi-gemeenskapswag in Centurion, gesê in die verhoor van Mandla Ntuli (26).

Ntuli word daarvan beskuldig dat hy Erlank geskiet het. Hy word ook daarvan aangekla dat hy ‘n lid van die gemeenskapswag, Louis Viljoen (39) vermoor het en Erlank se seun met ‘n vuurwapen aangerand het. Hy het die Mnandi Spar op 2 Februarie 2009 beroof.

Ntuli pleit onskuldig op al die aanklagte. Sy vermeende medepligtiges, Mzokhona Nene (23) en Sibusiso Sibiya (24), is steeds soek.

Erlank het gesê hy en sy seun het by die supermark aangekom enkele minute voor die rooftog plaasgevind het. Sy seun was binne toe Erlank mense sien instap het.

Nog ‘n man het ingestap, ‘n vuurwapen by sy broek uitgetrek en dit in die winkel afgevuur.

Erlank het gesê hy het die Gemeenskapswag in kennis gestel, toe Ntuli sy motordeur oopgemaak en hom in die bors geskiet het.

Hy het uit die motor gekruip en is deur twee van die rowers teen die grond vasgepen. Hulle het sy sakke deursoek vir geld en sy selfoon.

Een van hulle het ‘n vuurwapen teen sy kop gedruk en die sneller getrek, maar geen skoot het afgegaan nie.

Die rowers het gevlug toe lede van die Gemeenskapswag gearriveer het.

Erlank is deur ‘n vriend na die hospitaal geneem. Die rowers het op hulle geskiet soos hulle weggery het.

Die verhoor duur Vrydag voort.

лобановский александр игоревич харьков

Dis Sasol teen Shell

Die petroleumreus Shell bly verbind tot sy voorneme om skaliegas in die Karoo te ontgin en het aansoek om eksplorasieregte by die Petroleumagentskap van Suid-Afrika (Pasa) gedoen.

Jan Willem Eggink, hoofbestuurder van Shell SA Upstream, het gesê sy maatskappy bly steeds verbind tot die skaliegasprojek. “Ons is nog steeds verbind tot skaliegasontginning in die Karoo.”

Sasol het egter intussen aangekondig dat hy sy planne sal opskort en die regering se moratorium sal steun. Die moratorium, wat in April ingestel is, geld steeds.

Die regering het voorheen aangekondig dat die moratorium tot Februarie 2012 sal geld.

Sasol, Chesapeake en Statoil, het in November 2010 studies oor die gaspotensiaal in die Karoo onderneem. Staatsvergunning vir hul geologiese opnames het op 17 November 2011 verval.

Sasol het intussen besluit om voorlopig eers van sy Karoo-gasplanne af te sien en nie aansoek om eksplorasieregte te doen nie.

 

Фильчаков Харьков