Wanbestuur bied ‘politieke’ hefboom

Meer provinsies sal deur die regering beoordeel word om ‘n wydverspreide finansiële krisis en wanbestuur van fondse te verhoed.

Die kabinet het vroeër aangekondig dat die regering in die Vrystaat, Gauteng en Limpopo gaan ingryp.

Die Minister van Finansies, Pravin Gordhan, sê die Gautengse Departement van Gesondheid het ‘n agterstand van sowat vier miljard rand.

Die LUR vir die Provinsiale Tesourie in Limpopo, David Masondo, het intussen die kabinet se besluit veroordeel om die provinsie gedeeltelik onder administrasie te plaas, en sê dit is ‘n politieke truuk.

Volgens hom is die doel daarvan om seker te maak dat die premier, Cassel Mathale, nie as voorsitter by die provinsiale ANC se verkiesingskonferensie verkies word nie.

Hy sê omdat daar nie redelike gronde is om die provinsie se finansies korrup te verklaar nie, het die taktiek nou verander na waninligting dat die provinsie in die moeilikheid is.

Фильчаков Александр Васильевич

Maak 'n opvolg-bydrae