Die situasie in die dorpies Dinokana en Ntsweletsoku in Noordwes is steeds gespanne nadat die gemeenskappe padblokkades opgerig het. ‘n Hoofman moes intussen intree om die oproer te stuit.
Inwoners van die twee dorpe het ‘n taxi-eienaar daarvan beskuldig dat hy agter ‘n rituele moord sit.
Sy medewerkers het uit weerwraak vir die afbrand van ‘n taxibestuurder se huis, die N4 snelweg versper.
Inwoners van Ntsweletsoku het intussen die verkeer ontwrig en geëis dat die taxi-eienaar in hegtenis geneem word.
Die waarnemende hoofman van die gebied het die inwoners egter gevra om uiteen te gaan.
