“Ons pogings en dié van die wêreld het nie vir Israel oortuig om sy wapens van massavernietiging te laat vaar nie, en Iran ook nie … daarom is dit ons plig teenoor ons volk en mense om alle moontlike opsies, insluitend die besit van hierdie wapens te oorweeg,” het Faisal vertel tydens ‘n sekuriteitsforum in Riyadh gesê.
“A (kern)ramp wat een van ons tref, raak ons almal,” sê Faisal.
Israel besit honderde van kernmissiele, maar het dit nog nooit bevestig of ontken nie, terwyl die Weste Iran daarvan beskuldig dat hulle ‘n atoombom wil bou, ‘n aanklag wat dié Islamitiese Republiek verwerp.
Riyadh, wat al herhaaldelik vrese oor die kernbedreiging deur die Shiitiese staat Iran asook Israel se atoomkapasiteit uitgespreek het, het sy eie pogings om kernkrag te ontwikkel as “vreedsaam” bestempel.
Abdul Ghani Malibari, koördineerder by die Saoedi-siviele kern-agentskap, het in Junie gesê Riyadh beplan om 16 burgerlike kernreaktors te bou teen ‘n koste van 300 miljard riyals ($80 miljard) binne die volgende twee dekades.
Hy het gesê die Soenni-koninkryk sal ‘n internasionale uitnodiging om te tender vir die reaktors in kragopwekking en-ontsouting in die woestynkoninkryk van stapel stuur.
