Die Duitse dagblad Bild-Zeitung berig dat Iran glo van voornemens is om Amerikaanse militêre basisse in Duitsland aan te val indien Westerse lande of Israel sy kernaanlegte teiken.
Ministers van Buitelandse Sake van die Europese Unie het ooreengekom op verskerpte sanksies teen Iran oor die land se volgehoue kernprogram.
Hulle het die name van nog 180 maatskappye en individue op ‘n sogenaamde sanksielys geplaas. Die ministers het ook ooreengekom om nog strafmaatreëls op te stel teen Iran se kernkrag-energiesektor.
Die EU-vergadering in Brussel volg twee dae nadat Iranse betogers die Britse ambassade in Teheran bestorm en Brittanje sy ambassade in die stad gesluit het. Brittanje het Iranse diplomate ook beveel om Londen te verlaat.
Die EU het voorts besluit om sanksies teen Sirië te verskerp.
