Bush het as president van 2001 tot en met 2009, die gebruik van waterfoltering [waterboarding] en ander ondervragingstegnieke gemagtig wat Amnestie Internasionaal en ander menseregtegroepe as marteling beskou.
“Internasionale reg vereis dat daar nie ‘n veilige hawe is vir diegene wat verantwoordelik is vir marteling nie. Ethiopië, Tanzanië en Zambië moet hierdie geleentheid aangryp om hul verpligtinge na te kom en ‘n einde bring aan die vryheid wat George W. Bush so ver geniet,” het Matt Pollard, senior regsadviseur, in ‘n verklaring gesê.
In Februarie het AI gesê dat Bush ‘n besoek aan Switserland gekanselleer as gevolg van die dreigement van regstappe teen hom vir beweerde marteling. Organiseerders van die byeenkoms het gesê hulle het Bush se deelname gekanselleer omrede daar probleme was vir sy sekuriteit, en nie as gevolg van die kriminele klagtes nie.
Bush het die gebruik van waterfoltering – wat die gevoel van verdrinking simuleer – op terreurgevangenes in die Verenigde State verdedig.
Die US Department of State het geen onmiddellike kommentaar gelewer nie.
Bush sal na verwagting Afrika hierdie week besoek om bewustheid oor kanker in die streek te skep, het Amnestie gesê.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.