Die velbrand wat die lewens van 'n egpaar geëis het, is steeds buite beheer.
'n Verdere vier vure woed in die Dubuni- en Makasaneni-gebiede naby Melmoth.
Ten minste vyf huise in Dubuni het na wat berig word tot as verbrand.
Saterdagnag het die streek se enigste brandbestrydingsvliegtuig kort nadat dit opgestyg het naby Babanango neergestort en die vlieënier gedood.
'n Plaaslike beskermingsdienstebeampte in Melmoth het gesê dit was chaoties en die vure was heeltemal buite beheer.

Die Dalai Lama, die Tibetaanse leier in ballingskap, is in 'n hospitaal in Moembaai, Indië, opgeneem.
Sun Internasionaal het 'n verlaging in sy verdunde wesensverdienste per aandaal van 517 sent verklaar teenoor 814 sent 'n jaar gelede.
In 'n onderhoud met die Washington Post vandeesweek moes senator Joe Biden moeilike vrae oor ras en onderwys beantwoord.