Geografiese inligtingstelsels sou 'n belangrike rol kon speel in die verbetering van landbou in Afrika.
Dié kwessie het gedurende die derde Afrikakaartkonferensie in Kaapstad vandeesweek na vore gekom.
Anneliza Collett van die Suid-Afrikaanse departement van landbou en grondsake beskou geografiese inligtingstelsels as van wesentlike belang by die bestuur van grond.
Collett het aangetoon dat die data akkuraat, bygewerk en volledig moet wees.
Maar in Afrika het vele state nog nie eens hul kuslyne gekarteer nie, het geen idee oor grondbesit binne hul grense nie en slegs 45% van straatadresse asook die vasteland se gebiede met bevolkings is gekarteer.
