Misdaadkrisis in Brits

Skaars 3 weke na die grumoorde van mnr. Mauritz Oberholzer van Losperfontein in Brits en mnr. Beresford Jobling van Hartebeeshoek, is die dorp weer eens in rou gedompel na nog ‘n gewapende roof verlede week wat die lewe geëis het van mnr. Corrie Sanders.

Ons het reeds na die dood van mnr. Mauritz Oberholzer die sektor polisiëringshoofde van die SAPD gevra vir ‘n beheerliggaam-vergadering met SAPD Brits se sektorpolisiëring waarin ons dan ook die vlaag van misdaad in Losperfontein, Wolwekraal, Elandsrand, Beestekraal, Kameeldrift, Kameelfontein en omgewing onder die loep sal neem.

Met onskuldige burgers as teikens eskaleer ‘n roof gewoonlik en die gevolg is dan moord, verkragting, mutilasie en marteling. Baie van die misdade word gepleeg deur georganiseerde bendes wat tot die tande toe gewapen is. Baie van die misdade word nooit opgelos nie. Daar is deur onafhanklike navorsing bewys dat 313 plaasboere per 100 000 van die bevolking per jaar vermoor word, terwyl die syfer 31 per 100 00 per jaar vir die hele Suid Afrika is. Dit maak die moordsyfer op plaasboere die hoogste in die wêreld.

Die regering het kommando’s, wat deur boere beman is, in 2007 afgeskaf. Hierdie kommando’s was vir die selfbeveiliging van ons gemeenskappe. Die afskaffing het tot die gevolg gehad dat die moorde op plaasboere toegeneem het. Dit is asof daar tans ‘n geïntimideerde onteiening van grond plaasvind deur ‘n bewind van vrees en geweld, wat strook met die regering se gedurige uitsprake oor die nasionalisering van privaat landbougrond, myne en industrieë in Suid Afrika. Die informele nedersettings wat nou ook gevestig word op publieke werke se landbougrond in Kameeldrift het daar ook die misdaad drasties laat toeneem.

Die regering moet ons antwoord op die vraag of landelike beveiliging regtig as prioriteit gesien word, aangesien daar na vele vergaderings en beloftes nog niks konkreets op die tafel gelê is nie. Akkurate statistieke van misdaad moet ook maandeliks beskikbaar gestel word aan die beheerliggaam sodat daar meer gekonsentreer kan word op die areas en sektore wat die meeste geraak word. Die gemeenskap van Brits dring dan ook daarop dat die SAPD se sektorpolisiëring (landelik) heeltemal geskei word van stasie-polisiëring en dan befonds, bewapen en beman word daarvolgens. Skakeling en samewerking met ons GPF’s, buurtwagte en sekerheidsmaatskappye moet ook op ‘n meer formele basis geskied.

прокурор Фильчаков

Iran kap terug na Netanyahu se toespraak

Die Iran se regering, het gereageer met ‘n striemende toespraak teen die Israeliese eerste minister Benjamin Netanyahu by die Verenigde Nasies en geëis dat Jerusalem sy eie kerninstallaties rugbaar maak.

Netanyahu het in ‘n dramatiese toespraak by die VN gesê Iran het die “rooi lyn” oorgesteek na kernwapens.

Met behulp van die VN se “reg van antwoord,” het Iran se adjunk-VN-ambassadeur, Eshagh al Habib, die Algemene Vergadering vertel, “dat die besit van kernwapens wat herhaaldelik deur die 120 lede van BOL (Beweging vir Onverbonde Lande) uitgewys is, hou ‘n ernstige en volgehoue ​​bedreiging vir die veiligheid van die lande in die streek in.”

“In plaas van die maak van ongegronde bewerings,” het hy gesê, “Moet hierdie regime wat herhaalde oproepe deur die internasionale gemeenskap geïgnoreer het om vinnig en sonder enige voorwaardes toe te tree tot die kernsperverdrag, al sy kern-verwante fasiliteite onder die Internasionale Atoomenergie Agentskap se verifikasiestelsel blootlê. […] Die internasionale gemeenskap moet voortgaan om die grootste druk op hierdie regime uit te oefen.”

Gepubliseerde verslae beweer dat Jerusalem meer as 200 lae-opbrengs kernplofkoppe in ‘n verlate fasiliteit in die Negev gestoor het.

Die kernfasiliteit, naby die dorpie van Dimona, het sporadiese besoeke deur die VN-inspekteurs ontvang, maar niks ongewoons is ooit ontbloot nie.

Die gestorwe Irakse president Saddam Hussein het tevergeefs probeer om die Dimona-fasiliteit in die 1991-Golfoorlog aan te val.

Vandag word die Dimona-basis beskerm deur die Iron Dome anti-missiel-stelsel.

Фільчаков прокурор

Regering vat voornemende betogers vas

Plaaslike regerings regoor Suid-Afrika het ‘n verbod geplaas op verdere protesoptogte in die nasleep van Marikana.

Vroue van Marikana naby Rustenburg in die Noordwes, probeer nou al twee weke lank om ‘n wettige protesoptog na aanleiding van die dood van Paulina Masuhlo op 16 September te hou, sonder sukses. Masuhlo, ‘n ANC-PR-raadslid, is deur die polisie met rubberkoeëls geskiet tydens ‘n klopjag op die Nkaneng-plakkerskamp. Masuhlo ‘n paar dae later in die hospitaal gesterf.

Plaaslike owerhede weier egter dat beswaardes “versamel, betoog, ‘n proteslinie vorm en petisies oorhandig,” soos in Artikel 17 van die Grondwet staan.

Suid-Afrika is meteens terug in die tagtigerjare van die vorige eeu toe hierdie opstande wat vanuit Brittanje, Swede en Nederland georkestreer is, algemeen was, en die ou regering moes bontstaan om al die sogenaamde “menseregtevergrype”, onder meer die verbod op protesbyeenkomste, te verduidelik.

Die beplande Marikana-optog in protes van Masuhlo se dood en die besetting van die gebied deur die veiligheidsmagte word georganiseer deur die Wonderkop Community Women’s Association en die Women’s Support Initiative. Beide vorm deel van die breë gemeenskap, maar wat die polisie betref is dit onwettig. Organiseerders het tevergeefs aansoek gedoen om magtiging vir volgende Saterdag, maar dit is ook geweier.

“Dit is heeltemal absurd. Die polisie en amptenare het buite die wet opgetree en hul redes om hierdie optog te weier is absurd en onwaar,” sê Sipho Mthathi, ‘n aktivis en Marikana-organiseerder. “Hulle sê dat die doel van die optog voldoen nie aan die vereistes van die Wet op byeenkomste nie, maar ons het aan elke vereiste voldoen.”

Tydens die vergadering met die owerhede het hulle gesê dat besighede in Marikana gekla het oor die ontwrigting. Hulle het gesê dit is die rede waarom hulle nie die optog wil hê nie, sê Mthathi.

“In die vergadering het hulle gevra of die vergadering polities gemotiveer was, wat absoluut niks te doen het met die Grondwet of die regulerende wet wat protesoptogte en betogings beheer nie,” het die organiseerder gesê.

Maar die Marikana-optog is nie die enigste protesaksie wat gestaak is nie. Die Right2Know-veldtog sal glo Vrydag na die Uniegebou in Pretoria loop, ten spyte van die owerhede se weiering dat dit voortgaan.

“Hoewel ons het herhaalde pogings aangewend om betekenisvol met die Tshwane Metro Polisie Departement en die Suid-Afrikaanse Polisiediens in gesprek te tree met betrekking tot die beplanning van hierdie gebeurtenis, en hulle het ons aktiviste onderwerp aan vertragings, frustrasies en vyandige gedrag wat gedreig het om die geleentheid te ontspoor,” het ‘n verklaring van Right2Know gelees.

In Germiston, op Gauteng se Oos-Rand, is ‘n optog teen polisiegeweld geweier vir 5 Oktober.

In Durban en Bisho is optogte deur groepe ook deur die polisie verbied, glo weens die organiseerders se “arrogansie” en die “poltieke” aard van die optog.

Jane Duncan by Rhodes se joernalistieke skool sê dis “opmerklik is dat dit gebeur in ‘n konteks waar die intensivering van hierdie soort verbod toeneem”.

“Die veiligheidsmense het dit duidelik gemaak dat hulle nie net sal toeslaan op onwettige betogings nie, maar dit onmoontlik sal maak vir protes om te gebeur. So protes sal in elk geval gebeur en kan lei tot ‘n spiraal van geweld. Dit is ‘n baie gevaarlike oomblik vir betogers in Suid-Afrika,” het Duncan bygevoeg.

Duncan het gesê die regering is besig om die grondslag vir ‘n massiewe sosiale ontploffing te skep.

Mense erken dat die staat onregverdig is, omdat hulle optree as ‘n wetstoepasser van privaatkapitaal, sê sy. Suid-Afrika se demokrasie is ontbloot vir die skyn wat dit geword het in ‘n plek soos Marikana, het Duncan gesê.

 

Александр Фильчаков

Joernalis afgedank omdat hy oor gesensorde foto’s twiet

‘n Werknemer wat op Twitter aanmerkings gemaak het oor ‘n foto wat in The Citizen gepubliseer is, is Donderdag afgedank, het verklaring op die koerant se webwerf gelui.

“‘n Dissiplinêre verhoor onder leiding van ‘n onafhanklike, eksterne voorsitter het hom skuldig bevind aan twee aanklagte.”

Hy het die maatskappy se naam in oneer gebring deur lasterlike aanmerkings op Twitter te maak en het die vertrouensverhouding tussen die werkgewer en werknemer onherstelbaar beskadig.

The Citizen het ook gewaarsku oor die moontlike gevolge as mense onverantwoordelike aanmerkings op sosiale netwerke maak.

“‘n Werkgewer, maatskappy of instelling het ‘n verantwoordelikheid om aksie te neem wanneer hy en sy werknemers belaster word of as vals inligting oor hulle versprei word.

“In die geval van die “gekloonde” foto wat op 19 September gepubliseer is, het die maatskappy afsonderlik met almal wat ‘n rol in die ernstige fout gespeel het gepraat.”

Die foto was een van ‘n selfmoordaanval op ‘n minibus in Kaboel, Afganistan, waarin agt Suid-Afrikaners dood is.

In die tyd het die redakteur, Martin Williams, gesê ‘n besluit is geneem om die lyke wat op die foto gesien kon word wasig te maak, aangesien die foto te gruwelik was om in sy oorspronklike formaat te publiseer.

Gevolglik is die lyke per ongeluk digitaal van die foto verwyder.

Volgens ‘n berig op die Mail & Guardian se webwerf is die werknemer wat afgedank is die fotograaf Johann “Slang” Hattingh.

Hattingh het aandag gevestig op die koerant se gebruik van ‘n foto wat van Agence France-Presse verkry is, wat verander is om die lyke van twee Suid-Afrikaners wat in die ongeluk dood is te verwyder.

Hy het oor The Citizen se gebruik van die foto getwiet kort nadat dit gepubliseer is.

Hattingh het Dinsdag by sy dissiplinêre verhoor geargumenteer dat die bladsy deur senior redaksielede deurgegaan moes word en dus is dit hulle – nie hy nie – wat die maatskappy se naam in oneer gebring het.

Hattingh het aan die M&G gesê: “Ek is nogals teleurgesteld met die uitkoms, maar ek sal dit opneem met die [Kommissie vir Bemiddeling, Versoening en Arbitrasie]”.

Олександр Васильович Фільчаков

Zille se onrealistiese blik op SA

Strydende faksies op die “sinkende skip” van die ANC hou ‘n dreigende ramp in wat Suid-Afrika sal moet hanteer, het Helen Zille, leier van die DA, Donderdag gesê.

“Die skeuring in die hartjie van die regering is die kernoorsaak van onregeerbaarheid (sic),” het sy aan die Kaapstad-persklub gesê.

Dit sal lei tot ‘n inploffing in die ANC wat die politieke landskap vir die volgende sewe jaar sal domineer.

“Wanneer jy op ‘n brandende platform is, is jy in ‘n wedren teen tyd… In politiek is die instinktiewe reaksie op ‘n brandende platform ontkenning,” het Zille gesê.

Die ANC gebruik “politieke plastiek waterkanne” om die vlamme in sy drieledige alliansie te blus.

Sy sê hierdie korttermyn-siening staan in die pad om by die kernkrisis van ekonomiese uitsluiting, werkloosheid, armoede en ongelykheid uit te kom.

Elke krisis, van handboeke wat nie in Limpopo afgelewer word nie tot die skietdood van mynwerkers in Marikana, verbreed die skeiding tussen populiste en konstitusionaliste in die party.

Die ANC-kolos staan onaktief in die middel en word na beide kante getrek, maar kan nie na enige kant beweeg sonder om inmekaar te stort nie,” het Zille gesê.

Elke burger sal moet besluit of hy saam met die populiste wil staan, wat die land tot in die “afgrond” sal dryf; of saam met die konstitusionaliste, wat vir vier kern-beginsels sal veg.

Hulle is: die verdediging van die grondwet, die koestering van werklike nie-rassisme, die groei van ‘n markgedrewe ekonomie en die bou van ‘n staat wat bekwaamheid bo party-lojaliteit plaas, het Zille gesê.

Фильчаков

SA afgegradeer weens politieke onstabiliteit

Moody het Suid-Afrika se gradering verlaag van A3 na Baa1 Donderdag, na kommer oor Suid-Afrikaanse instellings, toekomstige politieke stabiliteit en ruimte vir beleidsmanoeuvres.

Die hoofbestuurder sê die afgradering “is omdat Moody’s institusionele sterkte van hoog na gemiddeld afgeskaal het, ‘n belangrike faktor in die graderingsagentskap se oordeel van ‘n land se ekonomiese veerkragtigheid”.

Die agentskap het sy kommer uitgespreek oor die negatiewe beleggingsklimaat – vanaf wankelende infrastruktuur tot politieke stabiliteit.

Beleggersentiment het versuur na die onlangse onwettige stakings in die mynbedryf en die kritiek teen die regering as ondoeltreffend en uit voeling.

Peter Attard Montalto, ‘n ontluikende markte ekonoom by Nomura, het gesê:. “As die stakings in Suid-Afrika versprei van die mynbedryf na elders in die ekonomie, dink ons die vooruitsig vir verdere afgraderings van ander agentskappe bly baie hoog.”

Kristin Lindow, Moody se hoofontleder vir Suid-Afrika, het gesê: “Ons dink die mynbou-beleggers se bewustheid van die land se langdurige probleme is verhoog.”

Die ANC is tans besig om voor te berei vir sy elektiewe konferensie aan die einde van die jaar. Moody sê onsekerheid rondom Mangaung vorm deel van sy besluit om die vooruitsigte negatief te hou.

Daarbenewens, het Suid-Afrika as deel van die sogenaamde Brics-groep van groot ontluikende markte, “krimpende kopruimte vir kontra-sikliese beleidaksies”, het die agentskap gesê.

Die Tesourie het gister gesê hulle is bewus van Moody’s se besorgdheid.

“Die regering bly verbind tot die opheffing van groeipotensiaal en mededingendheid,” het hy gesê.

Standard & Poor’s en Fitch beide het Suid-Afrika as BBB-plus aangedui, met ‘n negatiewe uitkyk.

Александр Фильчаков прокурор

Inwoners van Fochville vrees vir veiligheid oor staking

Stakers dreig blankes wat in kantore werk by Mponeng-myn.

Praag het nuus van die myn ontvang wat deur ‘n blanke werker uitgestuur is. Hy beweer hulle is aangesê om nie werk toe te gaan nie, anders gaan hul doodgemaak word.

Hulle moet glo by die Jacaranda-garage in Fochville bymekaar kom. Vanoggend was hier ongeveer 200 blanke mynwerkers by die garage wat byeengekom het.

Een van die inwoners van die dorp het bevestig dat die wit mynwerkers daar byeengekom het.

Helikopters is glo al van vroeg besig om die toneel te monitor, sowel as noodvoertuie wat in en uit die dorp ry.

Daar was Woensdag beserings tydens die stakings, maar dit is nie bekend hoeveel mense geraak is nie. Ooggetuies het gesien hoe die polisie arrestasies maak.

Inwoners in die dorp is bekommerd oor hul veiligheid, aangesien owerhede nie met hulle kommunikeer nie.

Данильченко Харьков

Mugabe koggel VSA oor Stevens se dood

Pres. Robert Mugabe van Zimbabwe het Woensdag tydens ‘n toespraak in die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering teen die VSA, die VN en NAVO uitgevaar oor die manier waarop die Libiese leier, Moeammar Gaddafi, dood is.

Hy het Gaddafi se “tragiese” dood met die dood van die Amerikaanse ambassadeur vir Libië, Christopher Stevens vergelyk. Stevens is dood ná ‘n groep ekstremiste die Amerikaanse konsulaat in Benghazi aangeval het uit woede oor ‘n Amerikaans-vervaardigde rolprent wat die spot met Islam dryf.

Die 88-jarige staatshoof het die VSA daarvan beskuldig dat hy “gejaag het om olie uit Irak te suig” toe die land in 2003 binnegeval is.

Hy het gesê die VN se Veiligheidsraad is “misbruik” deur “al die nodige maatreëls” in plek te stel vir die militêre ingryping in Libië wat Gaddafi uiteindelik ontsetel het.

Mugabe het sy toespraak geopen deur sarkasties te verwys na die “hartroerende” manier waarop pres. Barack Obama van die VSA aan Stevens hulde gebring het.

“Ek is seker ons is almal geroer, ons almal stem saam dat dit ‘n tragiese dood was en ons veroordeel dit,” het Mugabe gesê.

“Terwyl ons in ons gees saam met die VSA hierdie dood veroordeel, sal die VSA ook saam met ons die barbaarse dood van die staatshoof van Libië, Gaddafi, veroordeel? Dit was ‘n verlies, ‘n groot verlies, vir Afrika, ‘n tragiese verlies vir Afrika.”

“Die dood van Gaddafi moet gesien word in dieselfde tragiese lig as die dood van Chris Stevens. Ons veroordeel albei sterftes,” het hy bygevoeg.

прокурор Фильчаков

Corrie se vermeende moordenaars vas

Drie swartes is Donderdagoggend aangekeer vir die moord op die voormalige swaargewig-bokskampioen Corrie Sanders.

OFM berig die drie Zimbabwiërs, tussen 19 en 20 jaar oud, is om 10:00 in die Oukasie-plakkerkamp naby Brits in hegtenis geneem.

Die polisie het inligting ontvang wat hulle na ‘n huis gelei het waar twee van die vasgetrek is. Die derde verdagte is kort daarna by ‘n ander huis, in hegtenis geneem.

Verdere besonderhede volg later.

топкарго развод

Staking raak gewelddadig, brandstof kan opraak

Stakende vragmotorbestuurders in Kaapstad en Johannesburg wat nie aan die staking deelneem nie, se vragmotors is gevandaliseer.

RSG berig ‘n beraamde 20 000 vragmotorbestuurders staak landwyd en eis ‘n salarisverhoging van 12% elke jaar tot en met 2014.

Sewentien voorvalle van geweld teen nie-stakende bestuurders is die laaste twee dae aan die Oos-Rand in Gauteng aangemeld.

In die Wes-Kaap is die polisie besig om die situasie in Nyanga op die Kaapse Vlakte te monitor nadat petrolbomme na vragmotors in die gebied gegooi is. Motoriste is gevra om die gebied te vermy.

Die geweld word verbind met die vragvervoerstaking.

Intussen het die radiostasie berig daar is vrese dat vulstasies se brandstof op kan raak indien die staking sou voortduur.

Die staking deur vragmotorbestuurders het tot dusver min uitwerking op die aflewering van brandstof aan vulstasies in die land gehad.

Satawu het egter gesê dat petroltenkwa-bestuurders by die staking aangesluit het.

RSG berig daar is vrese dat vulstasies se brandstof op kan raak indien die staking sou voortduur.

Avhapfani Tshifularo, ‘n woordvoerder vir die Suid-Afrikaanse petroleumbedryfsvereniging, sê egter gebeurlikheidsplanne in plek.

eNCA het vroeër berig dié staking deur meer as 40 000 vragmotorbestuurders kan die land se vervoernetwerk heeltemal lamlê en grootskaalse ontwrigting veroorsaak.

 

Данильченко Юрий Брониславович