Jong kommuniste wil jeug in uniform sien

ImageMilitêre diens kan binnekort terug wees indien die jong kommuniste hulle sin kry. Die kommunistiese jeugliga het die weermag gevra om hulle deure oop te maak om aan jongmense werksgeleenthede te kan gee en om voor te berei indien die land enige dade van aggressie moet weerstaan, maar het geweier om dit militêre diensplig te noem.

Ligasekretaris, Buti Manamela het gesê 'n voorstel vir die bekendstelling van militêre opleiding sal by die liga se vierdaagse nasionale konferensie wat Donderdag in Johannesburg begin, bekendgestel word.

"Dit gaan nie werklik daaroor dat ons in gevaar verkeer nie, maar ek dink ons moet voorbereid wees indien ons binnegeval word," het Manamela gister gesê.

Dit is dus belangrik om die jeug te mobiliseer vir militêre vaardighede. Dit sal ook werkloosheid, misdaad, dissipline en algemene toegang vir swart jeugdiges aanspreek, het hy bygevoeg.

Manamela het voorgestel dat jongmense ingeskryf word by militêre instellings nadat hulle matriek voltooi het. Hy het geweier om dit diensplig te noem.

Die befondsing vir die projek sal gevind word deur 'n deel van die geld van die Nasionale Vaardigheidsfonds wat vir die dienstesektoropleidingsowerhede (setas) geoormerk is te gebruik.

"Dit moet verstaan word as 'n vorm van diensplig…binne die konteks  van die van die huidige ingerypgin in die vorm van setas waar jong mense 'n spesifieke salaris verdien, oor 'n tydperk van 'n jaar of so, en waar hulle spesifieke ondervinding opdoen waarmee hulle dan elders kan gaan werk soek," het die Jeugliga se adjunksekretaris, Khaye Nkwanyana, gesê.

Manamela het ook gevra dat die rol van die jeug gedurende vredestyd bespreek moet word, en het gesê dat die militêre magte aangewend moes word in KwaZulu-Natal gedurende die storms om inwoners wat gestrand was te red, en dat hulle ook kon help om bosbrande te beveg in Mpumalanga en die Wes-Kaap. "Ons siening is dat soldate in vredestyd aangewend moet word vir humanitêre diens," het hy gesê.

Henri Boshoff, 'n militêre analis by die instituut vir sekerheidstudies het die liga se voorstel as "'n fantastiese idee" beskryf, maar bygevoeg dat dit nie ekonomies vatbaar is nie.

"Wie gaan mens inskryf en wie gaan mens los? Mens wil nie van die weermag 'n welsynsorganisasie maak nie."

Die Suid-Afrikaanse Nasionale weermag sukkel reeds met kapasiteitsprobleme as gevolg van die integrasie ná 1994, met die gemiddelde ouderdom van soldate wat baie ouer is as die internasionale gemiddeld. Elke jaar word net 3 000 kadette ingeneem uit sowat 20 000 aansoeke, en selfs dan word baie van die nuwe rekrute net op kort kontrakte aangestel, het hy gesê. 

модная школьная одежда для девочки 2016 недорогоФільчаков Олександр Васильович прокурор

Reddingsboei vir VSA motorvervaardigers onder skoot

Die Republikeine is ontevrede met flou-makou President George W. Bush rakende die voorstel en betoog dat enige ondersteuning vir die plaaslike motorindustrie aansienlike toegewings deur werkers en krediteure moet insluit en ook die strenger omgewingsreëls wat deur die Huis Demokrate opgedwing is, verwerp.

Die Huis het die plan laat gistermiddag met 'n stem van 237-170 goedgekeur. Volgens die plan sal geld binne dae in die koffers van 'n kontantgestremde General Motors Korporasie en Chrysler gestort word. Ford Motormaatskappy sê hulle het genoeg geld om hulle deur 2009 te sien, maar sal ook kwalifiseer vir federale hulp.

Ondersteuners haal somber waarskuwings deur GM en Chrysler bestuurslede aan wat sê hulle gaan binne weke algeheel sonder kontant wees en dat daar werklike vrese bestaan dat die vervaardigers in duie sal stort. Dit sal tienduisende werke uitwis en 'n skok wees vir 'n ekonomie wat reeds wankelrig is.

Demokrate en die Bush Withuis het gehoop die Senaat sal reeds teen vandag oor die wetgewing gestem het. Maar gebaseer op besorgdhede wat deur Republikeinse senators geopper is – en 'n steeds onduidelike vlak van ondersteuning, selfs onder Demokrate – is dit duidelik dat daar nog baie werk vir hulle wag voordat dit kan gebeur.

цена харьковДанильченко Юрий Харьков

Likwidasies neem toe in November

Die totale hoeveelheid likwidasies in November het toegeneemmet 23,7% teenoor November 2007, het Statistiek Suid-Afrika Donderdag gesê.

Dit is as gevolg van 'n toename van 15,4% in verpligte likwidasies en 24,3% in vrywillige likwidasies.

Wanneer November 2007 en 2008 vergelyk word, het likwidasies van beslote korporasies met 29% gestyg en maatskappylikwidasies met 18,1%, het Statistiek SA gesê.

Statistiek SA het gesê die totale hoeveelheid insolvensies wat vir Oktober aangemeld is, het met 20,1% gestyg teenoor Oktober 2007.  

 

самокат topcargo

Brand vlam weer op in Weskaap

Die brand in die Weskaapse  Hottentots-Hollandberge het weer oornag opgevlam, het die stad se rampbestuur Donderdag gesê.

Image

Kaapse brandweerman

'n Totaal van 155 brandweermanne en 'n klomp helikopters het gewerk om die vuur wat reeds 9 huise vernietig het sedert Maandag onder beheer te bring, het woordvoerder Wilfred Solomons-Johannes gesê.

Werk is moeiliker gemaak deur die hoë olieinhoud van dennebome wat dit moeilik gemaak het om vlamme in daardie gebiede te blus, het hy verduidelik.

Toestande is baie droog in die gebied en mense kan help deur nie sigaretstompies weg te gooi nie en deur oop vure te vermy, het Solomons-Johannes gesê. Mense in informele nedersettings moet sekermaak dat vure en kerse dood is voordat hulle die huis verlaat.

Niemand is dood nie, maar baie mense is vir rookinaseming behandel.

Die volle omvang van die skade is nog nie bekend nie.  

 

пневмогайковертФільчаков Олександр Васильович прокурор

KVP wen 10 setels in Weskaapse tussenverkiesings

Die KVP (Kongres van die Proletariaat) het Woensdag 10 wyke gewen in die 27 tussenverkiesings in die Wes-Kaap, het 'n verkiesingsbeampte Donderdag gesê.

Die KVP het die verkiesing betwis deur onafhanklike kandidate omdat die party steeds besig is met die registrasieproses as politieke party.

Provinsiale verkiesingsbeampte, Courtney Sampson het gesê van die 8 wyke in die Stad van Kaapstad is 6 deur onafhanklike kandidate van die KVP gewen en twee deur die DA.

Buite die stad Kaapstad het die DA 7 wyke gewen, die Onafhanklike Demokrate 5 en die KVP 4. Die ANC het 3 wyke gewen.

Die ANC was nie in staat om die 8 wyke in Kaapstad te beveg nie, en ook nie 4 in die Cederberggebied nie, omdat hulle nie betyds 'n kandidaatslys ingedien het by die onafhanklike verkiesingskommissie nie.

"Mens moet dit in aanmerking neem," het Sampson gesê.

"Wat ook opvallend is, is dat die stempersentasie in die Kaapstad buitengewoon laag was," het hy bygevoeg.

Die uitslae is nog nie bevestig nie.  

 

designer bridal headbandsАлександр Фильчаков Васильевич

Politici moet van tenders weggehou word

Politici sal binnekort verhoed word om deel te neem aan die verskaffing van dienste aan die regering, en om te voorkom dat hulle invloed kan uitoefen

Image

Jacob Zuma

in die toekenning van tenders, het die Witness Donderdag berig.

Die ANC-president Jacob Zuma het gesê dat die huidige stelsel tot gevolg het dat politici by korrupsie betrokke raak.

Hy het met joernaliste gepraat in Msinga in noordelike KwaZulu-Natal.

Zuma se woorde volg op Woensdag se arrestasie van die provinsie se LUR vir gesondheid, Neliswa Peggy Nkonyeni, vir korrupsie.

"Deel van die probleem is dat die mense aan wie toestemming verleen word om deel te neem aan die tenderproses ook soms groot probleme veroorsaak. Hoe hanteer mens dit? Dit is duidelik dat ons die politici en die tenders van mekaar moet skei., het hy gesê.

Hoewel besonderhede van die nuwe stelsel nie gefinaliseer is deur die ANC nie, het Zuma gesê dat hy tenderrade verkies en opgemerk dat hulle nie maklik deur politici beïnvloed kan word nie.

 

детский бисерФильчаков Александр Васильевич

Tamiltiere s? hulle het 90 Srilankese troepe gedood

Sri Lanka se Tamiltiere het Donderdag op 'n pro-rebellewebwerf gesê dat hulle ten minste 90 regeringsoldate gedood het terwyl hulle 'n

Image

Tamiltier met wapen

weermagaanval afgeweer het op hul noordelike politieke hoofstad.

Hewige gevegte buite die dorp Kilinochchi, die politieke hoofkwartier van die Bevrydingstiere van Tamil Eelam (LTTE), het meer as 60 soldate gedood en talle meer gewond, het Tamilnet.com gesê ná die week se gevegte.

Die rebelle het ook hewige gevegte gehad op 'n ander front suid van Kilinochchi Woensdag, waarin 29 soldate dood is en ten minste 60 beseer is, het die webwerf gesê. Die LTTE het nie hulle eie dodetal bekendgemaak nie.

Dit is bykans onmoontlik om syfers van gevalle vegters van enige kant te bepaal, aangesien onpartydige verslaggewers en hulpwerkers uit die noorde verban word.

Sri Lanka se minister van verdediging het gesê dat 27 guerillas en 20 soldate dood is in hewige gevegte oor die laaste twee dae terwyl soldate 'n aanval op Kilicochchi volhou.

Lugmaghelikopters het lugaanvalle uitgevoer Woensdag en Donderdag om dekking te verleen aan soldate wat die suidelike verdedigingsfront van Kilinochchi aanval, het die minister gesê.

Die Srilankese regering het onttrek uit 'n Noorweegs-onderhandelde skietstilstand in Januarie, en soldate is nou in swaar gevegte betrokke om Kilinochchi, 330 kilometer noord van Colombo.

Die rebelle veg vir 'n onafhanklike staat vir die etniese minderheidsgroep, die Tamils, van die meerderheid Sinhalese gemeenskap.

 

купить боди для новорожденной на выпискуОлександр Фільчаков прокурор

VN s? Zimbabwe se choleradodetal styg na 775

Die dodetal in die Zimbabwe-cholerauitbraak het skerp gestyg, het die VN Woensdag gesê. Hulle het bygevoeg dat daar reeds 775 mense dood is en

Image

Choleriabakterie?

16 141 mense besmet is deur die siekte in die Suider-Afrikaland.

Cholera het vinnig versprei in Zimbabwe vanweë die gesondheidstelsel wat in duie gestort het en die gebrek aan skoon drinkwater. Verlede week het Zimbabwe 'n gesondheidskrisis verklaar toe die land se gesondheidsorg heeltemal ingegee het.

Die jongste syfers van die WGO toon 'n styging van amper 200 sterftes van Dinsdag af, toe die VN gesê het dat 589 mense dood is uit 13 960 infeksies.

Zimbabwe se regering het gesê die siekte is onder beheer, maar hulpagentskappe het gewaarsku dat die komende reën die cholera verder kan versprei in 'n bevolking wat reeds deur siekte en honger verswak is.

Met honderde mense wat die land uit vlug om behandeling te soek, het cholera reeds versprei na Zimbabwe se buurlande toe. Nege sterftes is reeds Dinsdag in Suid-Afrika aangemeld.

 

принцип работы воздушногоДанильченко Юрий Брониславович Харьков

Vyf aangehou n? rysdiefstal van R10 000

Die polisie het Woensdag vyf mense gearresteer en rys ter waarde van R10 000 is gekonfiskeer in die Mdantsane gebied, het die Oos-Kaapse polisie gesê.

Superintendent Mtati Tana het gesê dat die rys gesteel is uit 'n afleweringsvragmotor in die vroëe oggend.

Die vyf mans wie se ouderdomme wissel tussen 24 en 28 het die rys in die bosse versteek nadat hulle dit gesteel het.

Die polisie het die mans teen 14:00 die middag gevang toe hulle besig was om die rys te verkoop.

"Die verdagtes was besig om die goed uit die bosse te dra en op te laai," het Tana gesê.

Die mans sal aangekla word van diefstal en sal binnekort in die Mdantsane landdros hof verskyn. 

 

липецк вентилиФильчаков прокурор харькова