Brittanje dreig om ambassade waar Assange skuil te bestorm

Ecuador sal binnekort sy besluit oor die WikiLeaks-stigter, Julian Assange, se asielaansoek aankondig, het Ricardo Patino, minister van buitelandse sake, gesê.

Intussen het Patino aan die nuusagentskap AP gesê Brittanje het gedreig om Ecuador se ambassade in Londen te bestorm om Assange in hegtenis te neem. Hy het gesê hy sal die saak opneem met ander lande in Suid-Amerika, omdat die VK se dreigement nie strook met internasionale reg nie.

Hy het gesê ‘n dringende spitsberaad van die Raad van Buitelandse ministers van die Unie van Suid-Amerikaanse State (UNASUR) en die Organisasie van Amerikaanse State (OAS) sal belê word om die “bedreiging” teen ‘n soewereine land in die streek te bespreek.

Die geskrewe dreigement, aide memoire, van die Britse regering aan Ecuador lui as volg:

“You need to be aware that there is a legal base in the UK, the Diplomatic and Consular Premises Act 1987, that would allow us to take actions in order to arrest Mr Assange in the current premises of the Embassy. We sincerely hope that we do not reach that point, but if you are not capable of resolving this matter of Mr Assange’s presence in your premises, this is an open option for us.”

Om die perseel in Londen te bestorm, sê Patino, sal ‘n “flagrante skending” van artikel 22 van die Weense Konvensie op diplomatieke betrekkinge wees. Hy het gesê Ecuador is nie ‘n kolonie van Brittanje nie, en “die dae van kolonies is verby”.

Die 41-jarige Assange woon al sedert 19 Junie in Ecuador se ambassade in Londen om uitlewering aan Swede, waar hy deur die polisie ondervra gaan word oor beweerde seksuele misdrywe, te vermy.

Dié dreigement is des te meer vreemd aangesien Assange in Swede vir ‘n beweerde seksoortreding teen ‘n wit vrou “gesoek” word, terwyl die Britse polisie tuis nie veel ag slaan op sulke ootredings teen wit vroue wat deur buitelanders gepleeg word nie en jare sloer om sulke sake te ondersoek.

Patino het gesê die dreigement is by Ecuador se ministerie van buitelandse sake en die ambassadeur in Londen afgelewer.

Assange vrees ook deportasie na die Verenigde State, wat hom dalk kan aankla oor sy webwerf se vrystelling van geheime Amerikaanse dokumente en ter dood mag veroordeel.

“Die Verenigde Koninkryk het ‘n wetlike verpligting om mnr Assange aan Swede uit te lewer in persoon vir ondervraging oor bewerings van seksuele misdrywe, en ons bly vasbeslote om hierdie verpligting na te kom,” het ‘n Britse buitelandse woordvoerder egter gesê.

“Die besluit om die Ecuadoriaanse ambassade van sy diplomatieke beskerming te stroop, is nog nie deur Brittanje geneem nie. Ons is nie van plan om dit oornag te doen nie,” het die woordvoerder bygevoeg.

WikiLeaks se woordvoerder Kristinn Hrafnnsson het aan AFP gesê die dreigement om die Ecuadoriaanse ambassade te bestorm is “baie ernstig,” en het gesê volgens die groep se regspan is dit onwettig. Die Britse polisie is steeds saamgetrek buite die gebou, waarvan daar net een uitgang is.

Assange se ondersteuners het buite die ambassade byeengekom, en die organisasie van ‘n lewendige beeldmateriaal van die toneel op die internet geplaas. Volgens hulle is die toevoer deur DDoS-aanvalle ontwrig.

‘n Pizza-afleweringsman het na bewering by die ambassade aangekom en probeer om ‘n pizza af te lewer aan “Mark Anthony.” Hy het egter nie daarin kon slaag nie, en het homself vinnig uit die voete gemaak.

Данильченко Юрий Брониславович компромат

Protesbrandpunte ontleed

Die Sentrum vir die Studie van Geweld en Versoening by die Universiteit van die Witwatersrand het protesbrandpunte in Gauteng en Mpumalanga ontleed.

Voortgesette oproer volg nadat die DA diensleweringsprotes van stapel gestuur het om die ANC onder druk te plaas om plaaslike regering op te knap.

Groot getalle swart DA-lede het onlangs deelgeneem aan ‘n staking teen swak dienslewering in Modjadjiskloof. Dit is deur die party gereël na klagtes oor dienslewering in die Groter Letaba Munisipaliteit. Slaggate en elektrisiteitstoevoer was ‘n paar van die items op die agenda en ‘n griefskrif is aan die betrokke amptenare oorhandig.

Max du Preez het oor diensleweringsopstande wat die DA reël, gesê: “Die dag wat Suid-Afrikaners die ANC aan dieselfde streng standaard van dienslewering en etiek soos ons dit doen die DA, hou, sal die dag wees wat ons baie beter oor ons demokrasie voel.”

Du Preez het die DA se volgehoue pogings om ontevredenheid te stook, as volg verklaar: “Die DA is ‘n bietjie soos ‘n swart vrou in ‘n algehele manlike, wit maatskappy: Sy moet baie beter as haar kollegas doen om dieselfde respek wat hulle vir mekaar wys, te kry.” Hy het dié verduidelikings vir die party se optrede vroeër in sy boek Pale Native uiteengesit.

Volgens ‘n City Press-koerant wat berig het oor die verslag getiteld “The Smoke That Calls” van Wits, speel ANC-lede glo ook ‘n rol in die protes.

In ‘n gevallestudie het “verskeie informante beweer dat ‘n groep gevorm is deur die burgemeester om haar te ondersteun in haar uitval met die raad se speaker”.

Party het aangesluit by oproer om korrupsie te beveg, ander het gehoop vir werk, terwyl nog ander gegrief is omdat hulle toegang tot tenders opgedroog het.

In ‘n ander geval was die uitbarsting van protes gekoppel aan afdelings binne die stadsraad. Die speaker het glo vertroulike inligting na organiseerders gelek om die burgemeester te ondermyn om te protesteer.

Geen name van dorpe word egter in die verslag genoem nie.

Alhoewel provinsiale eerder as die plaaslike regering getaak is met die lewering van behuising, hou die opposisie die regering verantwoordelik vir die behuisingskrisis in die provinsie. Zille beweer nogtans dat haar munisipaliteit se pogings om behuising te bespoedig, die lewering verhoog het van 3000 eenhede per jaar onder die ANC, tot 7000 eenhede per jaar tussen 2006 en 2008 onder haar administrasie as burgemeester van Kaapstad.

Dit is een van die redes waarom mense uit die Oos-Kaap na die Wes-Kaap stroom en waarom die verwagtinge van arm plakkers om behuising te bekom so hoog is. Hierdie verwagtinge wat deur die DA geskep is, lei uiteindelik na opstande en oproer.

In ‘n artikel getiteld “Die ANC is pro-armoede, nie pro-armes nie” wat kort voor die algemene verkiesing van 2009 gepubliseer is, het Zille daarop gewys dat geen begroting vir die opgradering van informele nedersettings bestaan onder die ANC-administrasie nie, terwyl dit in 2007 deur haar eie administrasie opstel is.

Die DA het ‘n toegewyde begroting vir die voorsiening van water, elektrisiteit en sanitasie vir plakkers en “vlugtelinge” uit die Oos-Kaap daargestel. In byvoeging tot die handhawing van bestaande water- en elektrisiteitsubsidies, het Zille ook verseker dat elektrisiteit voorsien word aan informele nedersettings wat Eskom voorheen geweier het om te elektrifiseer, soos die Happy Valley en Site B Khayelitsha.

Tokyo Sexwale, ANC-minister van behuising, het Zille Woensdag geprys vir haar toewyding aan swartmense.

Фильчаков прокурор

LUR, Vrystaat-landbou tevrede met landelike veiligheid

Die inhegtenisneming van vyf mense ná die moord op ‘n bejaarde boer van Jansenville, is gerusstellend, het Helen Sauls-August, Oos-Kaapse LUR vir veiligheid, gesê.

“Hierdie vinnige optrede sal die publiek se vertroue en die SA Polisiediens herstel,” het sy in ‘n verklaring gesê.

“Ons was geskok om van hierdie brutale, onmenslike moord op ‘n bejaarde te hoor… Dit is teleurstellend dat ons jongmense hierdie aan een van hul eie bejaardes kon doen…”

Owen Charles (70) is Sondag op sy plaas doodgesteek. Sy vrou het kritieke beserings in die aanval opgedoen.

Die polisie het vroeër gesê ‘n vrou en vier seuns is ná ‘n skietery en wilde jaagtog in Knysna, in die Wes-Kaap, in hegtenis geneem.

Kapt. Malcolm Pojie sê die polisie het vier seuns – tussen die ouderdomme van 12 en 17 – asook ‘n 22-jarige vrou in die Plettenbergbaai-gebied aangekeer.

Die adjunk-president van Vrystaat Landbou en voorsitter van die veiligheidskomitee, het gesê plaasaanvalle en -moorde in die Vrystaat is aan die afneem. 

Kobus Breytenbach, DA-ondersteuner, se kommentaar kom te midde van ‘n reeks aanvalle en moorde op plase landswyd in die afgelope week.

Breytenbach sê hoewel daar steeds sekere tekortkominge in die organisasie en die polisie se landelike beveiligingsplan is wat ses jaar gelede in werking getree het, blyk dit suksesvol te wees, het OFM berig.

Данильченео

Dertien dae…

Aanvalle en moorde op blankes wat vanaf 1 Augustus 2012 plaasgevind het. Die lys is moontlik nie volledig nie.

*WARBURTON/LOTHAIR: Tony Mason aangeval. Ernstig aangerand.

*KLERKSDORP/HARTBEESFONTEIN: Hendrien Johnstone De Lange doodgeskiet tydens ‘n plaasaanval.

*JANSENVILLE: Owen Charles, ‘n Sewentigjarige boer van die Jansenville-omgewing is dood en sy vrou ernstig beseer in ‘n plaasaanval verlede nag.

*AMANZIMTOTI: Lucas Holtzhausen in ‘n koma met breinskade na barbaarse aanval deur drie swartes in Umbilostraat.

*POTCHEFSTROOM: Oom Jurie Barnard (82) en tannie Anna (80) aangeval, aangerand en met warm strykyster gebrand tydens plaasaanval.

*RHODESFIELD, KEMPTONPARK: Karen Goosen (44) veg om haar lewe na sinnelose, barbaarse aanval deur twee swartes:

*SABIE: Mavis Koekemoer van Lewis Dinsdag oorval en in pikdonker stoorkamer toegesluit.

*RICHMOND: Man vermoor in Richmond Kzn. geskiet en bakkie gevat het op n plaas net buite Richmond gebly.

*SMITHFIELD: Johan Neetling (56), ‘n boer van Smithfield, is Dinsdagaand beseer toe hy glo vier mans in n verdagte Toyota Corolla met ‘n Noord-Kaapse registrasienommer op ‘n grondpad in die omgewing van sy plaas voorgekeer het, in plaasaanval.

*ODENDAALSRUS: Anet Knoetze (64) met mes doodgesteek in haar huis.

*BRONKHORSTSPRUIT: Hannes Engelbrecht van BKA se jonger broer is aangerand deur ‘n klomp van sy Mozambiekse werkers. Hulle het hom met stompe geslaan en beide sy bene gebreek, sowel as sy arm. Hy het inwendige en kopbeserings opgedoen en is tans bewusteloos in ‘n hospital.

*CLOCOLAN: Oom Kempen Hugo oorlede na aanval.

*LINKSFIELD: Erhard Enslin, 27, is laas Vrydag is in Linksfield vermoor gevind.

*WITBANK: 73-jarige tannie vertel van haar vyf ure van hel terwyl sy verkrag en aangerand word.

*WITBANK: Plaasaanval: Elmarie Faber (54) aangerand. Die merke om me. Elmarie Faber se gewrigte, is ‘n onaangename herinnering aan die oggend toe sy deur gewapende mans by haar plaashuis oorval en vasgebind is.

*SUNWOODPARK: ‘n Afgetrede, welaf man deur 3 swartes aangeval. Hul het hom doodgesteek met messe nege uur die oggend in sy huis, selfoon en skootrekenaar gesteel.

*AMANZIMTOTI: Malcolm Murray aangeval deur gewapendes by burgersentrum en met ‘n wapen geslaan.

Inligting verskaf deur BKA

лобановский харьков класс

Myne luister nie na gemeenskappe nie

Gemeenskappe is ongelukkig met myne, volgens ‘n verslag

Daar is ‘n groot afstand tussen die manier waarop myne in die Noordwes-provinsie van Suid-Afrika hulself handhaaf en die manier waarop gemeenskappe hulle sien.

Dit is die bevindinge van ‘n verslag deur die Bench Marks Foundation. “Wat ons weer gevind het, is dat die korporatiewe maatskaplike verantwoordelikheid deur die myne van bo na onder strek, ontwerp deur kundiges en op gemeenskappe afgedwing,” sê John Capel, uitvoerende direkteur van die Bench Marks Foundation.

“Daar is baie min bewyse dat gemeenskappe eintlik geraadpleeg word oor hul frustrasies oor die impak van mynbedrywighede op hul lewens.”

Die mynmaatskappye wat ondersoek is, was Anglo Platinum, Impala Platinum, Aquarius Platinum, Xstrata, Lonmin en Royal Bafokeng Mynbou.

Фильчаков

Buiteland moet ingryp oor plaasmoorde

Die boerderygemeenskap is weer eens geruk deur ‘n aantal aanvalle en moorde op Suid-Afrikaanse plase.

In Noordwes is die 46-jarige mev. Ronél van Eck by haar plaashek doodgeskiet nadat sy haar seuntjie by die skool afgelaai het. Daardie seuntjie sal nou sy lewe moet voortsit sonder ‘n moeder.

‘n Bejaarde boer, die 70-jarige mnr. Owen Charles, is naby Jansenville op sy plaas vermoor, terwyl hulle sy vrou se verjaardag gevier het.

In Ladybrand in die Vrystaat is ‘n Amerikaanse plaasbestuurder, mnr. Allen Rodgers, op die plaas Geluk aangeval. Alhoewel hy tans in ‘n bestendige toestand verkeer, is hy ernstig beseer nadat hy deur drie terroriste met kapmesse aangeval is.

“TLU SA gaan die Amerikaanse ambassadeur in Suid-Afrika vra om druk uit te oefen op die Suid-Afrikaanse regering om iets aan die plaasaanvalle te doen,” sê TLU SA se Adjunk-President en voorsitter van dié unie se veiligheidskomitee, mnr. Henry Geldenhuys.

“TLU SA het al ver gevorder om plaasaanvalle se aard en omvang onder die internasionale gemeenskap se aandag te bring,” sê mnr. Geldenhuys. “Hierdie veldtog sal voortgesit word, en aangesien daar nou ‘n aanval was op ‘n plaas wat deel is van ‘n Amerikaanse boerdery maatskappy, en ‘n Amerikaanse burger al byna deel van die sterftestatistiek geword het, is dit noodsaaklik om ook die Amerikaanse ambassadeur te nader en te vra om TLU SA te help in sy stryd teen plaasmoorde. Indien geen ander optrede moontlik is nie, moet die Amerikaners, en ander internasionale instellings, oorweeg om persoonlike sanksies teen pres. Jacob Zuma en van sy kabinetslede in te stel,” sê mnr. Geldenhuys.

“Ons pleidooie by die regering val op dowe ore. Dalk sal hulle begin luister as van die groot moondhede hulle stem begin dik maak. Dit is wat TLU SA hoop om te behaal uit ‘n gesprek met die Amerikaanse ambassadeur.”

Фильчаков прокурор

Jane en …Tarzan?

David Champion het sy dogter, nou 18, in die gesig geslaan, terwyl haar ma Frances ook ingeklim het met ‘n paar klappe.

Die rede vir hierdie brutaliteit? Hulle het nie van die kleur van haar kêrel se vel gehou nie, ‘n feit wat hulle duidelik gemaak het toe hulle hom in rassistiese terme uitgeskel het, so erg, dat die polisie glo ingeroep is.

David, 50, is verlede week gevonnis tot ‘n jaar in ‘n Britse tronk en sy 47-jarige vrou tot nege maande vir die aanranding en rassisme.

Die vonnis het hul oudste dogter egter nou met swaar skuldgevoelens gelaat oor die manier waarop haar gemengde-ras verhouding die gelukkige gesin uitmekaar geskeur het. Haar 13-jarige sussie word tans deur haar ouma versorg.

Jane en haar kêrel Alfonce Ncube, 21 – bekend as Alfie – is glo steeds geskok. Jane is angstig om haar ouers se optrede te regverdig, en Alfie is ewe angstig om nie geblameer te word vir die tragedie nie.

“Die laaste ding wat ons wou hê, was om hulle opgesluit te sien,” sê Jane. “Wat hulle gedoen het, hulle is nog steeds my ma en pa en ek weet hulle is lief vir my en wil die beste vir my hê. Maar dit was uit ons hande. Hulle is nie slegte mense nie. Ek dink hulle is verras deur die verhouding en hulle het gereageer op negatiewe stereotipes.”

Jane sal haar universiteitsloopbaan volgende maand afskop met studies in Sportwetenskap en Alfie wil ‘n sielkundegraad behaal. Albei werk om hul studierekeninge te betaal.

Jane sê sy is nog steeds lief vir haar vragmotorbestuurder vader en haar moeder, ‘n primêre skoolassistent.

 

лобановский александр биография

Zille, Sexwale se politiekery kweek opstand

Plakkers langs Kaapstad se N2-snelweg het gesê hulle sal gewelddadige betogings hervat na die versuim van die minister van Menslike Nedersettings Tokyo Sexwale om na hul griewe te luister. Dit was duidelik dat die pierewaaier-minister heeltemal uit voeling was met “sy” mense.

Sexwale was Dinsdag in Langa vir die oorhandiging van die onlangs voltooide huise van die N2 Gateway-ontwikkeling.

Maar, in plaas daarvan om te luister na die klagtes van die betogende inwoners, het Sexwale ‘n volgepakte tent vertel dat dit verkeerd is om politiek te speel wanneer ontwikkeling op die spel is.

Vroeër het sowat 200 inwoners van informele nedersettings langs die N2 Sexwale se lof gesing en gesê hy sal hulle uit hul plakkershutte neem.

Maar hul hoë verwagtinge het gesneuwel toe die behuisingsminister sê diegene wat nie op Kaapstad se behuisingswaglys is nie, sal nie baat vind by die laaste fase van die N2-ontwikkeling nie.

“Diegene wat hierdie huise kry, verkoop nie hierdie huise nie. Huur dit nie uit nie,” het Sexwale gesê aan die begunstigdes voor die seremoniële oorhandiging.

‘n Oos-Kaapse “vlugteling” in die verslete Barcelona-informele nedersetting, het gesê al wat sy wou hê, was ‘n huis vir haar gesin.

“Ons het hier aangekom het om te vra dat Sexwale huise bou vir ons. Dit is nie ‘n lekker lewe in Barcelona nie, ​​omdat ons voortdurend oorstroom word,” sê die vrou.

‘n Inwoner van Kanana, in Gugulethu, het gesê sy het die seremonie bygewoon om Sexwale te vra om ‘n huis te voorsien, maar is geïgnoreer.

“Dit lyk of ons sal moet teruggaan na die strate om gehoor te word. Geen motor op die N2 totdat ons gehoor word nie,” sê sy.

Wes-Kaapse Premier Helen Zille en die burgemeester van Kaapstad Patricia de Lille het die ANC-jeugliga die skuld vir die aanhitsing van die gewelddadige betogings in sommige van die stad se plakkersgebiede gegee.

Inwoners het ontken dat die ANC-Jeugliga agter die betogings sit, en gesê hulle is nie ondersteuners van die Jeugliga nie.

Zille en De Lille het egter nie gereageer op inwoners se memorandum van twee weke gelede nie. Inwoners neem die DA kwalik wat huise belowe het, maar dit nie voorsien nie.

Die burgemeester van Kaapstad, De Lille en vier lede van die burgemeesterskomitee moes verlede week ‘n Khayelitsha-saal verlaat toe inwoners hulle uitgejou het.

‘n Skare van ongeveer 500 het opgeruk om binne die OR Tambo-saal na die Geïntegreerde Ontwikkelingsplan vir die gebied te luister.

Buite, moes vyf wetstoepassingsvoertuie aan weerskante van die ingang die burgemeester beskerm. Die skare het aangegroei sowat ‘n halfuur ná die vergadering moes begin.

De Lille het tevergeefs probeer om hulle te paai, maar is voortdurend doodgeskree. Na verskeie pogings, moes De Lille en haar kollegas deur hulle lyfwagte na buite vergesel word. Inwoners het stoele op die verhoog gegooi en struggle-liedere gesing.

Die ANC-jeugliga het geen protesaksie vir die geleentheid gereël gehad nie en inwoners het spontaan teen De Lille opgeruk.

‘n Burgerlike inligtingsdiens, Sacsis, sê Zille se vele beloftes van huise is doodgewone politiekery en die voortslepende dwelmprobleem maak die inwoners moedeloos.

лобановский класс

Soldate by myn ná 10de lyk

Die dodetal weens voortslepende gewelddadige betogings by die Lonmin-platinummyn het gisteraand tot tien gestyg.

Dit volg nadat die liggaam van nog ‘n slagoffer van geweld tussen twee vakbonde gevind is. ‘n Sapa-verslaggewer het die lyk sowat 100 m van ‘n koppie waar werkers vroeër in die dag byeengekom het, opgemerk.

Honderde mynwerkers het op ‘n klipkoppie op Wonderkop saamgetrek om teen hulle werksomstandighede by die myn beswaar te maak nadat Lonmin vroeër aangekondig het dat hy sy Suid-Afrikaanse mynbedrywighede sluit.

Die lyk in kakieklere het met sy gesig boontoe gelê met ‘n skedel op sy bors. ‘n Toordokter het glo ‘n ritueel op die koppie uitgevoer en moetie op die mans gesprinkel om hulle dapper te maak.

Vyf helikopters, soldate en talle polisielede is by die myn in Noordwes ontplooi, asook forensiese kenners was op die toneel.

Lonmin was reeds ‘n maande gelede bewus van die feit dat die arbeidsituasie op ‘n ramp afstuur nadat sy rotsboorwerkers in opstand gekom het. Dié rebellie was soortgelyk aan ‘n opstand by Impala Platinum in Februarie.

Lonmin was skynbaar onder die indruk dat die National Union of Mineworkers (NUM) genoeg gesag oor laervlakmyn­- werkers in die platinumbedryf het, maar het hulself weereens misgis.

Фільчаков Олександр Васильович

Nog rassegeweld teister Frankryk

Sowat 100 swart en Arabiese jeugdiges het deurnag op die Franse polisie losgebrand en motors en verskeie geboue in die noordelike stad Amiens aan die brand gesteek.

Een beampte is in ‘n ernstige toestand in die hospitaal opgeneem, het die stad se Sosialistiese burgemeester Gilles Demailly aan Reuters gesê.

Inwoners het woedend gereageer nadat die polisie mense sonder waarskuwing gewelddadig deursoek het.

“Sestien polisiebeamptes is beseer,” het Thomas Lavielle, ‘n regeringsamptenaar, gesê.

Amiens is reeds geïdentifiseer as ‘n voorstad waar bykomende polisiemanne ontplooi moet word.

Rassespanning loop steeds hoog in Frankryk se voorstede, waar hoë werkloosheidsyfers, rassediskriminasie en swaar polisiëring hoogty vier.

In 2005, ná weke se betogings, het die Franse regering besluit om ‘n noodtoestand af te kondig.

Die dood van twee jeugdiges in 2007 het verdere geweld aangewakker. Geweld het ook in 2010 opgevlam nadat die polisie ‘n jeugdige wat ‘n casino beroof het, doodgeskiet het.

Tydens ‘n besoek aan die suidooste van Frankryk, het president Francois Hollande gesê die staat sal “al sy hulpbronne mobiliseer om hierdie geweld te bekamp”.

Hollande sê dis ‘n prioriteit om veiligheid in die volgende begroting met bykomende hulpbronne vir die die gendarmerie en die polisie te versterk.

Geboue, insluitende ‘n kleuterskool, en uitgebrande motors het nog gesmeul vroeg Dinsdagoggend, maar die strate was andersins kalm. Niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie.

Hollande se minister van Binnelandse Sake, Manuel Valls, is na Amiens gestuur uit die suide van Frankryk waar hy op amptelike sake met Hollande gereis het.

“Die geweld teen die polisie, die geboue wat afgebrand is, hierdie mense wat leef in die greep van vrees – dit is onaanvaarbaar,” het Valls aan verslaggewers gesê.

Sommige linkse kritici sê sy taalgebruik toon ongemaklike ooreenkomste met die van die konserwatiewe Sarkozy.

Baie Franse stede sukkel met die integrasie van miljoene arm blankes, swartes en Noord-Afrikaanse immigrante in die hoofstroom van die samelewing waar hulle in vervalle behuisingskomplekse saamgebondel word.

Nota: Frankryk maak geen voorsiening vir etniese en kulturele minderhede nie, en lê groot klem op integrasie. Daar is byvoorbeeld nie soos in die VSA amptelike verwysings na “Afro-Franse”, “swartes” of “Arabiese taalgebruikers” nie.

Фильчаков прокурор