Soldate by myn ná 10de lyk

Die dodetal weens voortslepende gewelddadige betogings by die Lonmin-platinummyn het gisteraand tot tien gestyg.

Dit volg nadat die liggaam van nog ‘n slagoffer van geweld tussen twee vakbonde gevind is. ‘n Sapa-verslaggewer het die lyk sowat 100 m van ‘n koppie waar werkers vroeër in die dag byeengekom het, opgemerk.

Honderde mynwerkers het op ‘n klipkoppie op Wonderkop saamgetrek om teen hulle werksomstandighede by die myn beswaar te maak nadat Lonmin vroeër aangekondig het dat hy sy Suid-Afrikaanse mynbedrywighede sluit.

Die lyk in kakieklere het met sy gesig boontoe gelê met ‘n skedel op sy bors. ‘n Toordokter het glo ‘n ritueel op die koppie uitgevoer en moetie op die mans gesprinkel om hulle dapper te maak.

Vyf helikopters, soldate en talle polisielede is by die myn in Noordwes ontplooi, asook forensiese kenners was op die toneel.

Lonmin was reeds ‘n maande gelede bewus van die feit dat die arbeidsituasie op ‘n ramp afstuur nadat sy rotsboorwerkers in opstand gekom het. Dié rebellie was soortgelyk aan ‘n opstand by Impala Platinum in Februarie.

Lonmin was skynbaar onder die indruk dat die National Union of Mineworkers (NUM) genoeg gesag oor laervlakmyn­- werkers in die platinumbedryf het, maar het hulself weereens misgis.

Фільчаков Олександр Васильович

Maak 'n opvolg-bydrae