Jane en …Tarzan?

David Champion het sy dogter, nou 18, in die gesig geslaan, terwyl haar ma Frances ook ingeklim het met ‘n paar klappe.

Die rede vir hierdie brutaliteit? Hulle het nie van die kleur van haar kêrel se vel gehou nie, ‘n feit wat hulle duidelik gemaak het toe hulle hom in rassistiese terme uitgeskel het, so erg, dat die polisie glo ingeroep is.

David, 50, is verlede week gevonnis tot ‘n jaar in ‘n Britse tronk en sy 47-jarige vrou tot nege maande vir die aanranding en rassisme.

Die vonnis het hul oudste dogter egter nou met swaar skuldgevoelens gelaat oor die manier waarop haar gemengde-ras verhouding die gelukkige gesin uitmekaar geskeur het. Haar 13-jarige sussie word tans deur haar ouma versorg.

Jane en haar kêrel Alfonce Ncube, 21 – bekend as Alfie – is glo steeds geskok. Jane is angstig om haar ouers se optrede te regverdig, en Alfie is ewe angstig om nie geblameer te word vir die tragedie nie.

“Die laaste ding wat ons wou hê, was om hulle opgesluit te sien,” sê Jane. “Wat hulle gedoen het, hulle is nog steeds my ma en pa en ek weet hulle is lief vir my en wil die beste vir my hê. Maar dit was uit ons hande. Hulle is nie slegte mense nie. Ek dink hulle is verras deur die verhouding en hulle het gereageer op negatiewe stereotipes.”

Jane sal haar universiteitsloopbaan volgende maand afskop met studies in Sportwetenskap en Alfie wil ‘n sielkundegraad behaal. Albei werk om hul studierekeninge te betaal.

Jane sê sy is nog steeds lief vir haar vragmotorbestuurder vader en haar moeder, ‘n primêre skoolassistent.

 

лобановский александр биография

Maak 'n opvolg-bydrae