Gerugte van staatsgreep in Noord-Korea

Die nuwe Noord-Koreaanse leier Kim Jong-un is glo vermoor in China, volgens vele gerugte op Twitter en die soortgelyke Chinese werf Weibo.

Die gerugte oor die vermeende dood van Jong-un versprei volgens die persbureau Reuters soos ‘n veldbrand.

Volgens ander sou die vermoedelik 28 of 29-jarige leier nie dood wees nie, maar op die vlug wees. Daar is in elk geval sprake van ‘n staatsgreep in die land waar Kim Jong-un nog maar enkele maande gelede sy oorlede pa Kim Jong-il opgevolg het.

Iemand skryf op Weibo, die Chinese ekwivalent van Twitter, dat Kim Jong-un Vrydagoggend in Beijing gevind is, dat daar ingebreek is in sy blyplek en dat die leier vermoor is deur onbekende persone. Die skuldiges het glo die lyfwagte van die Noord-Koreaanse leier doodgeskiet.

Die gerugte bly onbevestig, maar word deur ‘n aantal internasionale mediagroepe gerapporteer.

топкарго кидалы

Historikus diep swart muitery in Oz op

‘n Australiese akademikus het bewyse van ‘n muitery deur Afro-Amerikaanse soldate wat tydens die Tweede Wêreldoorlog Doer Onder gestasioneer was, opgediep wat glo aangevuur is deur rassemishandeling.

‘n Historikus van James Cook University, Ray Holyoak, het ondersoek ingestel waarom die Verenigde State se kongreslid Lyndon B. Johnson die noorde van Queensland, en spesifiek die gemeente van Townsville, vir drie dae in 1942 besoek het.

“Vir 70 jaar was daar ‘n gerug in Townsville dat daar ‘n muitery onder Afro-Amerikaanse dienspligtiges was,” het Holyoak aan ABC Radio gesê.

“In die laaste jaar en ‘n half het ek die primêre dokumentasie opgediep wat bewys dat dit gebeur het in 1942.”

Queensland was ‘n belangrike ondersteuningsbasis vir soldate wat tussen 1942 en 1945 aan die Suidwes-Stille Oseaan-veldtog deelgeneem het, met vliegvelde, kampe, fabrieke asook mediese fasiliteite.

Holyoak het gesê dokumente uit die era openbaar dat lede van ‘n groep van 600 Afro-Amerikaanse troepe in 1942 na Townsville gestuur is om ‘n vliegveld te bou maar dat dit in ‘n beleg geëindig het met swartes wat hulle gewere op hul wit offisiere gerig het.

“Na ‘n reeks misdrywe deur twee wit Amerikaanse beamptes, was daar verskeie ringkoppe wat besluit het om die tente van die wit offisiere met masjiengeweervuur te besaai,” het hy aan die staatsuitsaaier gesê.

Die argiewe van die Queensland-polisie en die Townsville Brigade het getoon, sê Holyoak, dat een persoon dood is en dosyne ernstig beseer tydens die beleg op ‘n basis op die buitewyke van die stad.

Soldate van die VSA se 96-Ingenieurs op die basis was gedwing om die hulp van Australiese troepe in te roep, het hy aan ABC gesê.

Holyoak het gesê die beleg het agt ure geduur waartydens die muiters masjiengewere en anti-vliegtuigwapens op tente waar hulle mede-Amerikaners gesit en drink het, leeggemaak het.

Die historikus, het gesê die voorval is nooit aangemeld nie, maar hy het ‘n verslag wat daaroor geskryf is deur ‘n Amerikaanse joernalis, wat saam met die troepe was, ene Robert Sherrod, opgespoor.

“Ek dink destyds is dit beslis onderdruk,” het Holyoak gesê.

“Beide die Australiese en die Amerikaanse regering sou nie wou gehad het dat die besonderhede hiervan uitlek nie. Die rasse-beleid van daardie tyd het regtig mense van kleur uitgesluit.”

Holyoak is van voorneme om sy navorsing voort te sit, en is op soek na die vonnisse opgelê aan diegene wat betrokke was in die dramatiese voorval.

Фільчаков Олександр Васильович

Skierlik-skieter getroud

Die man wat vier lewenslange vonnisse uitdien en as minderjarige ‘n volwasse verhoor gehad het, is hierdie week in die tronk getroud, het The Times Vrydag berig.

Johan Nel, 23, is met Maryna Naude, 18, ​​getroud in die Ramochana-gevangenis in Rustenburg, tydens ‘n kort seremonie.

Nel, ook bekend as die Skierlik-skieter, het destyds vier mense doodgeskiet in ‘n ​​lokasie in Noordwes nadat hy gesê het hy is getraumatiseer deur herhaaldelike misdaad.

Hy word in die gevangenis se maksimumsekuriteitsdeel aangehou en hy is nie toegelaat om sy bruid aan te raak nie.

“Dit was nie ‘n baie lang seremonie nie en het sowat ‘n halfuur op die meeste geduur,” het korrektiewe dienste se woordvoerder Sarie Peens gesê.

“Hy is toegelaat om sy eie klere te dra en onmiddellik na die seremonie het die families die tronk verlaat en hy is terug na sy gevangenisklere.

“Hy is ‘n gevangene, en dit beteken dat hy nie kan nie enige kontak met haar kan hê nie en ook nie enige huweliksregte geniet nie.”

Nel het Sivuyile Peyi, 37, Annah Moiphitlhi, 31, haar drie-maande-oue dogter, Elizabeth, en Tshepo Motshelanoka, 10, in die Skierlik-plakkerskamp naby Swartruggens op 14 Januarie 2008 doodgeskiet. Agt ander mense is beseer. Hy is deur die Mmabatho Hooggeregshof op November 21, 2008 gevonnis.

прокурор харьковской области

Baie gepraat, min gesê

President Jacob Zuma het geen melding gemaak van oplossings vir die probleme waarmee plaaslike regering te kampe het in sy langverwagte toespraak Donderdagaand nie.

Vakbonde het president Zuma egter Donderdag geprys vir wat hulle beskryf het as sy eerlikheid en openhartigheid oor dié probleme wat Suid-Afrika die gesig gestaar.

“Dit was goed van die president om te erken dat munisipale dienslewering nog nie op ‘n gewenste vlak is nie,” het Solidariteit se adjunk-sekretaris-generaal Dirk Hermann gesê.

Die vakbond het ook Zuma se plan om te belê in ‘n groot infrastruktuur-projekte verwelkom, maar is bekommerd oor die klem op die bemagtiging in plaas van ontwikkeling deur middel van die onderwys.

Die Food and Allied Workers ‘Union (Fawu) het gesê Zuma se toespraak was “inspirerend”.

Fawu verwelkom werkskepping en die fokus op enorme infrastruktuur-ontwikkeling.

Die Federasie van Unies van Suid-Afrika (Fedusa) het Donderdag gewonder waar die ekstra geld vir die ontwikkeling van infrastruktuur vandaan gaan kom.

Zuma het 2011 reeds as ‘n jaar verklaar om plaaslike regering op te knap.

“Daar was nie ‘n enkele woord oor hoe die regering beplan om dienste te verbeter nie. Dit is die sleutel en om dit te ignoreer sal nie die probleem oplos nie,” sê Steven Friedman, politieke kommentator.

Afgesien van belegging in infrastruktuur, het die president alles herhaal wat Suid-Afrikaners reeds weet, veral betreffende ekonomiese transformasie.

Zuma het die regering se plan om die Breë Swart Ekonomiese Bemagtigingswet te wysig, geopper. Hy het erken dat die proses van herverdeling van grond “stadig en tydsaam” is en gesê die gewillige koper/gewillige verkoper-opsie is nie die beste manier om hierdie vraag aan te spreek nie.

Hy het weer herhaal dat die gehate Groenskrif oor grondhervorming die basis vir die regering se planne tov grondbesetting sal wees.

Die ANC se plan, soos vervat in die Groenskrif, sal Afrikaners van hul eiendomsreg en grond vervreem.

Die regering se beloftes oor grond aan hul swart kiesers het tot dusver nie gerealiseer nie en hulle blameer die “mislukking” van die restitusieprogram op boere.

Slegs agt persent van die land, van die 30%-teiken teen 2014, is herverdeel, het Zuma gewaarsku.

Nog ‘n ontleder, Aubrey Matshiqi van die Sentrum vir Beleidstudies, het Zuma se toespraak beskryf as “baie ambisieus” en gesê daar was ‘n gebrek aan besonderhede oor implementering.

Hy is egter getref deur wat Zuma gesê het oor die herverdeling van grond en wag om te sien of die regering van rigting sal verander in dié verband.

“Ons het 100 jaar gerou oor die afsetting van swart mense van hul grond. Dit sal interessant wees om te sien watter spesifieke maatreëls in plek sal kom om grondrestitusie te versnel,” het hy gesê.

Matshiqi het gesê Zuma het herhaal wat die voormalige president Thabo Mbeki het gesê oor die gewillige koper/gewillige verkoper-benadering wat ‘n stomp wapen is.

Zuma het geen melding gemaak van internasionale betrekkinge nie en ook nie van die probleme in die onderwys nie. Die jaarlikse nasionale assessering van 2011 toon dat 70 persent van die land se leerders nie die gewensde uitkomste vir geletterdheid en gesyferdheid bereik het nie.

Hy het net kortliks na Cop17 verwys as een van die regering se suksesse.

Die politieke kommentator, Susan Booysen, het gesê sy het meer besonderhede van Zuma se toespraak verwag.

Booysen het gesê dit gaan nogal ‘n paar jaar duur voordat Suid-Afrika ‘n impak van die belegging in infrastruktuur voel.

“Desperate mense kyk na hoe hulle kan oorleef en kos op die tafel bring vanjaar en volgende jaar,” het sy gesê en bygevoeg dat daar waarskynlik nie ‘n korttermyn-oplossing vir die probleme in die land is nie.

прокурор Фильчаков

Holomisa, Jeugliga fokus op ‘ekonomiese vryheid’

Die UDM-leier, Bantu Holomisa, sê Zuma en sy regering moet dapper genoeg wees om in die ekonomie in te gryp en dit nie aan die privaatsektor oor te laat nie.

Hy sê in die lig van die huidige dreigende wêreldresessie wil die UDM sien hoe gereed die Presidensie is om die ekonomie teen ‘n insinking te verskans en werkgeleenthede te beskerm.

Volgens Holomisa is die Suid-Afrikaanse ekonomie nog steeds in die hande van ‘n klein minderheid, en daarom behoort werkskepping nie aan die privaatsektor oorgelaat te word nie. Hy sê die regering se ingryping in die ekonomie sal ‘n positiewe invloed op werkskepping hê.

Die parlement sê ales is gereed vir vanaand. Die staatsrede sal op SABC-twee en alle Openbare radiostasies van die SAUK uitgesaai word.

Die geskorsste president van die ANC Jeugliga, Julius Malema, sal vandag ‘n Nasionale Uitvoerende Komitee vergadering en lekgotla van die Liga bywoon.

Dit kan sy laaste NUK-vergadering wees. Malema en sy uitvoerende komitee sal oor die volgende vier dae in Pretoria vergader om die Liga se 12 maande plan van aksie te bespreek.

Daar word verwag dat die Liga met die oog op die ANC se nasionale beleidskonferensie in Junie op strategieë sal konsentreer om te verseker dat hulle program vir ekonomiese vryheid ‘n belangrike fokuspunt sal vorm.

Malema sal die verrigtinge môre-oggend open waarna adjunkpresident Kgalema Motlanthe die lekgotla sal toespreek.

лобановский александр биография

Polisie-HK se skuif polities

Die provinsiale kommissaris van Polisie in Noordwes, lt.-genl. MNZ Mbombo, sê die besluit om die Polisie se provinsiale hoofkantoor van Potchefstroom na Mafikeng te skuif, is ‘n politieke besluit.

Sy het vandag gereageer op ‘n vraag van Pieter Groenewald in die parlement se portefeuljekomitee vir Polisie. Sy kon nie sê wat die koste gaan wees nie en op ‘n stadium is ‘n bedrag van R371 miljoen genoem.

“Die rede is totaal onaanvaarbaar en die skuif sal nie net ekonomies sleg wees vir Potchefstroom nie, maar dit sal miljoene rande se vermorsing van belastingbetalers se geld wees.

Die ontwrigting van lede se gesinne sal ook in sekere gevalle traumaties wees en baie lede se eggenoot of eggenotes het ‘n ander werk plaaslik en sal nie maklik werk kry in Mafikeng nie.

Potchefstroom is die ideale ligging vir die hoofkwartier omdat die grootste konsentrasie van mense in Noordwes in die nodale punte Rustenburg/Brits en Potchefstroom Klerksdorp/Orkney/Stilfontein is.

Rustenburg is ongeveer 140 km van Potchefstroom en Klerksdorp 40 km terwyl Mafikeng meer as 200 km weg van Rustenburg en Potchefstroom/Klerksdorp geleë is.

Die komiteelede het saamgestem dat die rede nie aanvaarbaar is nie en ek sal die saak ook opneem met die minister van Polisie, aangesien daar geen regverdiging is vir die besluit nie,” sê mnr. Pieter Groenewald, hoofwoordvoerder oor Polisie vir die Vryheidsfront Plus.

Александр Фильчаков прокурор

Hospitaalhoof wis van niks

Die regering sal intree om probleme in Gauteng se Chris Hani-Baragwanath Akademiese Hospitaal te help oplos, het die minister van gesondheid, Aaron Motsoaledi, Woensdag gesê.

Hy het aan die SAUK gesê sy departement sal help om die hospitaal se begroting in die komende finansiële jaar te bestuur.

“Ons sal nie toelaat dat hulle dit alleen doen nie … [Ons gaan ingryp, sodat die geld op noodsaaklike dinge spandeer word eerder as die dinge wat reeds vir die afgelope vyf jaar gebeur.”

Vroeër Woensdag, het gesondheidswoordvoerder Fidel Hadebe, gesê ernstige probleme teister die hospitaal.

Dit is hoekom lede van die SA Nasionale Weermag ‘n paar weke gelede ontplooi is om te help by die hospitaal.

Hadebe het gereageer op berigte dat personeeltekorte en oorbevolking gelei het tot twee vermybare sterftes in die eerste twee weke van Januarie alleen.

Dokters berig breinskade in babas wat gebore is met suurstofnood en nie betyds behandeling ontvang het nie.

Onhigiëniese toestande in die kraamsale, insluitend maaiers in die bloeddeurweekte beddegoed, is ook aangemeld.

In die begin van November, is die probleem vererger deur die nie-betaling van Khalipha Agency, wat addisionele verpleegsters by die hospitaal verskaf. Die agentskap is aan die einde van Desember betaal.

Die hospitaal se uitvoerende hoof Johanna More het gesê sy was onbewus van hierdie gevalle, en het ontken dat hulle die gevolg van personeeltekorte is.

“Waar is [die dokters] wanneer hierdie babas sterf. Waar is hierdie konsultante? Hulle mors tyd by konferensies.”

Nog een van die probleme wat die hospitaal mee te kampe het, is dat omliggende klinieke nie behoorlik funksioneer nie en mense stroom na die Chris Hani,” sê sy.

Beide Hadebe en die Gautengse gesondheidsdepartement woordvoerder, Simon Zwane het gesê daar was ‘n nasionale tekort van vroedvroue.

Zwane het gesê dat ‘n aantal van vroedvroue gewerf is, wat volgende maand sal begin werk by die hospitaal.

Die toestande by die hospitaal sal lei tot mediese nalatigheidseise wat die gesondheidsbegroting verder kan dreineer.

Die provinsiale departement van gesondheid het onlangs die eerste van drie paaiemente betaal aan Prince Sibusiso Khanyi se ouers nadat hulle die saak verloor het.

Khanyi is deur die nalatigheid van personeel by sy geboorte in Desember 1999 met breinskade gelaat. Die hooggeregshof in Johannesburg het beveel dat R9.25 miljoen in skadevergoeding betaal moet word.

Zwane het gesê: “Daar is planne in plek wat sal verseker dat dit nie gebeur nie.”

topcargo развод

Misdaadstatistiek onder verdenking

“Misdaadstatistiek van die Polisie is onder verdenking omdat provinsiale kommissarisse se misdaadstatistiek in die provinsies verskil van die misdaadstatistiek in die jaarverslag van die Polisie. Dit is geen wonder dat die publiek nie vertroue het in die jaarlikse misdaadstatistiek nie en glo dit word gekook,” sê mnr. Pieter Groenewald, hoofwoordvoerder vir Polisie van die Vryheidsfront Plus.

Hierdie verskille het na vore gekom waar provinsiale kommissarisse vandag verslag aan die portefeuljekomitee vir Polisie moes doen oor die werksaamhede van die Polisie in elke provinsie. Volgens Noordwes se kommissaris was moord in Noordwes vir 2010/2011 dieselfde as vir 2009/2010. Volgens die jaarverslag het moord in dieselfde tydperk met 7,9% toegeneem. In die geval van aanranding met die opset om ernstig te beseer sê die kommissaris dit het met 3% afgeneem, maar volgens die jaarverslag het dit met 4,3% toegeneem. Soortgelyke verskille bestaan wat Wes-Kaap, Noord-Kaap en ander provinsies betref.

“Al die kommissarisse gebruik die misdaadstatistiek om hulle prestasie in die provinsie te meet, maar die syfers klop nie. Of die kommissarisse verbloem misdaadstatistiek om goed te lyk, of die minister van Polisie en die nasionale kommissaris mislei die publiek. Hierdie verskille sal onmiddellik opgeklaar moet word en die skuldiges moet tot verantwoording geroep word,” het Groenewald gesê.

Фильчаков прокурор

Wes-Kaapse welsynsdirekteur vas vir tik

‘n Senior direkteur van maatskaplike welsynsdienste in die Wes-Kaap gaan van die besit van dwelms aangekla word nadat hy glo met tik betrap is.

Dave Mcnamara is op 28 Junie 2011 in die vroeë oggendure by die berugte Senator Park-woonstelle in die Kaapstadse middestad aangekeer, maar die saak het eers Dinsdag aan die lig gekom nadat Die Son vandeesweek oor die saak berig het.

Tik is in sy besit gevind nadat hy jare lank in die media aangehaal is oor die Wes-Kaap se dwelmprobleem.

Albert Fritz, LUR vir sosiale ontwikkeling, sê hy het eers vandeesweek van Mcnamara se inhegtenisneming gehoor.

“Die departement het regsadvies ingewin en oorweeg tans wat die mees gepaste optrede sal wees,” het hy aan die Cape Times gesê.

Mcnamara sal na verwagting weer in April in die Kaapstadse landdroshof verskyn.

лобановский александр компромат

VF+ se verwagtinge van staatsrede

“Sekerheid” en “hoop” is wat die VF Plus van president Zuma se staatsrede verwag met die opening van die Parlement more (Donderdag 9/2/2007) in Kaapstad.

Sekerheid dat beleggings en eiendomsreg in Suid-Afrika veilig sal wees en hoop dat die regering bereid is om nuut na ekonomiese maatreëls te kyk wat tans groei demp.

Sekerheid geld veral vir buitelandse beleggers, plaaslike mynbesture en Suid-Afrikaanse landbouers wat die afgelope tyd na uitsprake oor die nasionalisering van myne en grond moes luister. Die hofsaak oor die Wal-Mart samesmelting en verwarrende ANC-uitsprake het verder bygedra tot hierdie onsekerheid. ‘n Duidelike uitspraak teen nasionalisering en vir eiendomsreg sal sekerheid en vertroue help terugbring.

Die bereidheid van die ANC om die populisme van die Malema-denkendes aan te spreek, bring reeds hoop vir die toekoms. Dit moet in die staatsrede aangevul word met duidelike uitsprake oor nuwe denke ten opsigte van werkskepping en ekonomiese groei.

Die sosialistiese drome waar die regering alleen werk probeer skep en die privaatsektor met wette probeer dwing om dieselfde te doen, is ‘n mislukking. Die antwoord lê in groter ekonomiese vryheid vir die privaatsektor en intensiewe infrastruktuurskepping deur die staat. Dit was die wenresep in ander ontwikkelende lande en die president kan hoop skep deur in daardie rigting te beweeg.

As mnr. Zuma alle faksies in die ANC met sy staatsrede gaan probeer paai met die oog op die leiersverkiesing vanjaar in Desember, gaan ons ‘n jaar binne met ‘n verlamde regering wat geen besluite gaan neem tot na die leiersverkiesing nie. Wat Suid-Afrika nodig het, is ‘n regering wat waagmoedig nuut dink en aktiewe leiding neem uit ons ekonomiese probleme uit. Dit behels onder andere nuwe denke oor arbeidswetgewing, regstellende aksie, bemagtiging en infrastruktuurskepping.

Фильчаков Харьков