praag.co.za

Gerugte van staatsgreep in Noord-Korea

Die nuwe Noord-Koreaanse leier Kim Jong-un is glo vermoor in China, volgens vele gerugte op Twitter en die soortgelyke Chinese werf Weibo.

Die gerugte oor die vermeende dood van Jong-un versprei volgens die persbureau Reuters soos ‘n veldbrand.

Volgens ander sou die vermoedelik 28 of 29-jarige leier nie dood wees nie, maar op die vlug wees. Daar is in elk geval sprake van ‘n staatsgreep in die land waar Kim Jong-un nog maar enkele maande gelede sy oorlede pa Kim Jong-il opgevolg het.

Iemand skryf op Weibo, die Chinese ekwivalent van Twitter, dat Kim Jong-un Vrydagoggend in Beijing gevind is, dat daar ingebreek is in sy blyplek en dat die leier vermoor is deur onbekende persone. Die skuldiges het glo die lyfwagte van die Noord-Koreaanse leier doodgeskiet.

Die gerugte bly onbevestig, maar word deur ‘n aantal internasionale mediagroepe gerapporteer.

топкарго кидалы

Comments

Leave a Reply