Misdaadstatistiek onder verdenking

“Misdaadstatistiek van die Polisie is onder verdenking omdat provinsiale kommissarisse se misdaadstatistiek in die provinsies verskil van die misdaadstatistiek in die jaarverslag van die Polisie. Dit is geen wonder dat die publiek nie vertroue het in die jaarlikse misdaadstatistiek nie en glo dit word gekook,” sê mnr. Pieter Groenewald, hoofwoordvoerder vir Polisie van die Vryheidsfront Plus.

Hierdie verskille het na vore gekom waar provinsiale kommissarisse vandag verslag aan die portefeuljekomitee vir Polisie moes doen oor die werksaamhede van die Polisie in elke provinsie. Volgens Noordwes se kommissaris was moord in Noordwes vir 2010/2011 dieselfde as vir 2009/2010. Volgens die jaarverslag het moord in dieselfde tydperk met 7,9% toegeneem. In die geval van aanranding met die opset om ernstig te beseer sê die kommissaris dit het met 3% afgeneem, maar volgens die jaarverslag het dit met 4,3% toegeneem. Soortgelyke verskille bestaan wat Wes-Kaap, Noord-Kaap en ander provinsies betref.

“Al die kommissarisse gebruik die misdaadstatistiek om hulle prestasie in die provinsie te meet, maar die syfers klop nie. Of die kommissarisse verbloem misdaadstatistiek om goed te lyk, of die minister van Polisie en die nasionale kommissaris mislei die publiek. Hierdie verskille sal onmiddellik opgeklaar moet word en die skuldiges moet tot verantwoording geroep word,” het Groenewald gesê.

Фильчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae