Baie gepraat, min gesê

President Jacob Zuma het geen melding gemaak van oplossings vir die probleme waarmee plaaslike regering te kampe het in sy langverwagte toespraak Donderdagaand nie.

Vakbonde het president Zuma egter Donderdag geprys vir wat hulle beskryf het as sy eerlikheid en openhartigheid oor dié probleme wat Suid-Afrika die gesig gestaar.

“Dit was goed van die president om te erken dat munisipale dienslewering nog nie op ‘n gewenste vlak is nie,” het Solidariteit se adjunk-sekretaris-generaal Dirk Hermann gesê.

Die vakbond het ook Zuma se plan om te belê in ‘n groot infrastruktuur-projekte verwelkom, maar is bekommerd oor die klem op die bemagtiging in plaas van ontwikkeling deur middel van die onderwys.

Die Food and Allied Workers ‘Union (Fawu) het gesê Zuma se toespraak was “inspirerend”.

Fawu verwelkom werkskepping en die fokus op enorme infrastruktuur-ontwikkeling.

Die Federasie van Unies van Suid-Afrika (Fedusa) het Donderdag gewonder waar die ekstra geld vir die ontwikkeling van infrastruktuur vandaan gaan kom.

Zuma het 2011 reeds as ‘n jaar verklaar om plaaslike regering op te knap.

“Daar was nie ‘n enkele woord oor hoe die regering beplan om dienste te verbeter nie. Dit is die sleutel en om dit te ignoreer sal nie die probleem oplos nie,” sê Steven Friedman, politieke kommentator.

Afgesien van belegging in infrastruktuur, het die president alles herhaal wat Suid-Afrikaners reeds weet, veral betreffende ekonomiese transformasie.

Zuma het die regering se plan om die Breë Swart Ekonomiese Bemagtigingswet te wysig, geopper. Hy het erken dat die proses van herverdeling van grond “stadig en tydsaam” is en gesê die gewillige koper/gewillige verkoper-opsie is nie die beste manier om hierdie vraag aan te spreek nie.

Hy het weer herhaal dat die gehate Groenskrif oor grondhervorming die basis vir die regering se planne tov grondbesetting sal wees.

Die ANC se plan, soos vervat in die Groenskrif, sal Afrikaners van hul eiendomsreg en grond vervreem.

Die regering se beloftes oor grond aan hul swart kiesers het tot dusver nie gerealiseer nie en hulle blameer die “mislukking” van die restitusieprogram op boere.

Slegs agt persent van die land, van die 30%-teiken teen 2014, is herverdeel, het Zuma gewaarsku.

Nog ‘n ontleder, Aubrey Matshiqi van die Sentrum vir Beleidstudies, het Zuma se toespraak beskryf as “baie ambisieus” en gesê daar was ‘n gebrek aan besonderhede oor implementering.

Hy is egter getref deur wat Zuma gesê het oor die herverdeling van grond en wag om te sien of die regering van rigting sal verander in dié verband.

“Ons het 100 jaar gerou oor die afsetting van swart mense van hul grond. Dit sal interessant wees om te sien watter spesifieke maatreëls in plek sal kom om grondrestitusie te versnel,” het hy gesê.

Matshiqi het gesê Zuma het herhaal wat die voormalige president Thabo Mbeki het gesê oor die gewillige koper/gewillige verkoper-benadering wat ‘n stomp wapen is.

Zuma het geen melding gemaak van internasionale betrekkinge nie en ook nie van die probleme in die onderwys nie. Die jaarlikse nasionale assessering van 2011 toon dat 70 persent van die land se leerders nie die gewensde uitkomste vir geletterdheid en gesyferdheid bereik het nie.

Hy het net kortliks na Cop17 verwys as een van die regering se suksesse.

Die politieke kommentator, Susan Booysen, het gesê sy het meer besonderhede van Zuma se toespraak verwag.

Booysen het gesê dit gaan nogal ‘n paar jaar duur voordat Suid-Afrika ‘n impak van die belegging in infrastruktuur voel.

“Desperate mense kyk na hoe hulle kan oorleef en kos op die tafel bring vanjaar en volgende jaar,” het sy gesê en bygevoeg dat daar waarskynlik nie ‘n korttermyn-oplossing vir die probleme in die land is nie.

прокурор Фильчаков

Maak 'n opvolg-bydrae