SA aanvaar die Chinese model

Die ANC se nuwe fokus op infrastruktuur is soortgelyk aan die Chinese model van staatskapitalisme.

Die nuwe infrastruktuur-gedrewe model sal semi-staatsinstellings van fondse voorsien en hulle onder een departement saamsnoer om beheer van strategiese bates in die ekonomie oor te neem.

Dit is die kern van die ANC se nuwe ekonomiese transformasiebeleidsdokumente wat by die party se nasionale uitvoerende komitee-vergadering bespreek is en die rigting wat die president Donderdagaand aangedui het.

Die idee is dat omdat die privaatsektor in gebreke gebly het om te belê in infrastruktuur, ekonomiese groei deur die staat gestimuleer moet word en dat hulle dus ‘n meer aktiewe rol in die ekonomie speel.

Gebrek aan belegging in infrastruktuur oor die afgelope jaar is glo die rede vir die langsame groei in Suid-Afrika.

Die gedagte van staatskapitalisme is natuurlik nie nuut nie. Onder die Natte was dit die gekose weg vir die land. Dit is weer in 1992 deur die voormalige Reserwebank Tito Mboweni geopper. Die neoliberale ekonomiese paradigma van die laat 1990’s, is egter deur die voormalige president Thabo Mbeki verkies wat homself soos die Britte en Amerikaners op ‘n vryemark-model verlaat het.

Volgens Malusi Gigaba, minister van openbare ondernemings, kan die ANC nie staatmaak op markkragte nie omdat dit transformasie sal belemmer.

Die Chinese model vir die bou van infrastruktuur en werksgeleenthede sal ‘n belangrike fokus van die ANC se ekonomiese beleid wees,” sê Enoch Godongwana. Hy het vroeër vanjaar bedank as adjunkminister van ekonomiese ontwikkeling nadat gerugte oor die verdwyning van ‘n R100 miljoen uit die klerewerkersunie se pensioenfonds die ronde gedoen het.

Gigaba en Ebrahim Patel, minister van ekonomiese ontwikkeling het China oor die afgelope jare besoek om te bestudeer hoe die Chinese hul semi-staatsinstellings gebruik om strategiese bates te beheer en die ekonomie te laat groei. Gigaba, spesifiek, is toe getaak om te leer hoe om semi-staatsinstellings onder een sambreel te konsolideer.

Volgens ontleders hou dit ernstige risiko’s in.

Maleisië, Rusland en meer onlangs Brasilië het die staatskapitalistiese model met sukses in die stimulering van ekonomiese groei en werkskepping toegepas, maar dié lande streef nie ‘n beleid van rassetransformasie na nie. Volgens die Economist, bestaan ongeveer 80% van die markkapitalisasie van die Chinese aandelemarkte uit maatskappye in staatsbesit.

Dit gaan vir die ANC egter nie soseer oor die geroemde werkskepping en groei nie as om die land se $2,5 triljoen aan minerale rykdom te beheer.

Die ANC se 600-bladsy konsepverslag getiteld “Staatsintervensie in die Minerale Sektor” vra onder meer dat yslike belastings op die mynbedryf gehef word.

Die idee is dus: Hoekom die ekonomie met skuld finansier as jy dit met belasting kan regkry?

Die ANC-verslag het ook vir Sasol in die besonder in die visier vir ingryping deur die staat. Sasol het produkte in byna elke vervaardigingsektor.

Die verslag doen ‘n beroep op Cosatu om sy invloed oor sy fondsbestuurders en vennote te gebruik om die staat se 26%-belang in Sasol tot ‘n meerderheidsaandeel te verhoog. Op dié manier sal die staat en die arbeidersbeweging meer invloed verkry. Dit sal dan bestuur en beheer word deur middel van ‘n super-administarsie, ‘n samesmelting van vyf departemente.

Prysboetes sal ook gekoppel word aan lisensiëringsvoorwaardes: Maatskappye soos Sasol en ArcelorMittal Suid-Afrika, wat pryse na willekeur hef, sal hulle mynregte kan verbeur.

“Die tweede belangrikste grondstof in vervaardiging is polimere, wat te duur deur die Sasolmonopolie verkoop word in die plaaslike mark,” lui die verslag. “Plaaslike kliënte moet ook verplig word om uitvoerpariteitspryse pryse toe te pas op hul produkte.”

Hoewel die nasionalisering van die grond-gryp-styl in die verslag ontmoedig word, sal die staat ingryp om alle strategiese minerale bates wat stroomaf voer, in die sektore soos vervaardiging, energie, infrastruktuur en landbou te beheer. Geteiken vir ingryping is die produsente van staal, polimere, onedele metale, steenkool, gas, uraan, stikstof, sement, koper, platinum-groep metale, chroom, mangaan, fosfate, sink en kalium.

Die derde belangrikste grondstof in die vervaardigingsketting is koper. Dit is ook ‘n belangrike grondstof in infrastruktuurontwikkeling (bou en krag).

Die verslag sê koper moet ook verklaar word as ‘n strategiese mineraal.

данильченко юрій броніславович компромат

Maak 'n opvolg-bydrae