Johan Nel, 23, is met Maryna Naude, 18, getroud in die Ramochana-gevangenis in Rustenburg, tydens ‘n kort seremonie.
Nel, ook bekend as die Skierlik-skieter, het destyds vier mense doodgeskiet in ‘n lokasie in Noordwes nadat hy gesê het hy is getraumatiseer deur herhaaldelike misdaad.
Hy word in die gevangenis se maksimumsekuriteitsdeel aangehou en hy is nie toegelaat om sy bruid aan te raak nie.
“Dit was nie ‘n baie lang seremonie nie en het sowat ‘n halfuur op die meeste geduur,” het korrektiewe dienste se woordvoerder Sarie Peens gesê.
“Hy is toegelaat om sy eie klere te dra en onmiddellik na die seremonie het die families die tronk verlaat en hy is terug na sy gevangenisklere.
“Hy is ‘n gevangene, en dit beteken dat hy nie kan nie enige kontak met haar kan hê nie en ook nie enige huweliksregte geniet nie.”
Nel het Sivuyile Peyi, 37, Annah Moiphitlhi, 31, haar drie-maande-oue dogter, Elizabeth, en Tshepo Motshelanoka, 10, in die Skierlik-plakkerskamp naby Swartruggens op 14 Januarie 2008 doodgeskiet. Agt ander mense is beseer. Hy is deur die Mmabatho Hooggeregshof op November 21, 2008 gevonnis.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.