Mulder se baas gevra om te bedank

Cope het ‘n beroep op pres. Jacob Zuma gedoen om die minister van landbou, bosbou en visserye, Tina Joemat-Pettersson, af te dank.

Dit volg nadat die openbare beskermer, Thuli Madonsela, die minister daaraan skuldig bevind het dat sy die uitvoerende gesag se die etiese kode oortree het.

Madonsela het bevind dat Joemat-Pettersson vliegtuigkaartjies van Swede af na Suid-Afrika vir haar twee kinders met staatsgeld betaal het.

Jacaranda FM berig die minister en haar kinders het ook in duur hotelle gebly sonder dat sy haarself vergewis het van die besprekingsfooie.

Madonsela het voorgestel dat die president die minister berispe. Sy het ook aanbeveel dat Joemat-Pettersson die meer as R150 000 wat sy vir die vliegkaartjies betaal het, aan die departement terugbetaal.

Dr Pieter Mulder, leier van die VF+, dien as adjunkminister in Joemat-Pettersson se departement.

лобановский политик

Plaasmoorde is ‘n nasionale krisis

Moorde en aanvalle op plaaseienaars in Suid-Afrika moet as ‘n nasionale krisis beskou word, het die Solidariteit-navorsingsinstituut gesê.

“Plaasmoorde en aanvalle moet gesien word vir die nasionale krisis wat dit is en dus prioriteitstatus en aandag verdien,” het die instituut, in ‘n verslag wat met die hulp van verskeie kenners saamgestel is, gesê.

Die verslag vorm deel van Solidariteit, AfriForum en Kraal Uitgewers se veldtog teen plaasmoorde.

Die aard van plaasaanvalle, vlakke van geweld wat in die aanvalle gebruik word en die sielkundige uitwerking daarvan op die slagoffers, word in die verslag bespreek.

Dr. Dirk Hermann, adjunkhoof van Solidariteit, het in reaksie op die verslag gesê die regering is “onverantwoordelik” omdat hy nie plaasmoorde en -aanvalle in isolasie hanteer nie.

Navorsers wat gehelp het om die verslag saam te stel, het met Hermann saamgestem.

“Dit is duidelik dat die regering nie meer die aanvalle op plase en die moord op mense in die landboudgemeenskap as prioriteit beskou nie,” het dr. Johan Burger van die Instituut vir Sekerheidsdienste gesê.

Dr. Christiaan Bezuidenhout, ‘n kriminoloog aan die Universiteit van Pretoria (UP) het gesê Suid-Afrika sukkel met gewelddadige misdade, veral plaasaanvalle.

Die kriminoloog Lorraine Claasen het gesê plaasaanvalle word steeds nie ernstig opgeneem nie, ten spyte van die “grusame besonderhede” oor plaasaanvalle.

“Geen mense verdien om op so ‘n onmenslike, ongeregverdige en brutale wyse te sterf nie. Hoekom word dit toegelaat?”

‘n Brit, Christopher Preece (54) is doodgeslaan en sy vrou is beseer toe drie mans hulle Saterdag met pangas op ‘n plaas in Ficksburg in die Vrystaat aangeval het.

Preece is op die toneel dood verklaar en sy vrou, Felicity Preece (56), is verskeie kere gesteek.

лобановский александр игоревич харьков

Minder voltooi skool

Die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudings het daarop gewys dat meer kinders op ‘n vroeë ouderdom met hul skoolloopbane begin, maar dat minder dit voltooi.

Die Instituut sê volgens Sensus 2011 is daar sedert 1996 ‘n 81 persent toename in vyf-jariges wat skool toe gaan.

Daar was egter die afgelope 19 jaar ‘n nege persent afname in leerders wat skool voltooi.

‘n Navorser by die instituut Jonathan Snyman sê die toename in die getal leerders wat uitsak het erge gevolge vir vaardigheidsontwikkeling in die land. Hy sê mense sonder opleiding word uit die formele ekonomie gesluit en kan nie werklik ‘n bydrae lewer nie.

лобановский александр фото

‘Republiek van Vulkane’

Sowat 20.000 VN-blouhelms met ‘n jaarlikse begroting van $1,5 miljard is klaarblyklik nie in staat om die konflik in die DRK te stop nie. Die vredesmag – Monusco – het die ontruiming van sy nie-noodsaaklike personeel gelas nadat die M23-rebelle Goma verower het, sonder slag of stoot bygesê.

Daar was nog nooit vrede òf volskaalse oorlog in die dig bevolkte, mineraalryke Kivuprovinsies van die ooste van die Kongo sedert die vyandelikhede amptelik in 2003 geëindig het nie. Maar sedert die onafhanklikheid van Suid-Soedan, is daar ‘n voorbeeld van selfbeskikking wat gemoedere gaande het en die Berlynse Konferensie van 1884-85 wat kolonies se grense bepaal het, kan laat ontrafel.

Die M23-rebelle het tewens reeds ‘n naam vir hulle nuwe land: “Republiek van Vulkane”.

Daarbenewens het VN-resolusies in New York baie min impak op rebelle of hul ondersteuners. Rwanda, wat die rebelle befonds, wil nie buig voor Parys, Brussel, Washington of Londen nie.

Die klein Oos-Afrikaland, die skenkersliefling van die post-volksmoord, word deur die VSA ondersteun en die ontwikkelingshulp wat president Paul Kagame ontvang word doeltreffend gebruik om sy diktatorskap met onvoorsiene newe-effekte in die ooste van die Kongo te bestendig.

Die VN-Veiligheidsraad veroordeel Rwandese ondersteuning van die M23-rebellegroep, maar ironies genoeg sal Rwanda op 1 Januarie 2013 ‘n roterende posisie op dat die Veiligheidsraad beklee. Dit is waarskynlik nog ‘n rede waarom Kagame vol selfvertroue is.

Net soos met Suid-Afrika, die ander liefling van die vasteland onder die ANC, is die neo-koloniale meesters traag om kritiek te lewer.

In Europa egter, waar nadere ondersoek aan hulpdoeltreffendheid aan die orde van die dag is, is mislukte internasionale intervensies en verbroude ontwikkelingsamewerking in Afrika natuurlik polities verdoemend.

Tot onlangs, was dit ‘n situasie van hanteerbare lae-vlak geweld in dié groot uitgestrekte land, maar die gierigheid van Rwandese volksmoordvlugtelinge in die DRK wat die oorhand gekry het, het die konflik aangevuur.

Krygshere wat die onwettige ontginning van strategiese minerale beheer, deel van die winste en risiko’s, en die Kongolese weermag bied min kompetisie aan die rebelle, wat ‘n verdere terugslag vir Kongolese soewereiniteit en hul gevoel van nasionale identiteit beteken.

Kongolese president Joseph Kabila is waarskynlik deels te blameer omdat hy bang is dat indien die weermag ‘n ware mag op die sekuriteits- en politieke front word, dit tot ‘n staatsgreep – die gewone Afrika-manier waarop politieke mag verkry word – teen hom kan lei op een of ander stadium.

Terwyl die kwessies van beheer en toegang tot hulpbronne en winste fundamentele sake vir die plaaslike bevolking is, is Goma ‘n internasionale aangeleentheid aangesien die Kongo 70% van die wêreld se tantaliet produseer en dit kom van die Kivuprovinsies.

Tantaliet is wat ons selfone laat lui. Die bedreiging van ‘n nuwe Kongo-oorlog ontwrig dus yslike voorsieningskettings in hierdie grondstof.

Die internasionale gemeenskap sal ingryp as die prys van tantaliet hemelhoog opskiet, want verbruikers in die Weste kan nie sonder daardie praatapparaat nie.

Олександр Васильович Фільчаков

Ou vlag by die Kasteel verwyder

Nie net Riaan Cruywagen het dié week gegroet nie. Die Parlement het besluit dat die ou Suid-Afrikaanse vlag nie meer by die Kasteel van Goeie Hoop in Kaapstad sal wapper nie.

Maar dié stap is beskryf as “kinderagtig” deur die Vryheidsfront Plus.

Gister het Mokabhe Maziya, ‘n lid van die parlement se portefeuljekomitee oor verdediging en militêre veterane, bevestig dat geen openbare insette nodig is om die verandering te maak nie en het gesê die gebruik van die ou vlag, veral op ‘n staatsgebou, is “nie in die gees van die nuwe bedeling” nie.

Komiteelid Nomfunelo Mabedla was die eerste om kommer oor die ou vlag op die kasteel uit te spreek, en daar is ooreengekom dat dit moet waai, by wyse van spreke.

“Dit vereis nie openbare kommentaar om die ou Suid-Afrikaanse vlag te verwyder nie. Dit is normale praktyk dat die ou Suid-Afrikaanse vlag verwyder word en dat die vlag die nuwe Suid-Afrikaanse vlag  moet wees – die vlag wat reeds aangeneem is deur almal,” sê Maziya.

“Daar is geen debat nodig nie en daar is … geen openbare deelname [op] of die vlag vertoon moet word nie.”

Oor die gebrek aan openbare insette, het Pieter Mulder gesê: “Dit is ‘n groot fout en hulle [Maziya] maak presies dieselfde foute as vorige regerings wat nie die publiek in die neem van besluite geraadpleeg het nie.

“Hierdie tipe gedrag kan lei tot onrus Hierdie manier van dink lei tot onstabiliteit.”

Vlae van al die vorige regimes het deel gevorm van ‘n ​​uitstalling by die kasteel. Die Prinsevlag was deel daarvan. Die Union Jack is egter glo verwyder. Die kasteel, die oudste koloniale gebou in die land, is gebou tussen 1666 en 1679 as ‘n maritieme verversingstasie. Vandag is dit Kaapstad se militêre setel.

александр лобановский класс

Zuma is slag-gereed!

Pres. Jacob Zuma se familie het die naweek 12 koeie in ‘n ritueel geslag, het ‘n koerant berig.

The Star berig die ritueel hou moontlik verband met die verlenging van sy ampstermyn voor die ANC se verkiesingskonferensie in Mangaung volgende maand.

Volgens wat berig word het die familie Sondag die ritueel by sy Nkandla-woning gehou om met die president se voorvaders te skakel.

Alhoewel geen ander leiers van die ANC teenwoordig was nie, het die president saam met Zulu-vegters gedans terwyl duisende van sy familielede gebid het om sy amp as president van die regerende party te behou.

Na bewering is ‘n skild en ‘n spies aan hom oorhandig om homself teen sy mededingers te beskerm.

Zuma sal na verwagting deur adj.pres. Kgalema Motlanthe teengestaan word, nadat die president daarvan beskuldig is dat hy R250 miljoen van belastingbetalers se geld gebruik het om sy huis by Nkandla op te gradeer.

лобановский обыск

DA is party vir die wittes

Die Demokratiese Alliansie is die wittes se party, het die sekretaris-generaal van die SAKP, Blade Nzimande, Saterdag gesê.

“Die DA is ‘n party van wit madams en bosses [wit base],” het Nzimande by die ANC se nominasievergadering in Durban, KwaZulu-Natal, gesê.

Nzimande het ook uitgevaar teenoor diegene wat sê daar is geen leierskap in die land nie.

“Mense wat sê daar is geen leierskap in Suid-Afrika nie, hulle praat vir die rykes.”

“Ek het nie geweet dat elektrisiteit aan ‘n modderstruktuur gekoppel kan word nie. Dit is die leierskap van die ANC wat dit laat gebeur,” het hy gesê.

Nzimande het gesê die ANC is die enigste party wat Suid-Afrika as ‘n nie-rassige, nie-seksistiese en demokratiese gemeenskap kan bou.

Hy het ook ‘n hou na die media gemik en gesê joernalisite is nie objektief in hulle berigte nie.

Лобановский

Gerwel leef nog

Prof. Jakes Gerwel, voorsitter van Media 24 en verskeie maatskappye en opvoedkundige trusts, is in ‘n kritieke toestand ná ‘n hartoperasie, het sy familie Maandag gesê.

Die Nelson Mandela-gedenksentrum het ‘n verklaring namens die familie uitgereik.

“Ná mediaberigte dat professor Jakes Gerwel gesterf het, wil die Gerwel-familie bekend maak dat hy in ‘n kritieke toestand is ná ‘n hartoperasie in Kaapstad; die gerugte van sy dood is vals.

“Soos en wanneer dit nodig is, sal verdere inligting bekend gemaak word.”

Gerwel is in die Netcare Kuilsrivier-hospitaal.

Gerugte het Maandag op Twitter versprei dat Gerwel weens ‘n beroerte gesterf het en huldeblyke is op die sosiale netwerk geplaas.

Daar is egter later bekend gemaak dat Gerwel nie oorlede is nie.

topcargo

Sweedse speelgoedketting doen weg met geslag

Een van die grootste speelgoedkettingwinkels in Swede het ‘n geslagslose Kersfeeskatalogus uitgestuur, een waarin seuns met poppe speel en meisies van speelgoedmasjiengewere hou. Die skuif het ‘n debat in Swede ontketen oor die korrekte plek van geslagsrolle.

Top Toy se Kersfeeskatalogus is in Denemarke en Swede vir beide Toys R Us en BR versprei. Hoewel die katalogusse se bladuitleg dieselfde in beide lande is, is die geslag van die kinders omgeruil in die Sweedse uitgawe.

“Met die nuwe geslag denke, is niks reg of verkeerd nie. Dit is nie ‘n seuns- of ‘n meisieding nie, dit is ‘n speelding vir kinders,” sê Top Toy se direkteur van verkope Jan Nyberg.

Die skuif is ‘n diepgaande verskuiwing in strategie vir Top Toy. In 2008, is die maatskappy gekritiseer deur die Sweedse advertensiewaghond Reklamombudsmannen (RO) vir die bevordering van verouderde geslagsrolle met katalogusse wat seuns as superhelde en meisies soos prinsesse voorstel.

Sedertdien het Top Toy sy strategie aangepas gebaseer op RO se raad.

“Ons het die katalogusse op ‘n heeltemal ander manier hierdie jaar aangepas,” het Nyberg gesê. “Ons het die afgelope paar jaar gevind dat die geslagsdebat so sterk in die Sweedse mark gegroei het dat ons … nodig gehad het om aan te pas.”

Swede is die frontlinie vir die geslagsdebat.

Sedert 2008, het die regering 110 miljoen Sweedse krone ($16.300.000) spandeer op die bevordering van geslagsgelykheid in skole, met inbegrip van die instelling van wette wat vereis dat onderwysers geslagstereotipes aktief teëwerk.

Die land het ook voorgestel dat ‘n nuwe enkelgeslag neutrale voornaamwoord “hen” ingstel word in die Sweedse taal, wat “hy” en “sy” sal vervang om “geslagstereotipering” tot ‘n minimum te beperk.

In Januarie 2012, het kinderskrywer Jesper Lundqvist se boek ‘Kivi en Monster Dog, gebruik gemaak van “hen”. ” Die skuif het gelei tot debat in Swede en in die wêreld oor die korrekte plek van geslagsrolle.

Elise Claeson, ‘n rubriekskrywer en ‘n voormalige gelykheidskenner op die Sweedse Konfederasie van Professies, beweer dat die gebruik van die woord “hen” ‘n voorbeeld van begrippe is van geslagsgelykheid wat te ver gaan.

Claeson argumenteer dat gemengde boodskappe oor hul geslag baie skadelik kan wees vir kinders: “Dit is belangrik om jou geslag te bevestig as ‘n kind. Dit beperk nie kinders nie, dit maak hulle vol vertroue oor hul identiteit,” het sy aan die Christian Science Monitor gesê.

Данильченко Юрий Брониславович