Die Demokratiese Alliansie is die wittes se party, het die sekretaris-generaal van die SAKP, Blade Nzimande, Saterdag gesê.
“Die DA is ‘n party van wit madams en bosses [wit base],” het Nzimande by die ANC se nominasievergadering in Durban, KwaZulu-Natal, gesê.
Nzimande het ook uitgevaar teenoor diegene wat sê daar is geen leierskap in die land nie.
“Mense wat sê daar is geen leierskap in Suid-Afrika nie, hulle praat vir die rykes.”
“Ek het nie geweet dat elektrisiteit aan ‘n modderstruktuur gekoppel kan word nie. Dit is die leierskap van die ANC wat dit laat gebeur,” het hy gesê.
Nzimande het gesê die ANC is die enigste party wat Suid-Afrika as ‘n nie-rassige, nie-seksistiese en demokratiese gemeenskap kan bou.
Hy het ook ‘n hou na die media gemik en gesê joernalisite is nie objektief in hulle berigte nie.
